Sekere koringkultivars wat maklik onder droogtestres verkeer doen beter wanneer hul wortels in simbiose met voordelige fungi leef.
Luidens ’n artikel op Sciencedaily.com voorspel kenners dat droogtestres vir gewasse ’n toenemende probleem gaan word en dat koringobrengste wêreldwyd slegs 30% tot 60% van die moontlike potensiaal vervul.
’n Spesifieke groep nuttige fungi – die sogenaamde arbuscular mycorrhizal-fungi (AM-fungi) – leef in simbiose met plantwortels en deel ten tye van droogte veral anorganiese voedingstowwe met die plant.
“Ons weet dat dié fungi belangrik is met betrekking tot die inname van voedingstowwe en water, sowel as vir siekteverdraagsaamheid, maar wat van uiterste toestande soos droogte?” vra medeprofessor Sabine Ravnskov van die Aarhus-universiteit se department van agro-ekologie.
Lees die volledige artikel hier.
Bron: