
Die vleis van beeste wat op natuurlike weiding gevoed word, word ál meer gesog onder fynproewers, sê mnr. Fortunato Mazzone van die Retrovo-restaurant in Waterkloof, Pretoria.
Mazzone, ook bekend as die singende sjef, sê die vleis van beeste wat net gras vreet, is wel taaier en minder voorspelbaar as dié wat op ’n graanrantsoen is, maar die vleis is smaakliker en het ’n aangenamer geur met beter marmering (vetverspreiding in die weefsel).
Hy sê Grassfed Beef sal in ’n eie handelsmerk ontwikkel – soos SA Grainfed Beef reeds ’n bekende handelsmerk is. SA Grainfed Beef is die handelsmerk vir beesvleis wat deur lede van die SA Voerkraalvereniging geproduseer word en is die vleis van jong diere uit gekeurde vleisrasse, wat ’n wetenskaplike graanrantsoen kry.
20 November 2009