AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Geenbewerking die moeite werd

Dit kos tyd om 'n beweidingstelsel te vestig waarin geenbewerking suksesvol gebruik word, maar die voordele daaraan verbonde maak dit die moeite werd.

Dit kos tyd om 'n beweidingstelsel te vestig waarin geenbewerking suksesvol gebruik word, maar die voordele daaraan verbonde maak dit die moeite werd.

Ná tien jaar se ervaring van beweidingstelsels met meerjarige gras waarin geenbewerking toegepas word, glo 'n melkboer van die Suid-Kaap hy het diestelsel nou behoorlik onder die knie. Mnr. Mark Rubin van Lancewood Farm tussen George en Knysna sê hy en sy pa, mnr. Jack Rubin, het in die verlede 'n stelsel van minimumbewerking toegepas en sowat 10 jaar gelede met geenbewerking begin.

Die weikampe waarin die melkkoeie loop, is die afgelope vyf jaar glad nie bewerk nie. Die grootste voordeel van en dryfkrag agter hul besluit om geenbewerking toe te pas, is die opbou van biomassa en koolstofvlakke in die grond. Grond wat lewende organismes kan huisves, is die enigste ware aanduiding van vrugbaarheid omdat chemiese vrugbaarheid net tydelik is. Uit 'n finansiële oogpunt beteken dit dat die boerdery geld spaar omdat minder chemiese misstof nodig is.

Die enigste grondwerktuig wat in die weikampe gebruik word, is 'n belugter wat die gras nie versteur nie. Volgens Mark het die toestand van die grond in kampe waarin kikoejoe gevestig is, só verbeter dat dit die afgelope drie jaar nie nodig was om die meeste daarvan te belug nie omdat baie min kompaktering plaasvind. Minder kompaktering beteken nie net dat die gras beter groei nie, maar besproeiingswater word ook beter benut omdat dit beter intrek.

Omdat kampe deurlopend met gras bedek is, behou die grond water beter. Die plaas, wat taamlik heuwelagtig is, ondervind geen probleme met erosie nie. Daar word ook geen probleme met onkruid in die aangeplante graskampe ondervind nie.

"Die werklike rede vir die gebruik van hierdie soort boerdery is volhoubaarheid. Ek hoop om hierdeur vir die volgende 20 jaar nog suksesvol te kan boer," sê Mark.

Twee Suid-Amerikaanse kundiges op die gebied van bewaringsboerdery, mnr. Rolf Derpsch, 'n konsultant in geenbewerking van Paraguay, en prof. Telmo Amado, grondbewaringskundige van die Federale Universiteit van Santa Maria in Brasilië, het Suid-Afrika in 2003 besoek om te sien hoe bewaringsboerdery hier toegepas word.

Hulle help die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie om 'n strategie te ontwikkel om die toepassing van bewaringsboerdery wêreldwyd te bevorder.

Hulle het onder meer Swellendam, Heidelberg, George en Malmesbury besoek. Hulle reken die Rubins se stelsel is die mees volhoubare van diewat hulle in die land gesien het.

Die grondslag van Lancewood se weidingstelsel vir sy melkbeeste is sowat 300 ha gevestigde kikoejoeweiding wat met meerjarige raaigras oorgesaai word. Dit word hoofsaaklik met spilpunte besproei. 'n Klein hoeveelheid verskuifbare pype word ook gebruik.

Die weiding word elke jaar teen April met sowat 15 kg saad per hektaar oorgesaai sodra die vorige jaar se raaigras oorheersend begin raak. Voordat die nuwe raaigras met 'n Aitchison-geenbewerkingsplanter uit Nieu-Seeland ingesaai word, word die bestaande gras op 'n hoogte van nagenoeg 300 mm afgesny, wat droëmateriaal van sowat 1,5 ton per hektaar lewer.

Mark sê die gras móét hierdie tyd van die jaar in die Suid-Kaap gesaai word. As dit te vroeg gesaai word, is die kikoejoe nog te oorheersend vir die raaigras om behoorlik te vestig, en as dit te laat gesaai word, is dit te koud vir die gras om behoorlik tot sy reg te kom.

Vanaf April tot Desember is die raaigras oorheersend, terwyl die kikoejoe in die somer oorheers. Die beeste het dus deur die jaar gras en vir net drie maande in die winter is ekstra voer nodig. 'n Kenmerk van diestelsel is dat meer droë voer in die herfs as in die lente beskikbaar is weens die hoë kikoejoeproduksie. Die enigste nadeel van die stelsel is dat die kikoejoe 'n hoë nie-verteerbare veselinhoud het, wat die melkproduksie in hierdie fase laat daal.

Mark pas deurlopende en deeglike weidingbestuur toe. Die raaigras word toegelaat om te groei tot op die punt waar dit 2,5 ton droëmateriaal per hektaar sal lewer. Dan word dit bewei tot by 'n opbrengs van 1,5 ton droëmateriaal per hektaar. Ná elke beweiding word die kamp bemes met 30 kg tot 35 kg stikstof en 10 kg tot 15 kg kalium per ton gras wat afgehaal is.

Die kikoejoe word uitgegroei tot waar dit 'n droëmateriaalopbrengs van 3,5 ton per ha sal lewer en dan bewei tot 'n opbrengs van 1,7 ton per ha, óf so laag as wat die koeie kan sonder dat hul melkproduksie daal.

Die belangrikste instrument wat Mark in sy weidingbestuur gebruik, is 'n plaatweidingmeter wat die grasbedekking meet. Tussen 50 en 60 lesings word weekliks in elke kamp geneem om 'n gemiddeld vir die kamp te kry. 'n Rekenaarprogram verwerk hierdie data om 'n akkurate beeld te gee van wat die grasbedekking en groei oor 'n sekere tydperk op die plaas is. Op 'n grafiek kan duidelik gesien word in watter kampe daar nog kos in reserwe is en die hoeveelheid daarvan, en watter kampe nie meer bewei kan word nie.

Mark sê sy doelwit is om deur die jaar sowat 25 ton droëmateriaal per hektaar af te haal op die weiding wat vir die melkkoeie besproei word. Dit beteken 'n weidingkapasiteit van ses koeie per hektaar. Tans kan die weiding net vier koeie per hektaar dra, want die jaarlikse grasproduksie per hektaar is minder as 25 ton en die koeie is swaarder as die gemiddelde gewig van 450 kg wat in die berekening van die drakrag gebruik word.

Omdat die boerdery van 'n grasstelsel afhanklik is, is die teel van kleiner koeie 'n belangrike voorkeur vir Mark. Kleiner koeie sit gras ook meer doeltreffend om in melk. Om kleiner koeie en meer vaste stowwe in die melk te kry, kruis hy sy Fries- en Holstein-koeie met Jerseys om uiteindelik 'n suiwer Jersey-kudde te hê.

Die boerdery het tans sowat 1 100 koeie wat in melk is, sowat 270 droë koeie en ongeveer 430 verse. Ál die melk gaan na Lancewood se kaasfabriek op George.

Die fabriek is in 1996 begin en vervaardig onder meer maaskaas, roomkaas, jogurt en harde kase, soos cheddar. Van hul produkte is talle al met plaaslike en internasionale toekennings bekroon.

Die melkboerdery maak sowat 95 % van die boerdery se bedrywighede uit. Mark verbou ook proteas en sitrusvrugte.

30 Januarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot