AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Geenbewerking werk in Brasilië

In Brasilië gebruik meer as die helfte van ál die boere 'n stelsel van geenbewerking en in sekere dele is dit tot 95% van die boere.

In Brasilië gebruik meer as die helfte van ál die boere 'n stelsel van geenbewerking en in sekere dele is dit tot 95% van die boere.

Geenbewerking is 'n stelsel waarin die saad regstreeks in die stoppels en oesreste van die vorige gewas geplant word met geen grondbewerkings vooraf nie en met so min versteuring van die grond moontlik met die plantery.

Om die stelsel te laat slaag, moet soveel moontlik organiese materiaal van verkieslik minstens drie verskillende gewasse op die grond lê, 'n planter gebruik word wat die kunsmis en saad akkuraat in die materiaal kan plant en onkruid geslaag bestry word. Daarby moet 'n mens stadig (hoogstens 5 km tot 8 km per uur) plant.

Die oogmerk is dat grondorganismes die organiese materiaal in die grond moet inwerk om die struktuur te verbeter. Dit hou talle voordele in en skep beter toestande vir plante om ten beste te groei en te produseer.

Met 'n gemiddelde reënval van sowat 150 mm per maand deur die jaar in die suidelike state van Brasilië, en bykans net soveel reën wat in die sentrale en noordelike dele in die somer val, verloor boere 22,8 ton bogrond per hektaar per jaar waar konvensioneel geploeg word.

Maar, net soos in Suid-Afrika, het die boere wat die grond makgemaak het, uit Europa gekom. Hulle het die plantegroei verwyder en verbrand en daarna twee keer per jaar so diep en goed moontlik geploeg met nóg verskeie grondbewerkings tussenin.

Só het hulle die grondstruktuur so verwoes dat dit mettertyd ná reën 'n kors gevorm het wat afloop bevorder en wat dit vir plante ál moeiliker gemaak het om op te kom. Gronderosie het só erg geraak dat dongas gespoel en riviere so besoedel is dat die visse begin vrek het.

Kontoerwalle en grasafloopbane is daarna gemaak. Dit het nie werklik gehelp nie en boere het besef 'n alternatief is nood-saaklik. Wetenskaplikes het geenbewerking as die oplossing voorgestel.

In 1976 het hulle die stelsel begin propageer, maar aanvanklik was die boere skepties en het veral die trekkervervaardigers langtand daaraan gebyt, want dit het beteken hulle sou minder en ligter trekkers verkoop.

Mnr. Reinaldo Kochann van die navorsingsinstituut Embrapa, digby Passo Fundo in Rio Grande do Sul, sê die vestiging van geenbewerking is bemoeilik deur onkunde, 'n gebrek aan inligting en omdat daar nie planters beskikbaar was wat doeltreffend in oesreste kon plant nie.

Navorsers, werktuigvervaardigers en boere het begin saamspan om die ideale planter te bou. Dit het gehelp, maar die eintlike momentum het gekom toe Roundup Ready-gewasse geteel is wat doeltreffende onkruidbestryding vergemaklik het.

Dit is aangehelp deur die Metas-projek wat die instituut in 1992 saam met distriksowerhede aangepak het om die stelsel op 'n praktiese manier te bevorder.

Altesame 232 voorligters, 30 koöperasiepersoneellede, 34 private raadgewers en twee amptenare van die plaaslike owerhede is opgelei en het inligting aan boere uitgedra deur middel van seminare, boeredae, opleidingsessies en vergaderings. Só is 90 430 mense bereik.

Daarby het die Brasiliaanse regering die ontwikkeling van die stelsel gesteun met navorsing wat geenbewerking vir die landbou verfyn het en wat die boer niks gekos het nie.

Vandag word geenbewerking toegepas op sowat 25 miljoen hektaar of 56 % van die grond wat in Brasilië bewerk word. In die heuwelagtige, suidelike dele met hul hoë reënval gebruik 95 % van die boere diestelsel.

In die meeste gevalle is boere oorreed om stelselmatig na die stelsel oor te skakel en die nuwe praktyke eers behoorlik onder die knie te kry sonder 'n onderbreking in hul produksie en inkomste. Vandag is dit vir die meeste boere 'n leefwyse om nie soos hul voorvaders te ploeg en die grond om te keer nie.

Om na 'n stelsel van geenbewerking oor te skakel, vereis dat die boer 'n kopskuif maak en van die bekende na die onbekende moet beweeg. Daarvoor is kennis en oefening nodig, byna soos om te leer fiets ry, sê mnr. Derceu Gassen van Cooplantio, 'n onderneming in Passo Fundo wat 41 ko-operasies met 23 000 lede raad gee oor geenbewerking.

Hy sê om die stelsel te laat werk, moet die boer doeltreffende onkruidbestryding toepas. Wanneer geplant word, behoort daar geen groen plante op die land te wees nie. Groeiende plante sal nie net met die nuwe saailinge om kos en water meeding nie, maar die meeste plante skei deur hul wortels stowwe af wat die groei van ander plante inhibeer.

Ná opkoms is onkruidbestryding een van die goed wat die nuwe geenbewerker moedeloos kan maak, maar met die regte spuite, kultivars, middels en bestuur kan dieprobleem vinnig hokgeslaan word.

Daar moet soveel plantmateriaal moontlik op die grondoppervlak wees. En as dit daar is, is dit nie enige planter wat daarin kan werk nie. 'n Planter wat ontwerp is om deur die materiaal te sny en wat 'n netjiese plantvoortjie kan maak waarin die kunsmis en saad op die regte diepte en teen die bepaalde spasiëring geplaas word, is noodsaaklik. Daarsonder is die stelsel gedoem.

As die boer daarna mik om 56 000 plante per hektaar te hê, maar daar is uiteindelik net 40 000 plante per hektaar, daal sy opbrengs met 30 %.

Dit is net so belangrik om stadig te werk. 'n Plantspoed van hoogstens 5 km tot 8 km per uur word aanbeveel. As vinniger gewerk word, het die planter byna 'n kapploegaksie wat die grond oormatig versteur.

Hierby is 'n doelmatige wisselboustelsel noodsaaklik. Kochann sê só 'n wisselboustelsel waarin kontant- en dekgewasse gebruik word, verseker 'n verskeidenheid van spesies, intensiveer die produksiestelsel, vergemaklik 'n geïntegreerde plantplaagbestuurstelsel, verbreed die plaasinkomste en verlaag produksiekoste en die risiko.

In die Brasiliaanse toestande mik boere daarna om van 6 ton tot 10 ton droëmateriaal op die grond te laat van minstens drie verskillende gewasse, naamlik mielies, sojabone en 'n dekgewas (hawer of gras). Koring kan ook in die stelsel ingewerk word.

'n Voordeel hiervan is dat dieplante se wortelstelsels verskil en dus verskillende funksies in die grond vervul. Daarby is die grond heel jaar bedek, wat erosie, onkruide en waterafloop bekamp, voedingstowwe sirkuleer, koolstof neerlê, die grondstruktuur verbeter en grondvrugbaarheid verhoog.

Gassen sê boere moet kennis versamel sodat hulle weet hoe verskillende dekgewasse op hul plase werk en watter wisselboustelsel hulle die beste pas. Hulle moet voortdurend op die uitkyk wees dat grondgedraagde siektes en plae nie opbou nie.

Talle groot besparings

Volgens amptelike syfers van die Embrapa-navorsingsinstituut, naby Passo Fundo in Rio Grande do Sul, gebruik boere in Brasilië met geenbewerking jaarliks 4,8 uur minder arbeid per hektaar; 5,3 minder werktuigure per hektaar; 59,4 liter minder brandstof per hektaar; 13,8 kg minder stikstof per hektaar; 9,6 kg minder fosfor per hektaar en 13,6 kg minder kalium per hektaar .

Mnr. Derceu Gassen van die onderneming Cooplantio in Passo Fundo stem hiermee saam en sê in Amerika het geenbewerking die produksiekoste van sojabone met $35,18 (R250) per hektaar laat daal.

Hy sê geenbewerking het twee uitstaande kenmerke, naamlik die behoud van organiese materiaal op die grond en 'n minimale versteuring van die grond. Die stoppels en oesreste demp die krag waarmee reëndruppels die grond tref en beperk die afloop van water en die verdampingstempo van vog. Só word grond-erosie deur wind en water verminder.

Die verlies aan bogrond word met geenbewerking verminder tot 5,5 ton/ha teenoor die 22,8 ton/ha met konvensionele ploeg. Waterafloop word verminder van 137,6 mm/ha/jaar tot 42,4 mm/ha/jaar.

Namate die oesreste deur organismes ingewerk word, verbeter die struktuur van die grond en word dit meer poreus, wat beter groeitoestande vir plante en 'n gunstiger omgewing vir grondmikrobes skep.

Organiese koolstof word in die grond neergelê, die voghouvermoë van die grond verbeter en die beskikbare vog bepaal die opbrengs van die gewasse. Met die meer vog beskikbaar, word die voedingstowwe van die kunsmis in opgeloste vorm beskikbaar gestel sodat die plant dit makliker kan benut.

In proewe is vasgestel dat stikstof 25 % beter benut word in 'n geenbewerkingstelsel as waar die oesreste verbrand en konvensioneel geploeg is. Grondverdigting word beperk met die minder verkeer, die mikrobiese lewe verhoog met genoeg kos en min versteuring en die erdwurmbevolking neem toe, wat die grondstruktuur verbeter.

Produksiekoste word verlaag deurdat ligter trekkers en minder brandstof nodig is, waardevermindering, rente en versekering laer is, opberging en onderhoud goedkoper is en baie tyd en arbeid bespaar word.

Daar is min nadele. Heel in die begin het boere gekla oor die betreklik duur planters wat nodig is, maar deesdae besef hulle dit word meer as teengewerk deur die ander besparings.

Wat nodig is, is fyner bestuur. Met die opbou van biologiese aktiwiteite in die grond moet monsters gereeld geneem word om veral die opbou van siektes te monitor.

Dit vereis 'n geïntegreerde plantplaagbestuurstelsel, deurdagte wisselbou- en oesrestebestuur en die omsigtige gebruik van chemiese middels.

As die boer dit eers alles onder die knie het, sal jy hom moeilik oortuig om weer 'n ploegskaar in die grond in te druk. Trouens, Gassen dink werktuigvervaardigers moet verplig word om, soos tabakmaatskappye op sigaretboksies, 'n waarskuwingsplaat op ploeë aan te bring dat dit die grond verrinneweer.

  • Andries Gouws het as gas van Rovic & Leers en Kuhn Metasa in Brasilië gaan kyk wat die stelsel van geenbewerking daar laat werk. Rovic & Leers, 'n Suid-Afrikaanse vervaardiger en verspreider van landbouwerktuie, versprei ook uitgesoekte werktuie van die internasionale onderneming Kuhn Metasa hier.

    Landbouweekblad, 4 Mei 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.7%
Rand - Euro
18.87
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
973.45
-5.0%
Palladium
1,623.16
-2.8%
Goud
1,863.93
-2.6%
Silwer
22.39
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot