
Rotte en vlooie wat op die rotte leef, is draers van die Yersinia pestis mikro-organisme wat builepes veroorsaak. Indien mense gebyt word deur rotte en vlooie wat die Yersinia pestis mikro-organisme dra, sal hulle besmet word deur die siekte. Builepes mag epidemies raak indien die besmette draers (rotte en vlooie) nie effektief beheer word nie. Die benarde situasie met swak afvalbestuur en feitlik geen knaagdierbeheer in stedelike gebiede nie het epidemiese knaagdierbevolkings tot gevolg, wat kan ontwikkel in kondisies bevorderlik vir builepes indien dit nie gekontroleer word nie.
Suid-Afrikaners behoort beheer te neem oor knaagdierbeheer op hul eie persele met die nodige in ag neming van die natuurlike omgewing sowel as menslike gesondheid en veiligheid. Daar is geregistreerde knaagdierdoders om rotte te beheer in Suid-Afrika beskikbaar. Crop Life Suid-Afrika raai inwoners aan om knaagdierdoders baie versigtig toe te dien om te voorkom dat honde, uile en kinders vergiftig word. Die volgende veiligheidsmaatreëls moet toegepas word wanneer knaagdierdododers gebruik word:
1. Gebruik slegs geregistreerde knaagdierdoders – bewys van registrasie is‘n registrasienommer wat met hoofletter L begin en gevolg word deur vier numeriese syfers en Wet No 36 van 1947 op die etiket en houer van die gifstof.
2. Knaagdierdoders moet altyd in aashouers toegedien word. Aashouers kan by kleinhandelwinkels gekoop word.
3. ‘n Veilige plek om knaagdierdoders toe te dien, is in die plafon.
4. Maak seker dat kinders en honde nie toegang het tot knaagdierdoders nie aangesien die inname daarvan dodelik mag wees.
5. Maak dooie rotte van die vierde dag, nadat die gif uitgesit is, bymekaar. Dra rubberhandskoene wanneer die karkasse hanteer word. Verseël die karkasse in plastieksakke en plaas in vullishouers.
6. Moenie honde toelaat om dooie rotte te vreet nie, al is daar nie gifstof uitgesit nie.
7. Plasing van gifstof moet vir tenminste sestien dae volgehou word om rotbevolkings uit te roei.
8. Moenie aldikarb (Two Step) gebruik om knaagdiere dood te maak nie – dit is onwettig, oneffektief en behels ‘n ernstige vergiftigingsrisiko vir kinders en honde.
9. Moenie sement of gips gemeng met mieliemeel as aas gebruik nie aangesien dit oneffektief is. Dit veroorsaak ongemak wanneer ‘n rot daarvan eet en hulle stuur dan alarmseine uit wat die aasproses oneffektief maak.
Knaagdierdoders is slegs een instrument van knaagdierbeheer. Die handhawing van sanitasie op persele is essensieel;
1. Moenie toelaat dat rommel en afval op die perseel versamel nie.
2. Moenie troeteldierkos sonder toesig buite laat nie. Gee diere op spesifieke tye kos en gee net genoeg om in hul behoeftes te voorsien.
3. Indien tuinvoëls met saad of ander kos bederf word, moet klein hoeveelhede soggens gegee word om te voorkom dat daar kos oorbly.
4. Verseël rotgate met swaar grond of sement as hulle onder geboue ingrawe.
Sekere knaagdierdoders is minder geneig om sekondêre vergiftiging by uile te veroorsaak. Stuur ‘n SMS aan 082-446-8946 en doen navraag na sulke produkte of oor enige navrae oor knaagdierbeheer. Dit is baie belangrik om stedelike uile teen primêre en sekondêre vergiftiging te beskerm. Daarom die versoek vir selektiewe gebruik van knaagdierdoders.
Navrae: Dr Gerhard Verdoorn, CropLife Suid-Afrika by 082 446 8946.