AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Gelukkige boere in Georgië

Mnr. Piet Kemp is een van die Suid-Afrikaanse boere wat hom in Georgië gevestig het. Hugo Lochner, Landbouweekblad-redakteur het by hom gaan kuier.

“Ek is gelukkig, my vrou is gelukkig, ons eerste oes is in die silo’s, die regering is landbou- en boervriendelik en die vooruitsigte lyk goed,” sê mnr. Piet Kemp, een van die eerste Suid-Afrikaanse boere wat hom in Georgië gevestig het. “Ons bly dus net hier.”


Mnr. Piet Kemp het met een doel voor oë na Georgië geëmigreer – om te gaan boer. Dit was baie duidelik toe ons ’n rukkie vir hom op sy plaas so ’n halfuur se ry van die Georgiese hoofstad, Tbilisi, moes wag.


Met sy aankoms maak hy verskoning dat hy laat is. Hy kom van die lande waar hy spook om die koringsaad betyds in die grond te kry voor die eerste sneeu val. Dit is lande waarop hy in een jaar ’n mielie- en koringoes afhaal. Hy het dus net Oktober en November om betyds klaar te plant.


Die grond is erg kleierig en die ou planters waarmee hy noodgedwonge moet plant, verstop maklik in klam weer.


Dit is van die begin af duidelik dat hy nie oor sy toekoms in Georgië twyfel nie. “Die land voer steeds meer as 70% van sy voedsel in, daar is dus ’n enorme mark vir voedsel,” sê hy.


“Georgië het die potensiaal om die broodmandjie vir sy buurlande te word, maar as gevolg van meer as 70 jaar onder sosialisme en kommunisme het die landbou agtergebly en word hoofsaaklik bestaansboerdery bedryf.”


Die landbou dra sowat 9% by tot die land se bruto binnelandse produk en sowat 50% van die bevolking is steeds by die landbou betrokke. In Suid-Afrika het hy in die ou Oos-Transvaal geboer, waar sy seun steeds boer,

en waar hy ook streekbestuurder van die TLU SA was.


In dié tyd het hy betrokke geraak by die oplossing van grondeise en arbeidsprobleme wat boere geteister het. Vandag is hy een van twee Suid-Afrikaanse boere wat hulle permanent in Georgië gevestig het.


Landbou in Georgië

In Georgië is daar nie beperkende arbeidswette nie, die werkers is goeie mense wat wil leer en werk en die regering ondersteun boere, want die landbou is as een van die groeipunte in die ekonomie geïdentifiseer. En ten spyte van sekere beperkings bly landboutoestande gunstig. Hy kan dus doen wat hy sy lewe lank wil doen en dit is net boer.


Hy boer in vennootskap saam met twee vennote. Die boerdery, Agromax, besit 750 ha en is besig om nog 500 ha by te koop. Alles besproeiingsgrond, sê hy. Hulle plant net mielies en koring, maar sojabone gaan nog bykom.


Hulle het groot planne, soos ’n braaihoenderaanleg van een miljoen braaihoenders wat eersdaags opgerig gaan word, en ’n tweede braaihoenderaanleg word beoog. So ook ’n varkboerdery en voerkraal vir beeste. Kemp droom ook van so 300 ha waarop hy net weiding wil vestig vir sy beeste.


Probleme

Sy grootste probleem in Georgië is die taal. Hulle gebruik ’n ander alfabet (sien foto in kassie regs onder) en die mense op die platteland verstaan glad nie Engels nie. Om die probleem te oorkom, het hy gedurig ’n tolk by hom. Die tolk bestuur ook as hulle op openbare paaie ry, want die plaaslike bestuurgewoontes is ’n nagmerrie.

“Hoewel die mense bereid is om hard te werk, moet onthou word dat hulle tot onlangs vir meer as 70 jaar in ’n kommunistiese stelsel was. Ná so ’n lang tyd dink jy nie meer vir jouself nie,” sê Kemp.


“Die opleiding van die werkers is dus ook ’n probleem, maar gelukkig wíl die mense werk, hulle is beskaaf en bereid om te leer. Binne ’n jaar behoort ek ’n goeie span werkers te hê.”


Nog ’n probleem is dat daar nie koöperasies en ander landboumaatskappye is wat werktuie en ander landboutoerusting verkoop nie, of wat groot voorrade onderdele en saad aanhou nie. “ ’n Boer moet dus sy beplanning goed doen,” sê hy.


Die regering is besig om hul infrastruktuur vinnig reg te kry. Daar is ’n goeie spoornetwerk en twee groot hawens. Die paaie is swakker as in Suid-Afrika, maar kry die nodige aandag.


Ander probleme is dat daar nie grensdrade is nie, maar alle vee word opgepas. Kragonderbrekings kom ook nou en dan voor.


“ ’n Mens moet onthou dat die land in ’n opboufase is. Sekere infrastruktuur is vervalle en as die regering nie betyds daarby uitkom nie, moet jy bereid wees om jou deel te doen en die regering te help.”


Hy moes, byvoorbeeld, kanale oor 80 km skoonmaak en paaie oor 40 km tot 50 km tussen sy lande regmaak.


“Dit is ook nie so maklik om grond te bekom nie. Die plaaslike bevolking kon grond in die staat se besit vir tien jaar huur. Die huurkontrakte het in Julie verval en daardie grond is dus nou in die mark indien die huurder nie self besluit het om dit te koop nie. ’n Mens kan dus op veiling grond by die staat koop of by private eienaars, soos ons dit ken,” verduidelik Kemp.


“Daar is ook reeds 19 jaar gelede beperkend grond aan private eienaars verkoop. ”


Pryse vir besproeiingsgrond wissel baie en begin gewoonlik by 1 200 lari (Georgië se geldeenheid, 1 lari = R4,85) per hektaar vir staatsgrond en 2 000 lari per hektaar vir private grond. Deur onderhandelinge kan die prys egter baie afgedruk word.


Aanplantings

Kemp het reeds koring gestroop wat deur die vorige eienaar geplant is. Sy gemiddelde opbrengs was 3,5 t/ha, maar hy het tot 7 t/ha op sommige lande gekry. Noudat sy besproeiingstelsel reg is, verwag hy gemiddelde oeste van 5 t/ha tot 6 t/ha.


Sy eerste mielie-aanplanting van 500 ha was nie ’n sukses omdat sy kanonspuite nie betyds afgelewer is nie. Sy opbrengs het gewissel van 0,5 t/ha tot 4 t/ha. Omdat hy nou kan besproei, behoort sy gemiddelde opbrengs van 8 t/ha tot 10 t/ha te beloop.


Kemp het nege kanonspuite, wat uit Frankryk ingevoer is, waarmee hy 750 ha per jaar kan besproei. Die spuite se pyp is 500 m lank en dit spuit 80 m wyd. Een spuit kan dus ’n strook van 80 m by 600 m natmaak. “Na gelang van hoe gereeld dit reën, kan ek selfs al om die vierde dag 25 mm besproei,” sê hy.


Hy sê daar is ’n groot graanmark in Georgië. Boere kan op kontrakbasis mielies, koring en sojabone lewer. Die produksiekoste is dieselfde as in Suid-Afrika, maar met die regte kontrakte kan die prys tot 1,5 maal meer wees as wat boere nou in Suid-Afrika kry.


Op die lande waarop hy twee oeste afhaal, word die koring in Oktober en November geplant. Die mielies word van 1 April af geplant en in Augustus en Oktober geoes wanneer die lande onmiddellik weer reggemaak word om koring te plant.


Op dié lande word die mielies baie nat gestroop om weer betyds die koring te plant. Die eerste mielies wat hy vanjaar gestroop het, se voginhoud het van 28% tot 32% gewissel. Die res is teen ’n voginhoud van 24% tot 27% gestroop. Hy het twee droërs wat elk 18 ton graan op ’n slag kan droog. As die mielies nie te nat is nie, duur dit 2 uur tot 3 uur om die mielies te droog.


Die grond het ’n hoë klei-inhoud van sowat 35%. Daar is nie ploegbanke nie, maar die grond moet ná elke oes eers goed voorberei word om ’n gelyk saadbed vir sy planters te laat.


Sy ou koringplanters se rye is 40 mm tot 50 mm uit mekaar en hy moet dus die koringsaad vas rol om voldoende kontak tussen die saad en die grond te verseker. Die mielies plant hy met ’n druklugplanter met drukwiele. Die rye is 700 mm uit mekaar.


Hy gebruik tans beskikbare werktuie wat sy bewerkingsmetodes beïnvloed. Presisieboerdery en geenbewerking is deel van sy toekomsplanne. Om grondontledings op die 750 ha te laat doen, sal hom egter R60 000 tot R70 000 kos.


Met die hoë opbrengste van tot 12 t/ha moet hy swaar bemes. Plae is baie dieselfde as in Suid-Afrika, maar onkruid is ’n groot probleem. Weens die grond se hoë klei-inhoud kan daar nie voorkomend teen onkruid gespuit word nie. Maar ondanks die uitdagings sien Kemp kans vir wat voorlê. “Ons gaan beslis nie terug Suid-Afrika toe nie.”


Geskiedenis: Vanwaar die samewerking

Die hegte band tussen Suid-Afrika en Georgië het ’n interessante aanloop gehad. Een van Georgië se prinse, prins Niko Bagrationi, het in die Anglo-Boereoorlog (1899 tot 1902) saam met die Suid-Afrikaanse Boere teen die Engelse geveg. Met sy terugkeer het hy die bynaam “Niko the Boer” gekry vir sy deelname aan dié oorlog.


As gevolg van die herinneringe en die feit dat Georgië dringend op soek was na kundigheid om hul landbou op te bou, het die regering van Georgië die TLU SA in Mei verlede jaar gekontak. Daarna het dinge vinnig gebeur.


Ses Suid-Afrikaanse boeregroepe het die land reeds besoek. Twee boere het hulle reeds permanent daar gevestig en daar is ’n aantal wat tans onderhandel om hulle daar te vestig of om in vennootskappe met die plaaslike bevolking boerderye te begin.


Mnr. Bennie van Zyl, hoof-bestuurder van die TLU SA, sê van al die boere wat Georgië besoek het, was net vyf pessimisties met hul terugkeer. Die ander se opvattings het ge-wissel van neutraal tot hoopvol.


Hy sê die TLU SA se primêre doel is nie om boere na Georgië uit te voer nie. Georgië benodig bepaalde kundigheid en kapitaal om die landbou selfversorgend te maak.


Daarom is die TLU SA op die uitkyk vir boere met ’n bepaalde kundigheid wat reeds die nodige investering in sy boerdery in Suid-Afrika gemaak het. Dié boere kan ook ’n boerdery in Georgië saam met vennote uit Georgië of Suid-Afrika begin.


Georgië se regering skep die nodige infrastruktuur en klimaat vir beleggings (kennis en kapitaal) van buite. Die land se staatsdiensadministrasie is verfyn tot ’n voorbeeld vir die hele wêreld en jy kan ook aansoek doen om burgerskap met al die voordele wat dit bring.


“Die Georgiese regering het die wil om hul land na iets beters te vat, die ministers is optimisties, jonk en dinamies, neem vinnig besluite en is bereid om die pad saam met voornemende beleggers te stap,” sê Van Zyl.


Kyk hier na 'n video oor Suid-Afrikaanse boere in Georgië.


6 Januarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot