AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Georgië soek steeds SA boere

’n Agenda vir toekomstige samewerking met Georgië sal binnekort bepaal word, luidens die land se ambassadeur in Suid-Afrika.

Elke stukkie belangstelling van ’n Suid-Afrikaanse boer of sakeman in Georgië word beskou as ’n bousteun in die verhouding tussen die twee lande, sê mnr. Beka Dvali, Georgiese ambassadeur in Suid-Afrika.

Dvali, wat die eerste ambassadeur in Suid-Afrika is en nou sowat nege maande in die land woon, het verlede week in Pretoria sy eerste nuuskonferensie gehou. Hy het gesê die eerste amptelike ontmoeting tussen senior afvaardigings van die Departement van Buitelandse Sake vind binnekort plaas om ’n agenda vir toekomstige samewerking te bepaal.

Daar was egter reeds in Junie ’n ontmoeting tussen mnr. David Natrosh­vili, Georgiese adjunkminister van landbou, met dr. Pieter Mulder, Suid-Afrika se Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, waartydens daar gepraat is oor ’n memorandum van verstandhouding oor nouer samewerking.

Verskeie Suid-Afrikaanse boere het al op uitnodiging van die vorige regering van die ou Sowjet-Republiek die land besoek en daar is reeds ’n klompie Suid-Afrikaanse boere in Georgië betrokke. Nog ’n groep boere vertrek in September na Georgië om landbou-geleenthede te ondersoek.

Dvali sê hy hoop om die konsep-memorandum oor nouer samewerking voor die einde van die jaar aan die Suid-Afrikaanse Regering voor te lê. Sowat 58% van die Georgiese bevolking van 4,5 miljoen woon in landelike gebiede waar hulle in ’n groot mate van die landbou afhanklik is.

Die landbou verteenwoordig 7% van die land se bruto binnelandse produk en alles moontlik word gedoen om kommersiële landbou te bevorder. “Georgië kan baat by Suid-Afrika se landbou-kundigheid en tegnologie en vir Suid-Afrikaanse boere bied Georgië weer uitbreidingsmoontlikhede en ’n basis in daardie wêrelddeel.”

Hy sê Georgië het baie soortgelyke landelike probleme as Suid-Afrika. Boere moet ook van ’n kleinskaalse boerdery-vlak opgehef word en daar is ook grondherverdeling omdat daar in die kommunistiese era geen private grondbesit was nie.

Die landbou is vir die nuwe regering ’n voorkeursaak en die landboubegroting is met 61% verhoog. Dvali sê $120 miljoen word aan infrastruktuur bestee om boere te help en ’n landbou-ontwikkelingsfonds is begin om 650 000 grondeienaars met finansiering te help.

Hoewel daar tot die einde van 2014 ’n moratorium op buitelandse grondbesit geplaas is, gee hy die versekering dat dit geen landbou-belegger hoef te beperk nie. Verskeie vorme van huurpag is moontlik. Die oud-Sowjet-Republiek het die begin van die maand die Russiese inval in 2008 herdenk, waartydens Rusland twee van sy provinsies onwettig beset het en vandag nog steeds beheer.

Van Georgië se 54 ambassades is drie in Afrika – een is in Egipte, een in Ethiopië en nou een in Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.01
+0.9%
Rand - Pond
20.32
+1.0%
Rand - Euro
17.56
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.37
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,749.51
+0.5%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,839.50
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot