
Die biotegnologie-konsultasiegroep FoodNCropBio berig dat onderskeidelik 92 %, 80 % en 69 % van Suid-Afrika se katoen-, sojaboon- en mielie-aanplantings geneties gemodifiseerd (GM) is. Dr. Wynand van der Walt, ‘n konsultant by dié groep, sê dat daar verlede jaar wêreldwyd 125 miljoen ha GM-aanplantings was.
“Die gunstige uitwerking wat dit op die omgewing en mense se gesondheid het is duidelik uit die 359 000 ton afname in die gebruik van aktiewe bestanddele in plaagdoders.”
Suid-Afrika het in 1997 met kommersiële aanplantings van GM-katoen begin en onderskeidelik in 1998 en 2000 GM-mielies en GM-sojabone begin aanplant.
Vanaf 2000 is sowat ses miljoen ha GM-mielies aangeplant wat altesaam 23 miljoen ton GM-graan opgelewer het. Van der Walt sê GM-produkte moet omvattende bioveiligheidsberamings ondergaan vóór dit die Regering se goedkeuring vir kommersiële gebruik kry.
Bron:
13 Augustus 2009