
Vanweë aanstaande jaar se Wêreldbekersokkertoernooi gaan die Suid-Afrikaanse vleisbedryf Kersfees twee keer beleef – een keer in Junie en Julie en dan weer aan die einde van die jaar, voorspel mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa AgriBesigheid.
Hy het by ’n vooruitskouing vir 2010 in Centurion gesê die sokkergeesdriftiges wat die land gaan instroom, gaan die vraag na vleis opjaag. Hy voorsien beesvleispryse van R30 kg en hoendervleispryse van tussen R22 en R24 per kg. Hy meen omdat skaapvleis nie by Europeërs gewild is nie, gaan daar nie soortgelyke stygings in die prys van lamsvleis wees nie.
Janovsky sê weens die ongunstige wisselkoers sal die Wes-Kaap nie meer koring winsgewend kan verbou nie en die veebedryf sal daar toeneem. “Jy gaan ’n toevloei van beeste na die Wes-Kaap sien soos nog nooit tevore nie.”
4 Desember 2009