
Die IDC (die voormalige Nywerheidsontwikkelingskorporasie) se wins vir 2009 is R5,6 miljard, oftewel 42% hoër as die R3,9 miljard van 2007/’08, sê mnr. Gert Gouws, finansiële hoof van die IDC.
Hierdie resultate sluit die fosfaatreus Foskor se resultate ook in. Die IDC het teen die einde van die boekjaar 2008/’09 85% van Foskor besit. Foskor se omset vir die jaar was R9,49 miljard in vergelyking met R4,61 miljard in die vorige jaar.
Die IDC resultate het ook na die korporasie se belegging in die landbou in die algemeen gekyk.Mnr. Geoffrey Qhena, uitvoerende hoof van die IDC, sê dat daar in die boekjaar 2008/’09 R390 miljoen vir beleggings in die landbou goedgekeur is. “Dit beteken dat sowat 2 300 werksgeleenthede in dié tyd geskep en gered is.”
Ten spyte van taai ekonomiese tye wil die IDC oor die volgende vyf jaar sowat R70 miljard in Suid-Afrika belê. Dié belegging behoort 24 200 werksgeleenthede te skep.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 17 Julie 2009.
13 Julie 2009