AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

‘Goue tyd’ kom vir landbou

Wêreldwye ekonomiese groei gaan oor die volgende 50 jaar ontplof, en landbou is ‘n “goue” sektor hierbinne, sê mnr. Dawie Roodt.

Wêreldwye ekonomiese groei gaan oor die volgende 50 jaar ontplof, en landbou is ‘n “goue” sektor hierbinne, sê mnr. Dawie Roodt, senior ekonoom van die Efficient-groep.

Hy meen die ongelooflike groot vraag na voedsel wat in komende jare gaan ontstaan, “beteken goeie tye lê voor vir die landbou.”

“Een ding is seker, daar is nie meer plek vir net plein boere in Suid-Afrika nie. As jy nie ‘n boer én sakeman is nie, gaan jy nie oorleef nie,” aldus Roodt. Hy was die genooide spreker tydens die TLU SA se Jongboerkongres by die Pionier-museum in Pretoria.

Belastingbetlaer se las is baie hoog

Roodt het gesê: “Maak seker dat jy so min moontlik belasting binne wetlike bepalings betaal.” Hy sê die belastingbetaler se las is baie hoog, veral as in ag geneem word hoeveel waarde ‘n belastingbetaler vir elke rand wat hy bestee, kry.

“As ‘n mens daarna gaan kyk in terme van randwaarde, kry ‘n belastingbetaler vir elke R1 wat hy betaal, maar sowat 5c se dienste vir sy geld.” Roodt sê die grootste hoeveelheid van belastinggeld word aan maatskaplike toelae bestee, waarna onderwys tweede in die ry staan.


Rentekoerse sal moet styg

Wat rentekoerse betref meen Roodt die staat gaan nie ‘n keuse hê as om rentekoerse weer te verhoog nie. Die land se reële rentekoers staan tans op -0,5%, aangesien die repokoers op 5,5% staan, terwyl die Verbruikersprysindeks op 6% staan.

“Die staat gaan nie ‘n keuse hê as om rentekoerse te verhoog nie, want die huidige situasie benadeel ons spaarrekening. Ek vermoed wel dat dit eers aan die begin van volgende jaar sal gebeur,” vertel Roodt.

Suid-Afrika se rentekoerse is die laagste in 30 jaar, “so as jy geld wil gaan leen is nóú die tyd! Nou is die beste tyd om geld te leen om jou sake onderneming uit te brei,” moedig Roodt aan.

Staat is bedreiging vir ekonomie

Volgens Roodt is die grootste bedreiging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie ‘n staat wat nie bevoeg is vir sy taak nie. “Ons moet wel onthou dat die finansiële sektor die grootste opposisie in die land is, en hulle sal groot makro veranderings teenstaan.”

Hy voorspel dat die ontwikkelende ekonomieë teen die einde van dié jaar groter as ontwikkelde lande sal wees. Dié tendens is ‘n herhaling van die geskiedenis. Roodt sê sowat 600 jaar gelede was die ekonomieë van China, Indië en ander wêrelddele groter as Europa.

20 April 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot