AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Groente: Pryse 40% op in 2009

Groentepryse in die algemeen het verlede jaar gemiddeld met 40% toegeneem terwyl dit in 2008 met 3% gedaal het, sê mnr. Kobus Smit.

Groentepryse in die algemeen het in 2009 gemiddeld met 40% toegeneem terwyl dit in 2008 met 3% gedaal het. Van die vernaamste produkte wat tot die prysstyging bygedra het,  is aartappels wat met meer as 60% toegeneem het, en tamaties met 22%. 


In dié artikel word gekyk na die verkope en pryse van aartappels en tamaties op die twee vernaamste markte in Gauteng  -  die Pretoria en Johannesburg Varsproduktemarkte.


Aartappels

Die verkope van aartappels op Pretoria en Johannesburg  se varsproduktemarkte  het in 2009 afgeneem in vergelyking met 2008. Pryse het egter in die tydperk drasties gestyg.


Die hoeveelheid aartappels wat in 2009 op die Pretoria Varsproduktemarkverkoop is, is 8,5% minder as die vorige jaar. Vanaf 2005 tot 2009 het die verkope van aartappels  jaarliks geleidelik toegeneem met die uitsondering van verlede jaar toe daar die afname was. In 2005 is net meer as 132 000 ton verkoop  teenoor 151 000 ton in 2009.  Dit is ‘n toename van 14%. Die grootste verkope was egter in 2008 toe meer as 165 000 ton van die hand gesit is.


Pryse op die mark het egter gewissel. Nadat dit in 2006 en 2008 effens gedaal het ten opsigte van die voorafgaande jare, het dit in die daaropvolgende jare,  drasties toegeneem. In 2007 het die prys met 30% gestyg van R16,95 per 10kg sakkie tot R22,11 per 10kg sakkie. In 2009 was die styging dubbel so groot toe die prys met 62% toegeneem het van R20,31 per 10kg sakkie tot R 32,97 per sakkie.


Op die Johannesburgse mark, wat gemiddeld  80% meer aartappels hanteer as Pretoria,  het die verkope letterlik op en af gewip van jaar tot jaar. In 2009 is 258 000 ton ontvang teenoor die 286 000 ton van die vorige jaar.  Dit is ‘n afname van 10%. Die grootste verkope die afgelope vyf jaar was egter in 2008 toe 286 000 ton van die hand gesit is. Dit is 12% meer  as in 2005 toe 256 000 ton verkoop is.     


Die prys van aartappels was deurgans ‘n bietjie hoër op die Johannesburg mark as in Pretoria. Waar die tonne verkoop op die Johannesburg mark in die  periode 2005 – 2009 met minder as 1% toegeneem het, het die prys byna verdubbel van R17,94 per 10kg sak na R34,18 per 10kg sak. Dit is ‘n toename van 91%. Die prysstyging van 2008 na 2009 alleen het 62% beloop.


Tamaties

Die hoeveelheid tamaties verkoop op die Pretoria Varsproduktemark was 43 550 ton in 2009, slegs sowat 3% meer as in 2008 toe  42 122 ton verkoop is. Skommelinge was baie gering oor die afgelope vyf jaar en ‘n gemiddeld van net onder die 43 000 ton is ontvang.


Die prys van tamaties was in 2009 R 4 301 per ton (R4,30/kg) teenoor die R 3 659 per ton (R3,66/kg) in 2008. Dit is ‘n toename van 18%. Die prys het die afgelope 5 jaar elke jaar gestyg maar nie so skerp soos die van aartappels nie. Die grootste styging was in 2007 toe dit met 24% toegeneem het vanaf die vorige jaar.


In 2009 is 105 000 ton tamaties op Johannesburg varsproduktemark verhandel.   Dit is 3% minder as die 107 000 ton in 2008. In 2007 is slegs 97 000 ton verkoop en is dit die swakste verkope die afgelope vyf jaar. Johannesburg se mark het in die tyd  sowat 140% meer tamaties hanteer as Pretoria.


Pryse op die Johannesburgse mark het jaarliks gestyg. In 2009 was dit R 4 250 per ton (R4,25/kg) wat 23% hoër is as die R 3 450 per ton (R3,45/kg) as in 2008. Dit is ook 76% meer as die R2 416 per ton (R2,42/kg) in 2005. Daar was ook in 2006 en 2007 stygings van meer as 20% in die prys van tamaties.


Die grafiek hieronder toon die verkope van tamaties en aartappels op die Johannesburg mark oor die afgelope vyf jaar. Daaruit is dit duidelik dat die verkope oor die tydperk nie wesenlik gewissel het nie maar dat pryse wel baie toegeneem het. Ek glo dat hierdie tendense geldig is ten opsigte van meeste varsproduktemarkte in Suid-Afrika.

 Grafiek: Groen = tonne tamaties; Blou = tonne aartappels; Rooi = rand/ton (aartappels); Pers = rand/ron (tamaties)

  • Kobus Smit is ‘n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee.

23 April 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.00
+1.0%
Rand - Pond
20.32
+1.0%
Rand - Euro
17.56
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.37
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,750.35
+0.5%
Silwer
21.27
+1.6%
Palladium
1,840.00
-0.5%
Platinum
1,006.11
+1.3%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot