
Dié aanleg vervaardig Case IH- en Steyr-trekkers en het in die afgelope sewe jaar doeltreffendheid noemenswaardig verbeter, sy afval verminder en op sy kliënte se behoefte aan uitstekende gehalte gefokus.
“Dit is die eerste CNH Industrieel-vervaardigingsaanleg vir landbou- en boumasjinerie in die Europa, Midde-Ooste en Afrika (EMEA)-gebied wat die silwer toekenning ontvang. Ons is besonder trots daarop,” sê mnr. Andreas Kampenhuber, aanlegbestuurder by St. Valentin.
Die aanleg verskaf werk aan 600 mense en het laat in Mei vanjaar ’n onafhanklike oudit ondergaan. Veral werknemers se uitgebreide kennis van die WCM en uistekende produksieprosesse is geprys.