AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Groot planne vir slagplaas

Die eerste abbattoir ter wêreld wat vyf verskillende dieresoorte vir uitvoer kan slag, het pas sy deure in Suid-Afrika geopen. Die eienaars meen die abattoir in Port Elizabeth hou groot voordele in vir vleisprodusente en die vleishandel.

Die eerste abbattoir ter wêreld wat vyf verskillende dieresoorte vir uitvoer kan slag, het pas sy deure in Suid Afrika geopen. Die eienaars meen dié abattoir in Port Elizabeth hou groot voordele in vir vleisprodusente en die vleishandel.

Suid-Afrika en die wêreld se eerste multispesie-abattoir vir die uitvoermark het sy deure in Port Elizabeth geopen. Dit is ook die eerste slagplaas wat ingerig is om vyf verskillende diersoorte, naamlik beeste, skape, varke, volstruise en wild, te slag. Die eienaars, wat die slagplaas twee jaar gelede aangeskaf het, het die afgelope vyf maande meer as R7 miljoen bestee om dit vir die uitvoermark te verbeter. Dit voldoen ook aan internasionale gehaltestandaarde.

Mnr. Gary Moorcroft, mede-eienaar van Eastern Province Livestock Agency (EPLA), wat die abattoir twee jaar gelede vir sowat R4 miljoen van Abakor gekoop het, sê hoewel Suid-Afrika te veel slaggeriewe het, is sy maatskappy oortuig dat daar onontginde markgeleenthede wink.

Die streng vereistes wat die EU en Amerika stel, noodsaak die verbetering van bestaande geriewe. Dit verg egter baie geld, wat beteken dat van die kleiner abattoirs hul deure sal moet sluit.

Toe hulle die slagplaas in Januarie 2001 gekoop het, was dit die enigste in die Abakorgroep wat nog 'n wins gemaak het. Die EPLA was toe verantwoordelik vir 70 % van die volume vleis wat in die abattoir geslag is. Die vervangingswaarde van die abattoir word tans op meer as R200 miljoen beraam.

Mnr. Moorcroft sê hoewel die abattoir 'n winskoop was, moet in gedagte gehou word dat die speelveld vir slaggeriewe in Suid-Afrika ongelyk is.

"Daar is verskeie derderangse abattoirs in bedryf waar die higiëniese standaarde nie na wens is nie. Nogtans moet die abattoirs wat groot koste aangaan om hoë standaarde te handhaaf, in dieselfde mark met mekaar meeding. Die publiek tref min onderskeid tussen vleis wat in 'n goeie of minder goeie abattoir geslag word."

Met die blink vleisuitvoergeleenthede sedert Suid-Afrika as 'n bek-en-klou-seer-vrye gebied verklaar is, wil die maatskappy die internasionale vleishandel met mening aan durf. Vir enige abattoir is Europiese Unie-akkreditering die kersie op die koek. "Wanneer 'n mens eers ZA agter jou naam kan skryf, maak dit die deure na enige land in die wêreld oop vir vleisuitvoer."

Hy is erg bekommerd oor die gerugte dat die voorkoms van bek-en-klou-seer in Zimbabwe en ander naburige lande in Suider-Afrika die EU kan noop om ook invoer uit Suid-Afrika op te skort. "As dit gebeur, sal dit vir ons nag wees."

Hy verseker dat die maatskappy nie net die room vir homself wil afskep nie. Boere gaan ook die vrugte pluk. Uitvoerkwotas sal toegeken word na gelang van die hoeveelheid vee wat 'n produsent deur die loop van die jaar aan hulle voorsien.

Omdat net uitgesoekte hoëgraadse snitte vir die uitvoermark geskik is, sal 'n gedeelte van die premie wat daarop verdien word, aangewend word om die res van die karkas teen 'n afslagprys aan te bied op die binnelandse mark, waar 'n groot vraag na meer bekostigbare vleis bestaan. Die gedeelte van die karkas wat nie uitgevoer word nie, sal ontbeen of verder na gelang van die binnelandse behoeftes verwerk en bemark word.

Die benadering behoort voordele vir produsente, die groothandel en verbruikers in te hou. Beter pryse sal vir puik slagvee betaal kan word, terwyl die plaaslike groothandel terselfdertyd 'n laer prys betaal as wat die geval sou wees as hulle 'n hele karkas moes koop.

Hy waarsku dat die bedryf nie slegs op die uitvoermark se geleenthede gebou moet word nie. "Die prys waarteen lande in Suid-Amerika vleis na wêreldmarkte uitvoer, is baie laer as wat die geval in Suid-Afrika is."

Boonop is daar net 'n klein persentasie van 'n karkas wat vir die uitvoermark geskik is. Dit sluit ontbeende snitte, soos lamkotelet-medaljons (die "oog" van 'n lamtjop), in. Die vleis moet voor uitvoer ontbeen word.

Die gety het die afgelope twee jaar sterk in die guns van die rooivleisprodusente gedraai. Dit was jare lank nie lonend om vleis te produseer nie - en boere het die bedryf verlaat of na wildboerdery oorgeskakel. 'n Ondeursigtige prysvormingsmeganisme vir rooivleis het ook tot die probleme bygedra.

Met die taamlik hoë prys van rooivleis die afgelope 15 maande en verbruikersweerstand wat reeds ingetree het, voorsien hy dat al meer kettingwinkelgroepe hul eie slaggeriewe gaan sluit en vleis volgens spesifikasie by gesentraliseerde verwerkingsaanlegte koop.

Die vleis kan op 'n sentrale punt verwerk, verpak en geëtiketteer word, wat oorhoofse koste aansienlik kan verlaag. Die voordeel kan aan verbruikers deurgegee word.

Hoewel hy boere 'n goeie prys gun, reken hy die huidige hoë rooivleispryse is nie 'n gesonde situasie nie. "Die feit dat die prys binne 'n jaar met meer as 75 % gestyg het, is nie tot voordeel van die bedryf nie." Benewens die feit dat rooivleis besig is om binnelands 'n markaandeel te verloor, lei dit ook tot groot weeklikse prysskommelinge.

Lamsvleis het in September 2002 tot meer as R27/kg gestyg. Toe die aanbod verbeter, het pryse binne twee weke tot R19/kg gedaal. Die prys van superbeesvleis het van R10/kg 'n jaar gelede tot R17,50/kg gestyg en intussen weer teruggesak tot ongeveer R15/kg. Sulke groot markskommeling skep onsekerheid en boere én die handel staan gevaar om geld te verloor.

Daar behoort eerder gesoek te word na maniere om die mark te stabiliseer. "Een van die moontlikhede is om uitvoergeleenthede te benut wat 'n trekaksie skep. As vleis op die binnelandse mark teen bekostigbaarder pryse beskikbaar gestel word, sal dit 'n volgehoue verbruik verseker wat groter markstabiliteit sal meebring".

Mnr. Moorcroft beskou nie die verlaging van die invoerheffing op rooivleis as 'n goeie opsie om pryse vir verbruikers bekostigbaarder te maak nie. Boere behoort die geleentheid gegun te word om teen die heersende pryse eers weer hul kuddes te vergroot.

Hoewel skaap- en beesvleisprodusente taamlik goeie pryse in die afgelope 20 maande ontvang het, was varkboere in 'n onbenydenswaardige posisie, aangesien varkvleis hoofsaaklik op kontrak aan die groothandel verkoop word. "Produsentepryse het nie tot dieselfde mate as die produksiekoste gestyg nie. Boere het die bedryf verlaat en produsentepryse het onlangs eers weer begin styg."

'n Paar abattoirs in Suid-Afrika is geakkrediteer om volstruis- en wildsvleis na Europa uit te voer. Tog is daar produsente wat twyfel oor hierdie abattoirs se vermoë in die spitsseisoen.

"Ons wil ook instansies help wat hul bemarking behartig en slegs slaggeriewe soek wat aan uitvoerstandaarde voldoen."

Omdat wild hoofsaaklik in die winter en volstruise in die somer bemark word, vul dié twee mekaar goed aan. Dit verseker dat die abattoir ten beste benut kan word. 'n Wildverwerkingsaanleg op Uitenhage het ook hul bedrywighede hierheen verskuif.

"Vanweë die groter volume vleis wat gehanteer sal word, kan die wildsvleis in verkoelde vorm in houers na die buiteland verskeep word, in plaas daarvan om klein hoeveelhede ten duurste per lugvrag uit te voer."

Die abattoir in Port Elizabeth is een van net twee in die land waar openbare veilings steeds gehou word. Een van die voordele is dat 'n karkas wat tydens die vervoer beskadig sou word of om 'n ander rede afgradeer word, steeds op die veiling teen die beste prys van die hand gesit kan word.

Hy voorspel dat daar nog groot veranderinge op die gebied van vleisbemarking in Suid-Afrika gaan kom. "Die dae is verby dat 'n boer op sy plaas vee aan 'n agent verkoop wat dit op sy beurt weer na die abattoir stuur en dit daarna weer aan die groot- en kleinhandel verkoop word."

Die feit dat daar by elke transaksie wins geneem word, jaag die prys vir die verbruiker onnodig op. "Groter integrasie in die bedryf is onvermydelik. Boere sal ál meer daaraan moet dink om eerder alliansies te vorm met betroubare instansies wat vleis regstreeks aan die verbruiker verkoop en op dié wyse deel in die waardetoevoeging daarvan."

7 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot