AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Handel: Voorwaardes moet regverdig wees

Handelsvoorwaardes, hoë tariewe en die vraag na BPA-vrye produkte is van die uitdagings wat die landbou konfronteer.

Subsidies, hoë tariewe en toenemende handelsvoorwaardes is een van die grootste uitdagings waarmee die landbou gekonfronteer word. Die minister van Handel en Nywerheid, mnr. Rob Davies, het by Cancon 12, die internasionale inmaakvrugte-konferensie wat op Stellenbosch gehou is, gesê dat Suid-Afrika nie onregverdige handelsvoorwaardes sal duld nie, aangesien dit 'n negatiewe impak op die land se ekonomie en werkskepping het.  

Daar is byvoorbeeld al hoe meer lande wat omgewingsvriendelike produkte vereis. Davies het gesê dat dit nie regverdig sal wees om Suid-Afrika te penaliseer op grond van sy koolstofvoetspoor as daar net gekyk word na die vervoer van produkte nie. Daar moet na die hele produksieketting in lande gekyk word om koolstofvoetspore te bereken en te vergelyk.

Davies het bygevoeg dat globalisering besig is om veral die bokant van waardekettings by handel en logistiek te verander. Vir die inmaakbedryf beteken dit dat tussen 40% en 45% van die waarde van produkte wat in Suid-Afrika geproduseer word, buite die land gegenereer word.

BPA-vrye uitdaging
Die vraag na BPA-vrye (Bisfenol A) produkte is nog 'n uitdaging vir die bedryf. Frankryk beplan teen 2015 'n totale verbanning van enige produk wat BPA bevat. Sekere produkte wat vir kinders bedoel word, is reeds verban. BPA kan gevind word op betaalstrokies, CD's, DVD's en word in ongeveer 90% van die verpakking van alle voedsel en drank gebruik. By inmaakblikkies word dit gebruik langs die kante waar die blikkies geseël word.  

Mnr. Johan Visser, algemene bestuurder van navorsing en ontwikkeling by Nampak, het gesê dit gaan baie moeilik wees om BPA-vrye produkte aan Europa te lewer, aangesien produkte maklik met BPA besmet kan word. 'n Minimum kontaminasievereiste is dus vir hom 'n beter alternatief.

Visser het bygevoeg dat die verandering van BPA na BPA-vrye alternatiewe verskeie uitdagings bring: Dit sal produksiekostes byvoorbeeld met 20% na 60% opjaag en 'n negatiewe impak hê op die raklewe. Die bedryf se ervaring sover is dat alternatiewe die raklewe van sekere produkte met tot 'n jaar kan verminder. Nog 'n probleem is dat van die BPA-vrye produkte tot kosmetiese reaksies in en op die blikkes kan lei, wat onaanvaarbaar mag wees vir verbruikers. Dan is daar ook die kwessie of die BPA-vrye alternatiewe werklik veiliger is as BPA.   

Europa sukkel ook met handelsvereistes
Alhoewel die meeste lande Europa sien as een van die onregverdige spelers in die wêreldmark, het mnr. Costas Apostolou wat die Europese inmaakbedryf verteenwoordig het, gekla oor Europa se lot. Hy het daarop gewys dat daar op die oomblik geen subsidies aan inmaakprodusente betaal word nie, maar dat subsidies in die verlede in 'n mate gehelp het om te vergoed vir die hoë koste van rietsuikers.

Verbruik in Amerika het afgeneem
Die Europese Unie is intussen besig om met Amerika te onderhandel vir 'n zero-tarief tussen die twee vastelande vir inmaakvrugte.

Intussen het die vraag na inmaakperskes in Amerika oor die afgelope sewe jaar met 32% afgeneem, volgens mnr. Rich Hudgins, wat die Amerikaanse inmaakbedryf by die konferensie verteenwoordig het. Dieselfde tendens word vir ander inmaakvrugte gesien. Hy skryf dit toe aan 'n wanpersepsie dat inmaakvrugte nie so gesond is soos vars vrugte nie, dat vars vrugte regdeur die jaar in die mark beskikbaar is, die kleiner verpakkings van vars vrugte asook omrede winkelgroepe hulle eie produkte stoot.  

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
+0.3%
Rand - Pond
21.17
+0.0%
Rand - Euro
18.81
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.21
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
986.30
-0.0%
Palladium
1,665.66
+0.8%
Goud
1,880.54
+0.4%
Silwer
22.46
+1.3%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,922
+0.7%
Alle aandele
79,984
+0.6%
Hulpbronne 10
75,128
+0.7%
Industriële 25
103,381
+0.7%
Finansiële 15
16,370
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
[removed]
eks eerlik opreg en lojaal teenoor my maar. ek geniet die buite lewe is avontuur lustig Hou van mense wat eerlik en opreg is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot