AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Heffings vir rooivleis weer op tafel

Statutêre heffings vir rooivleis is in die breë belang van die bedryf terug op die tafel, het mnr. Tim Davidson, voorsitter van die SA Vleisbedryfstrust (Samic),'n vergadering van die Rooivleisbedryfsforum in Pretoria meegedeel.

Statutêre heffings vir rooivleis is in die breë belang van die bedryf terug op die tafel, het mnr. Tim Davidson, voorsitter van die SA Vleisbedryfstrust (Samic),'n vergadering van die Rooivleisbedryfsforum in Pretoria meegedeel.

Op die forumvergadering van 28 Februarie is besluit om die pad van vrywillige heffings vir die bedryf te volg. Die Voerkraalvereniging, die Abattoirvereniging en die Rooivleisprodusente-organisasie het hulself verbind tot 'n maandelikse vrywillige bydrae van R20 000 elk, met dien verstande dat die trust 'n rand-vir-rand-bydrae tot die finansiering van Samic se funksies sal lewer. Samic is die uitvoerende arm van die bedryf. Deur dít lam te lê, kom die bedryf tot 'n stilstand.

Mnr. Gerrie Oberholzer, waarnemende voorsitter van Samic, en dr. Daan Opperman, voorsitter van die forum, het op 20 Maart met die trust onderhandel oor laasgenoemde se rand-vir-rand-bydrae, met die veronderstelling dat vrywillige bydraes tot einde vanjaar 'n kans gegun behoort te word. Geen waarborge vir vrywillige bydraes kon verskaf word nie -- nie tot einde vanjaar nie en ook nie daarna nie.

In die lig hiervan het die trust eenparig besluit om in belang van die bedryf 'n aansoek om statutêre heffings by die Nasionale Landboubemarkingsraad in te dien. Mnr. Davidson het die forum persoonlik van hierdie besluit verwittig. Daarmee word gehoop dat die politieke spel om statutêre heffings hoofsaaklik weens die gefragmenteerde aard van die bedryf, hokgeslaan kan word.

Die aansoek is in die finale stadium van voorbereiding. Adv. Les Kügel, wat die aansoek namens die trust hanteer, sê konsensus oor statutêre heffings binne 'n bedryf vergemaklik die taak van die bemarkingsraad, maar dit is nie 'n wetlike vereiste nie.

4 April 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
-1.5%
Rand - Pond
21.03
-0.6%
Rand - Euro
18.79
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,002.53
-2.2%
Palladium
1,639.70
-1.8%
Goud
1,885.01
-1.4%
Silwer
22.76
-3.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,805
+0.2%
Alle aandele
79,957
+0.2%
Hulpbronne 10
74,587
-0.1%
Industriële 25
103,160
+0.5%
Finansiële 15
16,554
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot