
Dié kanaal is deur mnre. Pierre van Niekerk, ’n pesbeheerdeskundige, en Arnold du Plessis, ’n TV-programvervaardiger, op die been gebring en fokus tans op troeteldiere, maar gaan uitbrei om wild en plaasdiere ook in te sluit.
Luidens ’n berig op Netwerk24 bied die kanaal daagliks video’s met nuuswaardige en dieregesondheid-inligting. Die amptelike bekendstelling van die kanaal is in Julie vanjaar, maar Dieregesondheid.tv is reeds aanlyn beskikbaar by www.dieregesonheid.tv.
Die idee is om ’n gratis kommunikasieplatform te bied vir vrae en raad wat sterk fokus op voorkomende gesondheidsorg vir diere.
Lees die volledige berig hier.