AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Hernubare energie van graangewasse

"Pumula" beteken om te ontspan, maar mnr. Kevin Jordaan en sy arbeidspan werk hard om omgewingsvriendelike, hernubare energie van graangewasse te tap.

"Pumula" beteken om te ontspan, maar op dié stil, Lesotho-grensplaas, is mnr. Kevin Jordaan en sy arbeidspan hard aan't werk om omgewingsvriendelike, hernubare energie van graangewasse te tap.

Die proses word nog op klein skaal bedryf met die uitsluitlike doel om die plaasmasjienerie van brandstof te voorsien. Wat baie interessant is, is die feit dat die hele onderneming, (Pumula is ook 'n baie gewilde selfsorg gasteplaas), gebruik word om geheel en al brandstof-onafhanklik te wees.

"Ek glo dat alle landboubedrywighede selfonderhoudend behoort te wees. Dit is vir my onaanvaarbaar om van iets of iemand afhanklik te wees. Dus werk ons daaraan om hierdie plaas so onafhanklik as moontlik te maak," vertel Jordaan. Hy erken self dat hy 'n boer in opleiding is maar nieteenstaande hierdie feit, pak hy alle projekte vanuit 'n besigheidsoogpunt aan.

"Dié plaas produseer kilogramme. Ons probeer om die swaarste vee in die kortste moontlike tyd te lewer en as ons die skakels in die ketting kan oorslaan, besnoei ons koste," voeg hy by. "Om op klein skaal biodiesel te maak, soos ons hier doen, loop ons nie die gevaar om reuse verliese te ly, sou iets êrens wel skeef loop, nie. Die kuns is om die produksie klein en eenvoudig te hou, maar terselfdertyd die verhoudings reg te kry en dit reg te hou."

Pumula se biodiesel-landbou-inisiatief het 'n klompie jaar gelede begin toe sonneblomsaad R1 600,00 per ton gekos en biobrandstof teen R3,70 per liter, gemaak kon word. Masjienerie is van China af ingevoer, hope navorsing is gedoen en aanmoediging van die Department van Mineraal- en Energiesake se Direkteur-generaal, het gevolg. Pumula was binne ses maande in produksie.

Die resultaat van dié proses het nie juis staatgemaak op raak en mis nie, maar eerder op "veilig fouteer". Die eerste brandstof is aanvanklik met gewone diesel vermeng en in die oudste trekker gegooi om te toets. Na die eerste suksesse is daar oorgegaan na groter en nuwer masjiene.

Ongelukkig het die biobrandstof bedryf ongunstige reaksie in veral die media ontlok omdat dit ne bewering voedselpryse sou opjaag. Jordaan betwyfel dat biobrandstof mense van hul kos sal ontneem. Hy is seker dat ekonomiese kragte wêreldwyd die vraag en aanbod sal balanseer. Noudat sonneblom se prys R5 000,00/ton is en dit R17,00 per liter kos om biodiesel te produseer, is dit weer meer wys om diesel te koop en die sonneblom oes te verkoop.

Op Pumula het produksie egter nie gestaak nie. Dié plaas is sekerlik 'n goeie voorbeeld vir die innoverende gebruik van energie en vindingryke denke wat die landbou selfonderhoudend kan maak.

Die proses

  • Pars die sonneblompitte.
  • Voeg 'n mengsel van metielalkohol en seepsoda by, verhit tot 50°C, roer vir twee ure (sodat die chemiese middels eweredig kan versprei) en laat staan dan vir 24 uur sodat die biodiesel en gliserien kan skei.
  • Verwyder die gliserien.
  • Die biodiesel word "gewas": die seepsoda word deur oplosbare chemiese middels en water, uit die olie gehaal.
  • Tap die water af.
  • Laat die biodiesel vir drie weke in 'n houer om "droog" te word.

    Opsomming

    Een ton saad lewer 500 liter olie. Dit lewer 450 liter biodiesel, wat gelykstaande is aan 80% opbrengs.

    Neweprodukte

    Alle afvalprodukte in die vervaardiging van biobrandstof kan op die plaas gebruik word.

  • Oliekoek: Dit is die oorblyfsels van die geparste sonneblom en word as veevoer gebruik. Dit is beter as ongeparste sonneblom weens die sonneblom se hoë olie-inhoud.
  • Onkruiddoder: Die wasproses lewer besoedelde water wat totaal vergaanbaar is. Dit dood onkruide, maar moet liefs nie in die huis aangewend word nie!
  • Kunsmis: Die gliserien wat tydens vervaardiging onttrek word, word op mishope gespuit en sodoende word die grond gevoed.

    Het jy geweet?

  • Motors kan ook met biobrandstof aangedryf word.
  • Dit kan van enige olie gemaak word. Ja, selfs varkvet.
  • Dit is 10% minder skadelik vir die omgewing.
  • Biodiesel bevat geen swael nie, maar laat wel koolsuurgas vry.
  • Daar is feitlik geen nadeel aan die vervaardiging van biodiesel nie. Die enigste beswaar daarteen is die gebruik van groot hoeveelhede water tydens die wasproses. Ongeveer 220 liter water is nodig om 200 liter diesel te produseer. Die enigste ander nadeel is dat die dampe na borrelende "tjips-olie" ruik.
  • Diesel ontvlam onder druk terwyl petrol 'n vlammetjie nodig het om te ontbrand;
  • Diesel is veiliger as petrol want diesel se ontbrandingsgraad is heelwat hoër as die van petrol en dit verdamp nie so geredelik soos petrol nie. Dit maak dit baie makliker om op te gaar.
  • Biodiesel ontbrand op laer grade as gewone diesel en verleng jou enjin se lewe.
  • Biodiesel word allerweë as 'n enjinreiniger beskou omdat die brandstof baie skoner verbrand as gewone diesel en petrol.

    Dié is 'n vertaling uit Engels van die artikel wat in Junie 2008 in die Speckled Bean verskyn het.

    Die skrywer se e-pos-adres is: lucindahoo@webmail.co.za

    4 Februarie 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Let go and let God
Eks uniek met ñ twist😊. haat konflik en jaloesie. I'm a born again son of God🙌 soek vrede. geduld. en ek haat leuens
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot