
Die wenner van die lieflike koffietafelboek, Vrystaatse Dorpe deur dr. Jan van der Merwe, het veilig by sy nuwe eienaar aangekom.
Landbou.com het verlede week die wenner aangekondig nadat ons oorval is deur inskrywings van lesers. Sommige het ook lekker staaltjies oor hul tyd in die Vrystaat met ons gedeel.
Kontak die skrywer by jan.vandermerwe@mangaung.co.za of by janvdm@live.com met enige navrae oor die boek.
Ons wil weer eens al ons lesers bedank vir hul inskrywings en deelname aan ons kompetisies. Hou hierdie ruimte dop vir nog hiervan!
Byskrif: Die wenboek het 'n baas gekry. Mev. Elma Theunissen, 'n onderwyseres van Bloemfontein, met haar wenboek wat eers 'n Kaapse draai by die redaksiekantoor gemaak het voordat dit na die wenner versend is. Foto: Verskaf