AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9830
-78,00
CORN
08 Feb
-
4620
-20,00
SOYA
08 Feb
-
9375
-22,00
SUNS
08 Feb
-
10920
-68,00
WEAT
08 Feb
-
6850
43,00
WMAZ
08 Feb
-
4318
-17,00
YMAZ
08 Feb
-
4401
-30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Hoë produksiekoste knou boere

Met lae mieliepryse en ondergemiddelde reënval kan graanboere net oorleef as hulle hul produksiekoste in toom hou.

Met lae mieliepryse en ondergemiddelde reënval kan graanboere net oorleef as hulle hul produksiekoste in toom hou.

'n Opname onder 35 boere van dieselfde omgewing het gewys dat produksiekoste met tot R1 500/ha en die gelykspeelpunt met meer as R500/ton verskil.

Talle graanboere ondervind finansiële druk weens 'n klomp redes. Daaronder is die mielieprys se drastiese daling sedert einde 2002, produksiekoste wat hoog bly, die feit dat min boere verlede jaar graanpryse verskans het toe pryse hoog was, min grondvog tydens planttyd aan die einde van 2003 en min en wisselvallige reën daarna.

Die vraag kan gevra word watter graanboere in die seisoen (2002/03) 'n wins gemaak het. 'n Opname wat in September en Oktober verlede jaar onder 35 graanboere in die omgewing van Bothaville gedoen is, het gewys dat hoë graanpryse en/of goeie oeste die afgelope seisoen baie graanboere gered het — of hulle 'n hoë of lae kostestruktuur gehad het of nie.

Die boere wat die beste wins gemaak het, is diewat goeie oeste en pryse gehad het — en wie se produksiekoste taamlik laag was. Selfs diemet 'n taamlik hoë kostestruktuur, maar wat goeie pryse én opbrengste gehad het, het ook redelike wins gemaak.

Selfs boere wat 'n relatief hoë kostestruktuur gehad en lae pryse gekry het, het 'n wins gemaak omdat hul opbrengs goed was.

Een of twee boere wat lae pryse gekry én min geoes het, maar wie se produksiekoste relatief laag was, het ook 'n wins gemaak. Dit was egter maar min.

Weens min en wisselvallige reën wat sedert die begin van die huidige seisoen geval het, het talle boere waarskynlik nie die vooruitsig op 'n goeie opbrengs — en 'n wins — nie. Goeie pryse sal hulle red, maar as dit nie gebeur nie, sal nét diemet 'n lae kostestruktuur dit maak.

Die meeste graanboere weet egter nie of hulle 'n relatief lae of hoë kostestruktuur het nie. Dit was die tweede keer wat dieondersoek gedoen is. Om ingesluit te word by die ondersoek, moes 'n boer 'n ordentlike boekhoustelsel hê. Skuldbetaling op grond en werktuie is vir die doel van die winsontledings as deel van die kostestruktuur beskou.

Hoewel 'n verandering van 10 % in die prys of opbrengs 'n veel groter verandering in wins tot gevolg sal hê as 'n verandering van 10 % in die kostestruktuur van 'n boerdery, bly koste die mees bestuurbare van die drie faktore (prys, opbrengs en koste) wat die wins beïnvloed. Individuele boere het totale beheer oor hul kostestruktuur, maar minder beheer oor prys en opbrengs.

Die prys, opbrengs en koste moet bestuur word, met ander woorde daar moet doelgerigte aksieplanne wees. Boere het, teoreties gesproke, volle beheer oor hul kostestruktuur, maar in die praktyk gebeur dit nie altyd nie.

Vir die doel van hierdie artikel sluit produksiekoste items soos brandstof, kunsmis en waardevermindering in, maar nie verskansingskoste, skuldbetalings, rente op produksiekrediet, huur en private trekkings nie. Ontwikkelingskoste, soos die oprigting van 'n skuur en die span van nuwe draadheinings, word as kapitale uitgawes beskou en dus geïgnoreer. Twee van die deelnemende boere het van produksiepraktyk verander. Hul koste om werktuie te verander en/of self te bou, is ook as 'n kapitale uitgawe beskou.

Die verskil tussen die hoogste en die laagste produksiekoste is presies R1 500 per hektaar. Dieselfde neiging, naamlik 'n groot wisseling in produksiekoste, is verkry in die opname wat 'n jaar vantevore gedoen is. Die boere in die studie se gemiddelde produksiekoste is R2 566/ha.

Kunsmis is die grootste enkele koste-item.

Die opbrengsmikpunte van die boere wissel van 3,1 ton/ha tot 4,8 ton/ha. 'n Verklaring vir die groot verskil in produksiekoste moet dus ook op ander plekke as net by kunsmis en opbrengsmikpunte gesoek word.

Sulke ontledings word bemoeilik, want 'n spesifieke boer het byvoorbeeld hoë kunsmis- en brandstofkoste, terwyl 'n volgende boer met min of meer dieselfde kostestruktuur lae kunsmis- en brandstofkoste het. Elke individuele boer se situasie is dus anders en moet daarom afsonderlik bestudeer word om verklarings vir afwykings te soek.

Om te identifiseer dat 'n boer byvoorbeeld 'n relatief hoë kunsmiskoste per hektaar het, is maklik. Die probleem is egter hoe om die kunsmiskoste af te bring sonder om winsgewendheid in te boet. Indien onoordeelkundig te werk gegaan word, kan die boer homself dalk bankrot spaar.

'n Paar van die boere se gemiddelde koste per ton is laer as die gemiddelde R678 per ton. Hulle het dus 'n goeie opbrengs gehad. Diewie se koste per ton hoër as die gemiddelde was se gemiddelde opbrengs was 3,8 ton/ha. Die vraag is dan of hulle geneig is tot oorbesteding of was hul opbrengs laer as wat verwag is?

Grafiek 1 gee 23 boere se totale beraamde koste van mielies vir die huidige seisoen (2003/04). Skuldbetalings, produksiekredietrente, huur en private trekkings is hierdie keer in ag geneem. Alle verpligtinge is in ag geneem, behalwe verskansingskoste.

Die deelnemende boere se private trekkings is nie in die opname verkry nie, maar 'n aanname is gemaak dat dit R188/ha beloop. Die jaarlikse paaiemente van grond- en werktuieskuld is ook verkry en in aanmerking geneem. Ook is aanvaar die huidige seisoen se produksiekoste verskil nie van die vorige seisoen nie. Sommige produksiemiddels, soos saad, is wel duurder, maar ander is weer goedkoper.

In die opname het die meeste boere aangedui dat hulle nie van plan was om in 2003/04 van hul gewone produksiepraktyke af te wyk nie. Die aanname is ook gemaak dat die normale hoeveelheid reën in die huidige seisoen sal val. Die verskil tussen die hoogste en die laagste totale beraamde produksiekoste (grafiek 2) is R1 400/ha. Die gemiddelde totale beraamde koste vir die 23 boere is R3 042/ha.

Grafiek 2 gee hierdie boere se onderskeie gelykspeelpryse. Die gelykspeelprys in geval van mielies is die laagste prys wat behaal moet word sodat die inkomste nie minder as die totale beraamde koste mag wees nie. Om 'n koste per ton te kan bereken, is elke deelnemende boer se totale beraamde koste per hektaar gedeel deur die gemiddelde opbrengs op langtermyn.

Die boere se gemiddelde mielie-opbrengs op lang termyn (gemiddeld tien jaar) wissel van 2,8 ton tot 5,6 ton/ha. Verskansingskoste is verder bygevoeg asof die boere vasteprys-kontrakte op Safex vir Julie 2004 sou aangaan. Vastepryskontrakte is waarskynlik nie die beste opsie nie, maar dit vereenvoudig die berekening.

Die verskil tussen die hoogste en die laagste gelykspeelprys is R506/ton. Dit klink byna ongelooflik, maar boer 1 moet R506/ton meer op Safex behaal as boer 23 voordat hy sy verpligtinge kan nakom. Neem in ag dat private trekkings reeds verreken is. Boer 1 in grafiek 2 is nie noodwendig boer 1 in grafiek 1 nie.

Met die skrywe van hierdie artikel was Safex-vastepryskontrakte vir Julie vanjaar onderskeidelik R1 275/ton vir wit en R1 183/ton vir geel mielies. Teen hierdie pryse kan bykans ál die boere in grafiek 2 ál hul verpligtinge nakom. In November verlede jaar het mieliepryse op Safex net onder R1 000/ton geskommel — pryse waarteen net sowat 16 van die boere ál hul verpligtinge kan nakom. Ses van die boere het 'n Safex-prys van minder as R900/ton nodig om hul totale verpligtinge te kan nakom. Twee boere se gemiddelde opbrengs op lang termyn is 3,5 t/ha, maar hul kostestruktuur is relatief hoog — die rede waarom hulle taamlik hoë minimum pryse moet behaal. Een boer se gemiddelde opbrengs op lang termyn is meer as 5 ton/ha en daarom het hy minstens R693/ton (Safex) nodig.

Sowat 30 % van hierdie boer se lande rus elke jaar. Die boer wie se gemiddelde opbrengs op lang termyn 4,8 ton/ha is, laat sowat 10 % van sy lande elke jaar rus. Albei hierdie boere se produksiekoste per hektaar is effens bo die gemiddeld.

  • Mnr. Pieter van Zyl is 'n landbou-ekonoom by Senwes Landboudienste op Klerksdorp. Sy foonnommers is 018 464 7156 en 083 451 3950, en e-pos-adres pieter.vanzyl@senwes.co.za.

    Prysbestuur nie ewe goed

    Alle verskansings- en ander bemarkingskoste is in die ondersoek van die bruto mielieprys afgetrek, hoewel geredeneer kan word dat dit eintlik by die produksiekoste getel moet word. Net enkele deelnemende boere kon verskansingskoste as 'n aparte koste-item aantoon. Die res het "boerpryse"; verskaf. (Die boerprys is die prys by die silo in die boer se sak ná aftrekkings.)

    Die verskil tussen die hoogste (R1 368/t) en die laagste (R750/t) gemiddelde mielieprys is R618/ton. Heelwat boere het op 31 Augustus 2003, die laaste dag van die produksiejaar, onverkoopte mielies in voorraad gehad. Hierdie mielies is as verkoop aanvaar teen R750/ton in die boer se sak — die mielies se werklike waarde in daardie stadium.

    Met die groot verskil in die gemiddelde netto mielieprys kan die stelling gemaak word dat nie alle graanboere se prysbestuur goed is nie.

    Prysrisiko is een van die graanboer se grootste risiko's en dit moet uiteraard bestuur word. Indien die prysrisiko reg bestuur word, hoef dit nie so 'n groot risiko te wees nie. Te veel boere verwys nog na graanverskansing as 'n dobbelspel of dat Safex skynbaar teen die produsent sou werk.

    Die goue reël met die gebruik van verskansing is om eers veilig te speel voordat 'n marksiening ingeneem word. Speel veilig deur produksiekoste so gou moontlik te verskans. Enige bemarkingsplan begin dan ook met 'n gedetailleerde koste-ontleding — iets wat talle boere nie regkry nie.

    Nie alle boere in die ondersoek se produksiekoste kon bereken word nie. Hierdie boere kon nie sekere koste-items, soos saad en kunsmis, aan hul onderskeie graanvertakkings allokeer nie. Nietemin is daar 'n groot wisseling in die onderskeie medewerkers se produksiekoste. Boer 29 en boer 33 se produksiekoste per ton is hoër as die gemiddelde netto prys wat hulle per ton ontvang het. As in ag geneem word dat geen skuldbetalings, huur en private trekkings in ag geneem is nie, laat dit dietwee boere se situasie nog slegter lyk. Albei se oes was swak.

    27 Februarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.49
+0.4%
Rand - Pond
21.16
+0.1%
Rand - Euro
18.82
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
986.88
+0.0%
Palladium
1,676.46
+1.4%
Goud
1,885.30
+0.6%
Silwer
22.53
+1.6%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,849
+0.6%
Alle aandele
79,910
+0.5%
Hulpbronne 10
75,453
+1.2%
Industriële 25
103,052
+0.4%
Finansiële 15
16,325
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kliek.. Nog baie om te gee
Want eks n eerbare en betroubare netjies man, wat God dien en hou van buite lewe, kampeer veral visvang. Veral see vis. Goed versorgd en het n sin vir humor!. Glad nie lui nie....
Not the first but ... to be the last ❤
Wat jy sien is wat jy kry, nie n emotional up en down mens nie. Hou van n positiewe uitkyk op die lewe Lief vir my dogter, diere, buite lewe en my Hemelse Vader. Opsoek na ou...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot