
'n Navorsingsprojek oor hoe Suid-Afrikaanse boere besluite vir die bemarking van graankommoditeite neem, word deur die departement rekenaarwetenskap van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth onderneem.
Die navorsing word onder meer deur middel van 'n vraelys, wat boere én graanhandelaars kan invul, gedoen.
Die oogmerk met die navorsing is die studie van die versameling , integrasie en ontleding van groot datastelle wat die bemarking van graankommoditeite beïnvloed, en hoe dit help om besluite deur graanboere in Suid-Afrika te verbeter.
Die navorsers het 'n webwerf geskep en vra boere en handelaars om 'n paar minute af te knyp om die vrae te beantwoord:
Boere kan hier klik om die vraelys in te vul, en graanhandelaars moet hier klik om ‘n soortgelyke vraelys in te vul.
Hierdie studie is heeltemal anoniem en die NMMU sal die resultaat van die opname aan deelnemers stuur, wat dit versoek.
* Rig navrae aan prof. Andre Calitz oby (041) 504 2639 of per e-pos by andre.calitz@nmmu.ac.za