AFGRI
BEAN
02 Des
-
9238
-127,00
CORN
02 Des
-
4511
-39,00
SOYA
02 Des
-
10400
-18,00
SUNS
02 Des
-
10800
-86,00
WEAT
02 Des
-
6730
-15,00
WMAZ
02 Des
-
5016
-111,00
YMAZ
02 Des
-
4919
-40,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

HuntEx-Kaap word meer gewild

’n Tweede HuntEx-Kaap vind in September plaas en die aantal uitstallers is reeds 20% meer as verlede jaar.

Jagters en sportskuts het verlede jaar se HuntEx-Kaap-ekspo so goed ondersteun, dat die ekspo ’n jaarlikse instelling gaan word. Die tweede HuntEx-Kaap vind vanaf 21 tot 24 September vanjaar by die Nelson-wynlandgoed tussen die Paarl en Wellington plaas.

Die groot jag en sportskiet-ekspo is baie gewild en die aantal uitstallers vir vanjaar se ekspo is reeds 20% meer as verlede jaar. Die aantal wapenhandelaars wat uitstal, het aansienlik toegeneem, en vanjaar sal motorhandelaars vir die eerste keer ook hul nuwe produkte ten toon stel.

Organiseerders sê die klem val wel nie net op binnenhuise-uitstallings nie, maar ook op buite-aktiwiteite, soos kleiduifskiet, boogskiet, teikenkompetisies en jaghond- en valkenier-demonstrasies.

Britse tradisies nagevolg
Die ekspo volg die resep wat geskoei is op die gewilde tradisionele Britse “Game Fairs” met aktiwiteite vir die hele gesin. “Buiten die uitstallings van bekende wapenhandelaars, jagbybehore en toerusting, is ’n groot aantrekkingskrag die skietaktiwiteite wat tussen die bome en wingerde op die landgoed plaasvind,” lui ’n verklaring.

Skietbane vir boogskiet, windbuks, kleiduif en senterslaggeweer is naby die uitstalgebiede uitgelê en deur die owerhede goedgekeur. Besoekers aan HuntEx-Kaap sal hier hul vaardighede kan toets en deur deskundiges touwys gemaak word.

Verskeie kompetisies word ook aangebied en een daarvan is die “gong-uitdaging”. In die kompetisie sal daar elke dag van die ekspo ’n skut van die dag aangewys word. Gewere en ammunisie daarvoor word deur borge verskaf. Die wenners sal ’n .243 Savage Axis-geweer met teleskoop, wat deur Safari & Outdoor geskenk is, ontvang. Die ammunisie word deur PMP geborg.

Doel van die ekspo
“Die doel van die skou is om ’n gesindheid van verantwoordelike vuurwapenbesit en etiese jag te bevorder en plaas die fokus op ’n bedryf wat meer as die meeste ander inisiatiewe gedoen het om Suid-Afrika se wild en natuurlike omgewing te bewaar,” lui die verklaring.

Die bedryf se jaarlikse bydrae tot die ekonomie word op sowat R7 miljard geskat. Statistiek bepaal dat die aantal wildsplase in die land van ’n handjievol in die 1960’s tot sowat 10 000 toegeneem het, wat sowat 21 miljoen ha beslaan.

Landbouweekblad en SA Jagter/Hunter is van die mediaborge van die ekspo.

Meer inligting is by www.huntex.net beskikbaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
+1.1%
Rand - Pond
21.27
+1.0%
Rand - Euro
18.27
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.84
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,801.54
-0.1%
Silwer
22.77
+0.1%
Palladium
1,905.00
-2.1%
Platinum
1,041.00
-0.3%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,437
-0.6%
Alle aandele
74,574
-0.6%
Hulpbronne 10
74,213
-2.3%
Industriële 25
91,597
-0.6%
Finansiële 15
15,587
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Eks n maklike man. Soek vrede liefde en eerlikheid. Soek 'n vrou wat als saam kan doen en lewe genie
Eks n insperasie vir ander wat saam werk. En saam 'n pad kan stap. Ek verneuk nie op my maat nie so verwag ek dit ook
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot