AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

In gesprek met dr. André Mentz

Sy “sonde” was om ’n paar heilige koeie in die veebedryf aan te durf. Landbouweekblad het by dr. André Mentz gaan kuier.  

Dit is reeds laataand as daar by die voordeur van dr. André Mentz (73) by sy nuwe blyplek op Oviston aan die oewer van die Gariepdam aangeklop word. Hy het pas drie weke vantevore sy intrek hier geneem en is nog besig om die huis te verf, skilderye en foto’s teen die voorafvervaardigde mure vas te timmer.


Pula, die Labrador, het twee babadassies na die huis aangedra en betrag hulle moederlik in die kartonboks. Daar is ook twee African Grey-papegaaie, Bokkie en Tokkie, wat die wewenaar geselskap hou.


Hy lag verleë as hy gevra word of hy nou die geleerdste man in Oviston is. “Nee, hier is baie professionele mense wat huise besit en veral oor naweke hierheen kom. Dit is soos ’n paradys. Ek het appelkoosbome in die tuin. Kyk uit oor die Gariep.”


Hy’s op Trompsburg gebore en het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer waar hy sy honneursgraad in landbouvoorligting verwerf het. Toe was hy ’n voorligtingsbeampte op onder meer Vryburg, Olifantshoek, Postmasburg en Kuruman voordat hy na die Universiteit van die Vrystaat is waar hy die graad M.Sc. in veekunde verwerf het.


Daarna is hy terug na die Vaalharts-navorsingstasie in die Noord-Kaap waar hy ook Armoedsvlakte se beesnavorsing gehanteer het. Sy tesis vir die Ph.D., wat hy ook aan Kovsies verwerf het, was “Kruisteling met die Afrikanerbees as basis”.


Jare se ondervinding

Met 15 jaar se navorsing agter die rug het hy groot projekte beoog. “Ek is selfs na Europa gestuur om vir vyf maande Franse beesrasse te gaan bestudeer. Die Departement (van Landbou) het van my ’n verslag verwag oor watter rasse na Suid-Afrika ingevoer behoort te word. Toe ek sê ek sien niks nie omdat ons reeds genoeg beesrasse in die land het, het my teëspoed begin. Ek het bedank en in Namibië gaan boer.”


Rebels? “Nee. Ek het altyd geglo dit is die bestuur van beeste wat sukses bepaal, nié die ras waarmee geboer word nie. My probleem met prestasietoetsing en kruisteelprogramme is dat jy eintlik net diere met ’n groter vreetvermoë teel.


"Waarom boer mense met die Nguni? Omdat hulle besef grootte is nie alles nie,” beantwoord hy sy eie vraag. Maar het die Nguni se borrel nie gebars nie? Deesdae hoor jy net van die Boran? Stilte.


Dit was op sy plaas van 14 000 hektaar in Namibië en 800 beeste (Afrikaners, Drakensbergers en Bonsmaras waarmee hy ’n rotasie-kruisteelstelsel gevolg het) waar hy sy droom uitgeleef het. Hy was selfs by geleentheid Namibië se Meesterbeesboer (twee ster).


“My plaas en my stelsel was beter beplan as enige navorsingstasie waarop ek ooit gewerk het. Ek het ’n referaat gelewer oor my proewe op die kongres van die SA Vereniging vir Veekundiges (SAVVV) wat op Stellenbosch gehou is.


"Ek wou ’n artikel daaroor skryf. Dit is geweier. Al waaroor hulle (veekundiges) wil praat, is prestasie. Die woord produksie is nie in hul woordeskat nie. Ek het bewys die prestasie van diere het níks te doen met die produksie van die kudde nie. Dat kruisteling maklik is mits jy dit reg beplan én reg toepas.”


'Hulle verstaan nie'

Effe verbitterd: “Daarom het ek my boek geskryf. Die boek wat húlle nie verstaan nie. Dit het geëindig in my verhoor voor ’n tribunaal. Regskoste wat my meer as R70 000 uit die sak gejaag het.”


Dan, pynlik eerlik. “Ek is deur diep waters. Nadat ek uit Namibië is, het ek die plaas Tipperary, een van die bestes in die distrik Vrede, gekoop. Ek het die beeste met ’n trok van Namibië aangery. Toe beland ek in ’n veldbrand. My been is byna geamputeer. Ek moes veloorplantings kry en het in ’n depressie verval.


"Ek het Tipperary verkoop en met die vee na ’n huurplaas getrek. Toe kom daar ’n erge koue en 200 van my beeste vrek. Ná my vrou se dood, vier jaar gelede, het ek besef dit is nie die moeite werd om so aan te ploeter nie.


“Ek het gehunker om ’n boek die lig te laat sien. Maar ek het altyd ’n vrees gehad om die waarheid daarin te praat. Toe het ek besef dat as ek nie álles gaan sê wat op my gemoed is nie, ek maar vrede sal moet maak dat ek nóóit ’n boek sal uitgee nie.”


Baie moeilikheid

En nou is dit die blitsverkoper (meer as 1 000 eksemplare is binne ’n paar weke verkoop) wat hom in die moeilikheid laat beland het?


“Seker omdat ek die eerste was wat gesê het dat dit wat wetenskaplik is, nié wetenskaplik is nie. Niemand het dit ooit vantevore gewaag nie. Ek het nóóit die bedoelings gehad om enige instansie óf mens by te kom nie. Ek het nié name genoem nie, maar wel geweet dat as daardie persoon die boek lees, hy sal weet dat dit op hóm gemik was.”


Maar tog het hy prof. Jan Bonsma by naam in die boek genoem. Woorde soos “ketterse” en “Mafia” is gebruik.


“Ja, ek het hom gekritiseer soos ek Irene gekritiseer het. Hulle is tog nie bo kritiek verhewe nie? Jy kan nie vir ’n boer sê koop ’n bul met BLUP-waardes en jy gaan oor vyf jaar R100 000 maak nie. Vóór ek die boek geskryf het, het ek hulle gevra om my te help – al gaan ons verskil. Ek is net geïgnoreer.”


Holistiese benadering

Was die boek ’n reaksie net om raakgesien te word? “Nee, nee. Ek het uitgestyg bo die kleinlike. Ek wou die denkers bereik. Diegene wat holisties na die veebedryf en die omgewing om hulle kyk. Dit is die mense wat my aangemoedig het om die boek te skryf – ’n bom te laat bars – want dit was nodig, het hulle gesê.”


En toe bars die bom? “Ja, die boek het goed verkoop. Ek het begin werk aan die Engelse weergawe. Dit bygewerk, verbeter. Van die oplaag van 1 000 is sowat die helfte reeds verkoop.”


Voel hy nou skoon – sy hart uitgeskryf? “Ek is nie ’n aanbidder van mense nie. Ook nie van beesrasse nie. Die SAVVV het my bygekom. Nogal mense wat nie eers die boek gelees het nie. Maar niemand het my ooit persoonlik gebel nie. Hulle het my net in die media bygekom, gedreig dat die verkope van die boek stopgesit sal word. Dat hulle my uit alle professionele verenigings gaan skors.


“Dit sou lekker wees as daar net één wetenskaplike sou opstaan en sê dit is ’n bakgat boek. Maar ek is oorval met gelukwense deur boere – mense wat holistiese boerdery voorstaan. Ek is oraloor genooi om as spreker op te tree.


Prokureursake

“Toe die tribunaal aangekondig is, het my vriende gesê ek mors my tyd. ’n Familielid het aanbeveel dat ek ’n prokureur kry. Tot vandag weet ek nie wat dit vir my in die sak gebring het nie.


“Ja, ek voel gefrustreer. Ek is in ’n skikking ingedwing. Dit is onwaar dat ek skuldig bevind is. Dat ek om verskoning gevra het. Toe ek dit lees, wou ek mal word. Ek het besef daar is geen integriteit nie. Ek is geen ander keuse gelaat nie as om uit die SAVVV en die SA Raad vir Natuurweten­skaplike Beroepe te bedank. Dit nadat ek vir ongeveer 46 jaar ’n opbetaalde lid was.”


En die pad vorentoe. Is daar nog dinge wat gesê moet word? “Ek het klaar aansoek gedoen om ’n kursus in volhoubare landbou aan Kovsies te doen. Dit gaan twee jaar duur en my baie geld kos. Ek weet nog nie waar ek die geld vandaan gaan kry nie.


“Dit is lekker stil hier op Oviston waar ek kan studeer. Ek sit met ’n hoop inligting van honderde boere wat eko-holistiese, volhoubare landbou toepas. Ek wil eendag ’n boek op die rak sit met bewyse. Nie net wat ék sê nie, maar dit wat ánder mense óók sê.”


Pula staar na die dassies in die boks. Verroer nie ’n ooglid nie. Bokkie kom om die draai gewaggel. Geknipte vlerk. Mentz sug, staan op om Bokkie en Tokkie in hul kou te gaan sit.


“Mense verstaan nie my boek nie. Net soos baie mense nie verstaan dat jy nie ’n dogma nodig het om eendag die saligheid te beërwe nie.” 


* Dié artikel is in die Landbouweekblad van 20 Januarie 2012 gepubliseer. Kontak Mentz by amentz@crazyweb.co.za.

31 Januarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot