AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Jeug belangrik vir landbou

Daar is geen beter manier vir 'n onderneming om sy verbintenis tot die landbou te beklemtoon as om in die landboujeug te belê nie.

Daar is geen beter manier vir 'n onderneming om sy verbintenis tot die landbou te beklemtoon as om in die landboujeug te belê nie, sê me. Venete Klein, hoofdirekteur van kleinhandelsbankdienste by Absa.

Sy was die genooide spreker op die glansgeleentheid in Centurion waar die wenners van Landbouweekblad en Absa se Jeugboerwedstryd aangekondig is nie. Die Landbou-akademie Morgenzon in Mpumalanga het R20 000 met sy wenprojek ingepalm, die Hoër Landbouskool Oakdale by Riversdal was tweede en het 'n prys van R15 000 ontvang en die Landbou- en Hotelskool Weiveld by Parys was derde. Sy prysgeld was R10 000.

Klein sê as daar na geleenthede in die land gekyk word, speel die landbou 'n belangrike rol. Die landbou word deur bekwame leiers gelei wat maniere moet vind om ook ontwikkelende boere te help. "Absa was nog altyd groot ondersteuners van landbou-ondernemings. Die toekoms lê in die landbou en daar moet saamgewerk word om van hierdie mededingende bedryf 'n sukses te maak. Die jeug moet ook in dié probeerslag betrek word."

Mnr. Andrew Makenete, hoofbestuurder van AgriBesigheid by Absa, sê die eise van uitnemendheid dwing boere om te alle tye te strewe om die allerbeste te wees. "Daar is nie meer plek vir middelmatigheid nie. Deur totale betrokkenheid, passie en energie kan die landbou die suksesbedryf word wat dit behoort te wees."

Hy sê die jeug moet ook weet dat in die strewe na uitnemendheid word die suksesvolle boere al hoe minder, hulle raak ál veelsydiger, hul boerderye moderner en al hoe winsgewender. Jong boere wat betrokke wil raak, sal self vir hulle 'n plek in hierdie mededingende bedryf moet oopveg.

Jean du Preez, redakteur van Landbouweekblad, sê sy jong lesers is vir die tydskrif baie belangrik. "Die toekoms van die landbou is in die hande van die jeug en daarom wil Landbouweekblad van jongs af die pad saam met hierdie voornemende boere loop."

Landbouweekblad, 15 Desember 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.06
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
974.67
-4.9%
Palladium
1,630.14
-2.4%
Goud
1,866.26
-2.4%
Silwer
22.48
-4.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot