AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Jongboere trek saam

Senwes se jaarlikse Toekomsfokusdag het ’n rekordgetal jong boere gelok om die toekoms van die landbou in Suid-Afrika te bespreek.

Senwes se jaarlikse Toekomsfokusdag het vanjaar 350 jong boere van die Vrystaat en Noordwes gelok. Dit is die meeste nóg en mnre. Roelf Jacobs, voorsitter van Vrystaat Landbou se Jongboervereniging, en Francois Coetzee, voorsitter van Agri NW se Jongboervereniging, was in hul noppies met dié opkoms.


Die byeenkoms het op 17 September op Nampopark in Bothaville plaasgevind. Mnr. Dawie Roodt, ekonoom, het met die jong boere gepraat oor die huidige ekonomiese resessie en die makro-ekonomiese perspektief wat ’n uitwerking op Suid-Afrika  het. Hy sê die plaaslike ekonomie groei steeds, maar teen ’n stadiger pas. Hy verwag ook dat rentekoerse weer gaan styg.


Die neigings wat kommoditeitspryse volg, is deur dr. Ferdi Meyer van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid bespreek terwyl dr. Kobus Laubscher van Graan SA die jong boere moed ingepraat het vir die toekoms. Mnr. Michael Jackson, motiveringspreker, het die jong borere tot innoverende besigheidsdenke in ’n dinamiese wêreldtydvak aangespoor.


Die Toekomsfokusdag is met die samewerking van OFM Stereo, die Vrystaatse radiostasie, en Graan SA aangebied ten behoewe van Vrystaat Landbou en Agri NW.

Op die meegaande foto verskyn (van links) mnre. Roelf Jacobs, voorsitter van Vrystaat Landbou Jongboervereniging, LPJ Fourie, wenner van die Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar-kompetisie, mnr. Richard Hobson, Agri NW se Jongboer van die Jaar en Francois Coetzee, voorsitter van Agri NW Jongboervereniging.


28 September 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot