
Feesdriftiges wat beplan om die SA Kaasfees van 26-29 April by Sandringham buite Stellenbosch te besoek, kan uitsien na soveel meer: jou gunsteling-kase asook ? groot verskeidenheid ander produkte en ervarings om te geniet.
Glanspersoonlikhede van die koswêreld is gaande oor die Kaasfees en sy entoesiastiese besoekers en vanjaar bars die Afrox Kookpot uit sy nate met optredes deur RSG se kuberkok Nina Timm, die MasterChef-sussies, Leandri en Seline van der Wat, én Kokkedoor se sjef Nic van Wyk saam met 2013 se wenners, Mynhardt en Tiaan.
Vir die leergieriges is daar ? vurige proe-debat tussen bier-ghoeroe Lucy Corne en wynliefhebber Cathy Marston – besluit self watter drankie kaas se ideale pasmaat is. SAB-broumeester Jeto Jaeger en Suid-Afrika se Mnr. Kaas, Kobus Mulder, neem die verhouding tussen bier en kaas ? stappie verder. Die vyf daaglikse demonstrasiesessies in die Afrox Kookpot bied kaasopvoeding met ? lekker skeut pret.
Die Checkers-kaasemporium bied besoekers vanjaar ? splinternuwe ervaring waar bekendes soos Nataniël, Giggling Gourmet Jenny Morris, Herman Lensing en koffie-foendi David Donde jou begelei langs ? doolhof-tipe gourmet-reis van kaas, biefstuk, whisky, wyn, koffie en meer.
In die Pinotage-teater vier ons Suid-Afrika se eiesoortige wynkultivar se diversiteit met verskeie kos- en wynparings. Kom geniet ook sjef Craig Cormack se uitsonderlike paring van Fleur du Cap-wyne met sout van regoor die wêreld.
Boetiekkaasmakers bring spesialiteitskase
? Groot aantal boetiekkaasmakers van so ver as die Natalse Middelland – geborg deur die Wes-Kaapse departement landbou – bring hul handgemaakte kase na die land se grootste saamtrek van kaasliefhebbers. Maak ? draai by Camphill Farm Community, Laerskool Buffeljagsrivier, Langbaken Karoo Cheese, Taaibosch Kaas, Anysbos, Karoo Goat’s Milk Products, Indezi River Cheese, Kasselshoop Cheese, Domino Farm, Madame Fromage en Montagu Cheese vir uitsonderlike kaas op klein skaal en met groot sorg gemaak.
Hele gesin is welkom
Rugbygeesdriftiges hoef nie die Stormers se Super XV-wedstryd teen die Cheetahs mis te loop nie: kom vuur jou span aan in die Klipdrift/DStv Supersport Lounge. Dit is ook nie moeilik om die kleinspan besig te hou nie, want daar is oorgenoeg vermaak vir hulle. ? Draai by die Melkfabriek se plaasdiere sal ? glimlag op menige gesiggie sit. Genoeg geproe? Dan is dit tyd om rondom die Ladismith-musiekgazebo te sit en na heerlike musiek te luister.
Kaartjies is teen R130 beskikbaar by Computicket en by alle takke van Shoprite, Checkers, Checkers Hyper en House & Home (geen kaartjies by die hekke nie). Seniors betaal R100 en kinders 13 jaar en jonger verkry gratis toegang. Die hekke is daagliks oop van 10:00 tot 18:00 en op die laaste dag van 10:00 tot 17:00. Wynproeglase is by die hekke beskikbaar teen R15.
Besoek www.cheesefestival.co.za vir meer inligting of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za.