AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Karakoel vier eeufees

Die Karakoelskaap is die afgelope 100 jaar deur toegewyde mense in Namibië verfyn om pels te lewer wat as Swakara 'n spognaam wêreldwyd geword het.

Gebrei deur snikhete sandstorms in die somer en snerpende sneeustorms in die winter in die lande van sy herkoms is die Karakoelskaap deur toegewyde mense in Namibië verfyn om pels te lewer wat as Swakara 'n spognaam wêreldwyd geword het.

In sy honderdste bestaansjaar ry die Karakoelbedryf van Suider-Afrika op die golf van voorspoed, danksy toegewyde boere en wetenskaplikes wat met blinde geloof en groot liefde die bedryf uitgebou en gedien het.

Nadat hy al swaar tye beleef het met die ineenstorting van pelspryse, vier dié bedryf sy eeufees met rekordpryse van meer as R1 200 per pels en die vooruitsig van 'n volgehoue styging in die vraag na die unieke produk wat deur die jare die "swart diamant" van Namibië gedoop is.

Die feesvierings bereik dié week 'n hoogtepunt op Keetmanshoop waar 'n monument onthul, 'n pragtige gedenkboek en DVD uitgereik en hulde gebring gaan word aan dié besondere skaap en die mense wat deel was van die bydrae wat dit tot die land se ekonomie gelewer het.

Buitengewone modeskeppings van Karakoelpelse sal ook te sien wees.

Dr. Nickey Iyambo, Namibië se minister van landbou, water en bosbou, benadruk dié feit en voeg by dat dié bedryf, hoewel dit 'n klein deel van die land se bruto binnelandse produk uitmaak, die potensiaal het om sosiale opheffing en 'n ekonomiese opswaai in plattelandse gemeenskappe mee te bring.

Die regering sien dit as 'n sleutel om die ekonomie te laat herleef in veral die dro&eumlr dele wat maar skraps met hulpbronne toegedeel is.

Die eerste Karakoelskape is al 400 jaar voor Christus beskryf. Vermoedelik het Arabiese stamme in die negende eeu van dié skape van Mesopotamië, Saoedi-Arabië en Iran na Buchara en Chiwa gebring, skryf me. Brenda Bravenboer in haar boek, Karakul - Gift from the Arid Land.

Dit is nie seker waar die naam vandaan kom nie. Dié skape is dalk genoem na die antieke stad Karakul of dalk het die swart krulpelse soos swart rose of die rimpels op die Swart See gelyk het.

In 1903 is die eerste Karakoelskape (28 ooie en vier ramme) na Duitsland gebring en sowat drie jaar later het nog 37 van dié skape aangekom.

Ná toetse by die Halle-universiteit is besluit van die Karakoelskape kan na die Duitse kolonie Suidwes-Afrika uitgevoer word. Op 24 September 1907 het die eerste twee ramme en tien ooie in die hawe van Swakopmund aangekom.

Mnr. Berndt von Kunow, voormalige bestuurder van die Karakoeltelersgenootskap, sê mnr. Paul Albert Thorer, 'n nyweraar in Duitsland, en die destydse goewerneur van Suidwes-Afrika, dr. Friedrich von Lindequist, het 'n groot rol gespeel om die skape te bekom. Hulle het die twee ramme en agt van die ooie aan mnr. Albert Voigts gegee. Dit was die begin van die bekende Voigtsgrund-stoetery.

Daarna is nog van die skape ingevoer. Teen Mei 1914 is 100 ramme, 580 ooie en 140 lammers ingevoer en toe was daar 335 rasegte ramme, 830 rasegte ooie en sowat 21 000 Karakoelkruisskape in die land.

In die 1920's het die belangstelling in Karakoelpels gegroei. In 1924 is 12 000 en die jaar daarop 23 000 pelse na Leipzig in Duitsland uitgevoer waar dit bemark is. Teen 1931 is pelse al teen 14 sjielings en drie pennies (R1,43) per pels verkoop.

Die eerste Karakoeltelersvereniging is in 1919 gestig en daarna het 'n Karakoelstamboek tot stand gekom.

'n Soldaat, kpl. A.D. Thompson, is ná die inval en besetting van Suidwes-Afrika deur die Unietroepe in 1915 in beheer van die Regeringstoetery geplaas. In die vroeë 1920's het hy Karakoele met seldsame vlak pelstipes gebruik om foute in die pypkrulstoetery (veral swak haargehalte) te probeer regstel.

Dit het gelei tot die ontwikkeling van sy revolusionêre vlakwatersy-tipes, wat 'n totale omwenteling in die bedryf tot gevolg gehad het.

Deur bemiddeling en op aandrang van die onderneming Theodor Thorer is alle Karakoelpelse uit Suider-Afrika sedert 1927 as Persianerpelse bemark wat eksklusiwiteit aan die pelse verleen het. In dieselfde tyd is begin met die ontwikkeling van gekleurde pelse.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het verskeie pelsveilingshuise ontstaan met sterk mededinging tussen hulle. Dit het tot 'n beter diens aan boere gelei het. Pelskopers met bakkies het pelse grootskeeps by die boere op plase ingesamel.

Mettertyd het die pelskopers verdwyn en is die pelssorteringsentrum in Windhoek tot stand gebring. Agra bedryf dit deesdae. Die pelse vir die oorsese veilings word hier gesorteer.

In die 1960's en 1970's het 'n goue era vir die bedryf aangebreek. Teen 1970 het Suidwes en Suid-Afrika 5 148 396 pelse uitgevoer en 4 543 ramme is per jaar verkoop.

Bakteriese skade aan pelse, die oorbeklemtoning van sekere pelseienskappe en algemene swak gehalte van baie pelse het die gevaarligte teen die einde van die 1970's laat flikker. Ondersoeke, proewe en internasionale simposiums het tot die effense verbetering van die pelse gelei, maar teen die begin van die 1980's het pelspryse kommerwekkend begin daal.

'n Rampspoedige droogte, hoë rentekoerse en ooraanbod in die bedryf het die geesdrif verder gedemp.

In dié tyd is pelse teen tot R2 onder produksiekoste bemark en die pelsproduksie het van 4,5 miljoen in 1980 tot 1,9 miljoen in 1982 gedaal. Dit het in 2004 'n laagtepunt bereik toe net 68 203 pelse uit Namibië en Suid-Afrika uitgevoer is.

Mnr. Jack Albertyn, voorsitter van die Karakoelraad in daardie tyd, sê met die sterk vraag het die gejaag na getalle en wins die behoefte aan goeie gehalte totaal oorheers.

"Die verskil in die prys van goeie en swak pelse was klein. Die handel het die vlam ho&eumlr geblaas met: 'Produseer enigiets, ons sal dit verkoop.'

"Gehaltebeheer het 'n vloekwoord geword. Eers teen 1983 toe die produksie reeds onder 'n miljoen pelse was, kon oom Johnnie Kirsten gehaltebeheer ingestel kry, " sê hy.

"'n Vertikale patroon, die teeldoelwit van die sewentigs, het baie bygedra tot swak gehalte. Dié gogga was so lelik, ek wil dit nie eens beskryf nie. Die ergste is, ons het toe gedink 'patroon' tot op die lam se pens, is wonderlik.

"Verskeie mense, soos mnre. Willie la Cock, Stef Coetzee, die S-haarkomitee, die KTG met mnr. Berndt von Kunow as bestuurder en die Campbells van Lovedale, het die toon aangegee om die S-haar terug te bring en die haargehalte te verbeter, " sê Albertyn.

Dié insiatief en welslae daarvan het daartoe gelei dat unieke Swakarapelse weer die verbeelding van die wêreld se modehuise begin aangryp het. In April vanjaar is die toplot teen 'n rekordprys van gemiddeld R1 250,62 per pels van die hand gesit in Kopenhagen, Denemarke, waar Swakara deesdae bemark word.

Mnr. Kobus van Wyk, voorsitter van die Karakoelraad, sê dit spel 'n rooskleurige toekoms vir die bedryf. Hy waarsku egter in dieselfde asem dat die geweldige mededingendheid van die wêreldpelsbedryf nuwe standaarde vir gehalte stel en nuwe bemarkingstrategieë vereis.

Hy meen die Karakoelboere wat deur die swaarkryjare vasgebyt het, is aangespoor deur blinde geloof in en 'n groot liefde vir die bedryf. Baie het weliswaar gediversifiseer, maar hul kernkuddes behou.

Sedert die opswaai in die pelsmark het nuwe boere tot die bedryf toegetree. Daar is 'n opswaai in die produksie om te voorsien in die groeiende vraag wat die gevolg is van uitstekende reklame deur die Karakoelraad wêreldwyd.

"Ons boer in 'ndroë land en die Karakoelskaap is uitstekend aangepas om te oorleef en te produseer. En terwyl die kuddes groei, moet gehalte ononderhandelbaar bly. Ons moet die lesse van die verlede onthou, " sê Van Wyk.

Vandag kan die Karakoelbedryf met trots terugkyk oor die afgelope 100 jaar. Die unieke Karakoelskaap wat aanvanklik met groot huiwering deur die boere aanvaar is, het deur die jare 'n belangrike rol gespeel in die groei van die landbou, die ontwikkeling van infrastruktuur en die ekonomie van Namibië in die algemeen en die Suide in die besonder.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot