AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

‘Karoo’ nog die mense s'n?

Van Suid-Afrika se bekendste tradisionele produkte word die “eiendom” van buitelanders en daar is pogings om die streeknaam “Karoo” te kaap.

Al hoe meer van Suid-Afrika se bekendste tradisionele produkte word die “eiendom” van buitelanders. Soos wat rooibos en biltong al as handelsmerke in die buiteland geregistreer is, is daar ook pogings om die streeknaam “Karoo” te kaap.


Die naam “Karoo” word al hoe meer vir kommersiële gewin deur mense buite die Karoo en selfs buite Suid-Afrika gebruik. Kenners meen dit is ’n verdere aanduiding van hoe Suid-Afrika se erfenis besig is om verlore te gaan en deur ander partye vir finansiële gewin benut word.


Die woord “Karoo” roep beelde  op van uitgestrekte vlaktes bespikkel met windpompe, ’n eindelose sterrehemel, tuisgebakte brood en warm gasvryheid voor die geestesoog van baie Suid-Afrikaners wat met nostalgie terugdink aan die heilsaamheid van vervloë dae.

Daar is egter ook baie hartverskeurende beelde – dié van grootskaalse werkloosheid, armoede en alkoholisme wat ongelukkig ook ’n inherente deel van hierdie gebied vorm.

Die Karoo is Suid-Afrika se hinterland, ons eie “outback”, en is ook die land se ylbevolkste gebied. Die gebied suig aan die agterspeen van enige ontwikkelingsgeleenthede en provinsiale bestedingsprogramme.


Suig aan die agterspeen met ekonomiese groei

Ondanks ’n groot ekonomiese en ontwikkelingspotensiaal vind geen noemenswaardige ekonomiese groei en bedrywighede daar plaas nie. Enige ontwikkelingsplanne word in die wiele gery deur gebrekkige koördinasie weens die feit dat die streek oor drie provinsies strek.


Een van die mees onderbenutte hulpbronne van die Karoo is die streeknaam self. Vanweë die uitlokkende waarde van die woord “Karoo” het dit sinoniem geword met gehalte, tradisie en heilsaamheid. Hierdie reputasie het sterk bemarkingspotensiaal, soos duidelik blyk uit die aantal handelsmerkregistrasies rondom die naam. Daardeur probeer ondernemings hul produkte koppel aan die reputasie wat in die woord “Karoo” opgesluit lê.


Navorsing oor aansoeke/registrasies van die woord “Karoo” toon dat daar reeds verskeie was.


Die resultate toon dat die woord “Karoo” reeds deur verskeie maatskappye, onder meer Tiger Food Brands (Edms.) Bpk. en Foodcorp (Edms.) Bpk., as deel van hul bemarkingstrategieë gebruik word. Ook is daar spesifiek vir “Karoo Lam” reeds handelsmerkaansoeke of -registrasies op die register. 


Benewens hierdie aansoeke/registrasies van handelsmerke sluit vele eetplekke en ander besighede die naam “Karoo” in die beskrywing van hul diens, produk en/of webtuiste in. Só gebruik selfs twee van Suid-Afrika se grootste handelaars, Woolworths en Shoprite Checkers, die “Karoo”-reputasie en -beelde in hul bemarking van skaapvleis.


Woolworths bemark verder ook ’n mineraalwater onder die naam “Great Karoo Water”. Hierdie wye gebruik illustreer die kommersiële waarde van die naam “Karoo”. Hoewel hierdie waarde tot groot voordeel van die streek aangewend kan word, bring die moontlikheid van finansiële gewin daarmee die risiko van onregmatige toe-eiening.

Geen ware vebintenis met die streek

Daar is heelwat gevalle waar die naam “Karoo” gebruik word deur individue of maatskappye met geen werklike verbinding tot die streek nie en waar geen waarborg gelewer word dat die produkte inderwaarheid hul oorsprong in die Karoo het nie. Een so ’n voorbeeld is ’n geriefsmaal Karoocuisine. Die produk is ’n hoendergereg en die etiket dui aan dat dit deur Karoocuisine voorberei is.  Karoocuisine is in Gauteng gebaseer en dit is onwaarskynlik dat die hoender sy oorsprong in die Karoo het. Dit is dus ’n goeie voorbeeld van hoe die Karoo-reputasie in onverwante produkte aangewend word.


Verder is daar ook die grootskaalse gebruik van die naam “Karoo” in die restaurantbedryf asook in slaghuise en supermarkte waar voorgehou word dat die skaapvleis wat verkoop word, uit die Karoo afkomstig is. Dan is daar verskeie webtuistes wat rondom die naam “Karoo” geregistreer is en wat geen verbinding met die Karoo het nie. So is http://www.karoo.co.uk die plaaslike webportaal vir twee distrikte in Brittanje.


Wat sê die reg?

Maar wat sê die reg daarvan? Die Wet op Handelsmerke (Wet 194 van 1993) het spesifieke bepalings wat handel oor die registrasie van geografiese plekname. As ’n algemene beginsel moet enige handelsmerk kenmerkend en nie beskrywend nie van aard wees om registreerbaar te wees.


Die standaard van kenmerkendheid word ongelukkig nie konsekwent deur die handelsmerkregistrateur toegepas nie, met die gevolg dat woorde, soos “Karoo” of “Karoolam” (woorde wat beskrywend van aard is), soms vir registrasie aanvaar word. Verder bepaal die wet spesifiek dat geografiese plekname nie registreerbaar is as individuele handelsmerke nie. Indien hierdie bepaling korrek toegepas word, sal dit beteken dat woorde soos “Karoo” nie registreerbaar sal wees sonder ’n beperking wat bepaal dat die registrasie nie sal lei tot alleenreg op die naam “Karoo” nie.


Waar merke wel in teenstryd hiermee geregistreer word, sal dié bepalings gronde vir die tersydestelling van die registrasie bied. Geografiese plekname kan wel as ’n sertifiserings- of kollektiewe handelsmerk geregistreer word.


Die Wet op Handelmerke bepaal verder ook dat merke wat inherent misleidend is of wat waarskynlik misleidend is en tot verwarring kan lei, nie registreerbaar is nie. Sulke merke wat wel geregistreer is, kan van die register verwyder word. Die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels (Wet 54 van 1972), die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990) asook die Wet op Handelswaremerke (Wet 17 van 1941) bevat ook bepalings wat die vals of misleidende beskrywing van goedere verbied en verklaar sodanige gebruik tot ’n kriminele oortreding.


Soortgelyke bepalings bestaan ook in die meeste jurisdiksies in die buiteland. Individue of firmas wat dus die indruk wek dat produkte hul oorsprong in die Karoo het waar dit nie die geval is nie, staan krimineel vervolgbaar.


Die nodige regsbepalings bestaan dus wel om die misleidende gebruik van die woord “Karoo” te voorkom sodat die reputasie wat in dié streeksnaam opgesluit lê, beskerm kan word en tot voordeel van die inwoners van die Karoo aangewend kan word. Dit vereis egter ’n bewuswording onder die inwoners van die Karoo asook Suid-Afrikaners in die algemeen rakende die waarde wat in die land se erfenis opgesluit lê en die noodsaaklikheid om dit teen onregmatige toe-eiening te beskerm.

Beskerm die naam

As ’n eerste stap om die Karoo-naam teen hierdie vorme van misbruik te beskerm, stel die Karoo-ontwikkelingstigting op 12 Oktober ’n sertifiseringsmerk vir skaapvleis uit die Karoo bekend. Hierdie sertifiseringsproses sal verseker dat vleis wat bemark word as vleis van Karoo-oorspong inderdaad van die Karoo afkomstig is.


Dit beteken as vleis nié die merk dra nie, dit nie noodwendig uit die Karoo kom nie en dus nie noodwendig die eienskappe van natuurlikheid, smaakvolheid en heilsaamheid sal dra nie. Verbruikers kan dus nou aanspraak maak op die eerlikheid van hul slagter en seker maak dat hulle nie om die bos gelei word nie.


Enige bemarkers van skaapvleis en ook boere uit die Karoo wat die vergadering wil bywoon, kan mnre. Dirk Troskie (Wes-Kaapse departement van landbou) by dirkt@elsenburg.com of Jaco Mostert (Noord-Kaap) by jmostert@ncpg.gov.za kontak.


Prof. Johann Kirsten en me. Cerkia Bramley is verbonde aan die Universiteit van Pretoria se departement landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling.


Landbouweekblad, 8 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-2.6%
Rand - Pond
21.60
-4.0%
Rand - Euro
18.55
-3.4%
Rand - Aus dollar
12.02
-2.8%
Rand - Jen
0.13
-4.4%
Goud
1,801.86
+1.9%
Silwer
22.57
+1.7%
Palladium
1,917.50
+1.6%
Platinum
1,044.50
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot