AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Klein boerdery kan slaag

Kommersiële boerdery op klein skaal kan slaag as boere landboustelsels gebruik wat vir die soort boerdery geskik is.

Kommersiële boerdery op klein skaal kan slaag as boere landboustelsels gebruik wat vir dié soort boerdery geskik is. Deur die swaar werk te verrig, kan trekdiere 'n belangrike bydrae tot hierdie stelsels lewer.

Verskeie faktore bevoordeel die opkoms van kommersiële boerdery op klein skaal in Suid-Afrika. 'n Ondersoek na voedselproduksie op kleinhoewes in besproeiingskemas in die sentrale Oos-Kaap het getoon dat besproeiingspersele van 2 hektaar groot genoeg is om 'n bevredigende inkomste mee te verdien. Maar dan moet die gepaste landboustelsels gebruik word.

Kleinskaalse boere kan trekdiere met sukses gebruik om die swaar werk op hul grond te verrig.

Die Universiteit van Fort Hare het in 1996 'n klein boerderyprojek op 1,6 hektaar begin. Die doel daarvan was om die praktiese en ekonomiese lewensvatbaarheid van groenteverbouing (kontantgewasse) op 'n kommersiële grondslag met behulp van trekdierkrag en 'n klein, mobiele besproeiingseenheid te bepaal.

Die 1,6 hektaar is in ses lande verdeel. 'n Heining reg rondom hou lewende hawe uit. Trekosse is tot in die 2004/05-produksiejaar gebruik, maar in 2005/06 is na trekperde oorgeslaan om te bepaal hoe dié diere vaar.

Die hele oppervlakte kan met behulp van die volgende werktuie bewerk word:

Twee swaar perde en 'n standaard-rys-terplaatploeg, 'n tweelit-diamanteg, 'n skeurtoestel wat aan die ploegbalk geheg kan word as die rysterplaat, grondplaat en skaar verwyder is, 'n klein skoffel en 'n wa wat deur die perde getrek word.

'n Dubbeltuig met 'n broek, leisels, toom en oogklappe.

'n Eenton-wa, getrek deur twee perde, vir vervoer op die plaas en tydens oestyd.

Twee rugsakspuite - een vir plaag- en swambestryding en een om die perde mee te dip (tabel 1).

  • Die besproeiingstoestel is ter wille van beweeglikheid op 'n kruiwa gemonteer. Die stelsel bestaan uit 'n enjin en 'n pomp, 'n suigpyp van 4 m lank (met 'n deursnee van 65 mm), 'n voetklep, 'n 100 m lange leweringspyp van swart poliëtileen (50 mm in deursnee), 16 koppellyne van 6 m lank (50 mm in deursnee) en agt staanpype met sprinkelspuite.

    Verskillende soorte groente word op landjies van 0,2 hektaar tot 0,5 hektaar verbou. Die grond word met behulp van trekdierkrag voorberei en daar word deurgaans met die hand geplant. Daarna geskied alle onkruid- en plaagbestryding asook die insameling van die oes met behulp van trekdierkrag en hande-arbeid.

    Die betrokkenes by die projek gebruik die besproeiingseenheid net wanneer die reën skaars of wisselvallig is.

    Die betrokkenes plant rygewasse, soos mielies, op lande wat met 'n ploeg, eg en skeurwerktuig voorberei is om vore te vorm waarin die mieliepitte met die hand geplant word. Daarna eg hulle dit weer.

    Met die hand plant hulle aartappels agter die ploeg in elke derde ry. Daarna bewerk hulle die land met 'n tand-eg. Hulle plant die aartappelmoere halfpad in die voor se diepte en nie onderin nie. Hulle erd die grond op met behulp van 'n op-erder wat deur twee ingespande perde getrek word.

    Die betrokkenes plant pampoene en botterskorsies met behulp van lang lyne. Saad word 2 m uit mekaar in die ry gespasieer, met 2 m tussen rye, en daarna met die hand toegemaak.

    Hulle plant koolplantjies op 'n soortgelyke wyse - 800 mm uit mekaar in rye wat 500 mm uit mekaar is.

    Hulle oes die kool en botterskorsies met die hand en die aartappels met behulp van 'n ploeg wat die knolle uitlig. Die aartappels word daarna met die hand opgetel, gesorteer en in sakke gegooi. Hulle verkoop ál die groente aan inwoners en winkeliers van die omgewing en Alice en lewer van dit op die mark op King William's Town. Kool, pampoen en botterskorsies word los of in sakke van 10 kg verkoop. Hulle bemark die aartappels in 10 kg-sakke.

    Hulle saai hawer op lande wat geploeg en geëg en dan 'n tyd lank braak gelê het. Ál die lande is in die tien jaar van produksie toegelaat om minstens twee halfjaartydperke lank te rus. Die saad word ingeëg en met 'n Cambridge-roller gerol.

    Die hawer word as aanvullende voer vir die perde gebruik. Die kleinboer kan só ál die aanvullende voer wat twee trekperde nodig het, produseer. Aanvullende voer was net vir betreklik kort tye nodig, danksy die soetveld op die navorsingsplaas.

    As daar oorskot-hawer is, verkoop hulle dit aan die navorsingsplaas en die plaaslike inwoners teen R12 tot R15 per baal.

    Die betrokkenes sny die hawerhooi met 'n snymasjien wat deur perde getrek word. Die hooi word dan met behulp van 'n trekker en 'n trekkergemonteerde hark en baalmasjien gemaak.

    Tot nou toe was geen werktuie wat deur diere getrek word vir dié soort werk beskikbaar nie, maar die projekspan sal binnekort 'n diergedrewe hark aanskaf. Die voer sal dan met die bestaande snymasjien afgesny en as hooivoer in miedens bewaar word deur die hark en wa in te span.

    Die ploegdiepte is gewoonlik 180 mm. Dit duur sowat drie werksdae van 5 uur elk om 1 hektaar met die hulp van twee perde om te ploeg. Die grond word met 'n tand-eg en twee perde geëg teen ongeveer 4 uur per hektaar. Onkruidverwydering geskied met behulp van 'n klein Maun-skoffelploeg en een perd. Met dié metode neem dit ongeveer 5 uur om 'n koolland van 1 hektaar in een rigting te skoffel.

    Van die begin af is deurlopend boek gehou van alle kapitaal- en bedryfskoste asook van alle oeste en winste. Produksierekords van ál die oeste word in 'n dagboek aangeteken en noukeurig bygehou deur die jaar. Die betrokkenes teken ook alle ander toepaslike inligting aan, soos die tyd bestee aan bewerking, die hoeveelheid saad geplant, die plaag- en swamdoders gebruik en besproeiingstye.

    Die projekspan bepaal die meganisasiekoste vir elke gewas deur die vaste en bedryfskoste van elke trekdieraktiwiteit per hektaar te bereken en hierdie waardes bymekaar te tel.

    Die totale bedryfskoste van die besproeiingseenheid word bepaal deur die vaste en bedryfskoste per uur te bereken en hierdie gekombineerde syfer te vermenigvuldig met die totale aantal uur wat elke gewas besproei word.

    Die twee perde het op die navorsingsplaas gewei en van middel Julie tot laat in Oktober verlede jaar aanvullende hawerhooi gekry wanneer daar 'n tekort aan weiding was en wanneer hulle harde werk moes verrig.

    'n Veeartsenykundige is nodig en hy ondersoek die perde elke dag van die week - naweke ingesluit. Hulle word voor en ná werk versorg. Hul pote word daagliks ondersoek en gevyl en ge-olie, soos nodig. Die veeartsenykundige ent hulle jaarliks teen perdesiekte en tetanus in en hulle word elke twee weke in die somer en een keer per maand in die winter gedip.

    Die ontwikkeling van hierdie klein boerdery het oor 'n tydperk van tien jaar plaasgevind. In die begin was die netto inkomste betreklik min, maar belowend. Sedert begin 2001 het dinge verander danksy 'n intensiewer plantprogram en die ervaring wat oor die kweek en bemarking van groente in 'n landelike gebied opgebou is. Die netto wins het vyf jaar ná mekaar R55 000 oorskry.

    Die opbrengste was onder die gemiddelde vir die meeste gewasse, afgesien van die kool, wat bemoedigende resultate gelewer het. Dit toon dat daar nog heelwat ruimte vir verbetering is.

    Die kosteberekening sluit geen arbeidskoste in nie - daar is aanvaar dat 'n gesin ál die werk self sal doen en dat die netto wins die gesin se jaarlikse inkomste sal wees.

    Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat die werk met twee trekperde (drie sal beter wees om mekaar af te wissel) en die nodige toerusting verrig sal kan word. Twee volwasse mans is nodig om die hande-arbeid te verrig. Gedurende oes-tyd moet bykomende arbeiders vir kort tye aangestel word - soms tot sewe ekstra mense om die oes en bemarking van die produkte vinniger af te handel.

    Die aantekeninge oor die produksiekoste sluit nie die ekstra koste van hierdie bykomende arbeid in nie omdat dit tot dusver onmoontlik was om behoorlike aantekeninge oor dié aspek te hou.

  • Prof. Bruce Joubert is die hoof van die nasionale trekdiersentrum by die Universiteit van Fort Hare.

    22 September 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot