
Landbouweekblad se digitale Opsitkers het hom as een van die gewildste Afrikaanse afspraak-platforms (dating sites) op die internet bewys.
Opsitkers is in November 2012 die eerste keer op Landbou.com aangebied en in dié bykans twee jaar het sowat 5224 mense gratis profiele daarop geskep. Die platform se gewildheid word verreken in die omsetverhouding van 26% van dié lede wat ’n profiel oplaai, tot dié aantal wat betaalde intekenare word.
Klik hier om die aanlyn-weergawe van Opsitkers te besoek.