AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Kompetisie vir jong wynskrywers

Jong aspirant-wynskrywers word aangespoor om hul talent ten toon te stel in vanjaar se Veritas Jong Wynskrywers-kompetisie.

Jong aspirant-wynskrywers sal bly wees om te verneem dat inskrywings vir vanjaar se Veritas Jong Wynskrywers-kompetisie nou oop is. Dié kompetisie, wat deur die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) aangebied word, is daarop gemik om opwindende nuwe skryftalent in die wynbedryf uit te ken, en om die belangstelling van die publiek in alle aspekte van verantwoordelike wynverbruik te verhoog.

Volgens mnr. Charles Hopkins, SANWSV-voorsitter, stel die kompetisie die wynbedryf in staat om met ’n volgende generasie wynentoesiaste in gesprek te tree oor verskeie aktuele wynkwessies.

“Die snel veranderende digitale era het ’n oorvloed platforms geskep vir die uitruil van inligting, en as rolspelers in die wynbedryf het ons ’n verantwoordelikheid om te verseker dat ons, as ’n groep, deel is van die gesprek oor Suid-Afrikaanse wyn. Ons moet ook help om ’n kultuur van wynbelangstelling en -kennis onder ’n nuwe generasie lesers en verbruikers te kweek. Ons hoop dus dat hierdie kompetisie 'n geleentheid sal skep vir kreatiewe jong stemme om gehoor te word, en dat dit ’n prikkelende en dinamiese dialoog oor alle wynverwante kwessies sal stimuleer.”

Suid-Afrikaanse burgers en inwoners tussen die ouderdom van 18 en 35 word uitgenooi om twee inskrywings, ’n artikel en ’n blog-inskrywing, in te dien.

Die artikel van 800 woorde moet oor die volgende onderwerp handel:

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf na 20 jaar van demokrasie: ’n oorsig van gebeure met spesiale verwysing na wat gedoen kan word om die stagnerende plaaslike mark in die toekoms 'n hupstoot te gee.

Die blog van 300 woorde moet geskryf word oor:

Die beste waarde-wyne – een wit- en een rooiwyn – wat ek in 2014 geproe het.

Die wenner sal ’n kontantprys van R15 000 ontvang en die tweede pryswenner R7 500. Inskrywings mag in enige van Suid-Afrika se 11 amptelike landstale geskryf word. Die inskrywings sal deur ’n paneel van ervare en erkende Suid-Afrikaanse wynskrywers beoordeel word aan die hand van die volgende kriteria:

Inhoud – moet akkuraat, leesbaar, informatief, vermaaklik en opvoedkundig wees. Akkuraatheid – voldoende aandag moet aan spelling en grammatika gegee word. Argumentering – die vermoë om ’n stelling en gevolgtrekking, of argument, aan te bied. Kommunikasie/verhaal – die vaardigheid om met die leser in gesprek te tree, en inligting te deel. Persone wat voltyds werk as wynskrywers, sowel as vorige wenners van die kompetisie, word nie toegelaat om in te skryf nie. Inskrywings, vergesel deur ’n kort CV met spesifieke besonderhede oor vorige ervaring en bedrywighede as wynskrywer, moet in MS Word-formaat ingedien word by admin@veritas.co.za. ’n Inskrywingsvorm en volledige besonderhede kan verkry word deur die Veritas-kantoor te kontak op  admin@veritas.co.za  of tel 021 863 1599. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 24 Oktober 2014 om 18:00.

Op die meegande foto verskyn die wenners van die eerste Veritas Jong Wynskrywers-kompetisie in 2013: mnr. Ricardo Gouveia (naaswenner) en me. Marthelize Tredoux (wenner).

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.29
-1.2%
Rand - Pond
20.98
-0.4%
Rand - Euro
18.79
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,893.83
-1.0%
Silwer
23.13
-1.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,755
+0.2%
Alle aandele
79,867
+0.1%
Hulpbronne 10
74,546
-0.2%
Industriële 25
103,167
+0.5%
Finansiële 15
16,504
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot