AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Korrupsie: Brasilië sê SA die stryd aan

Brasilië se president is in 2016 uit haar amp verwyder as staatshoof nadat sy wette oor die begroting oortree het.

Brasilië se vorige president, Dilma Rousseff, is op 31 Augustus 2016 as president verwyder nadat die senaat bevind het dat sy wette rondom die begroting oortree het.

Haar opvolger was Michel Temer, Rousseff se visie-president. Op Donderdag 18 Mei 2017 het die Brasiliaanse hooggeregshof ingestem dat Temer ondersoek word vir moontlike korrupsie. Hy het na bewering die skuif van fondse vir indirekte persoonlike gewin goedgekeur. Meer spesifiek, daar word beweer dat Temer toestemming verleen het dat betalings gedoen word aan Euardo Cunha, die vorige speaker van die huis. Hierdie betaling sou gedoen gewees het om Cunha, wat tans in die tronk is, se stilswye te koop. Hy is ‘n ooggetuie in die sogenaamde “karwas”-hofsaak, waarin maatskappye geld betaal het vir staatskontrakte.

Dié nuus het die Brasiliaans Bovespa-aandele indeks met meer as 10% laat daal.

‘n Ander manier na om na die situasie te kyk, is “Credit default swaps (CDS)”. CDS bied versekering teen staatskuld. ‘n Land se staatskuld word vergelyk met dié van die VSA, en die gevolglike verskil of premie (“spread”) dui die mate van risiko vir die gegewe geldeenheid aan. Die onderstaande grafiek illustreer hoe hierdie premie opgeskiet het op Donderdag 18 Mei 2017.

Dis in die bostaande grafiek duidelik dat meeste ander ontluikende markte se CDS-premies ook toegeneem het. Die grootte van die verswakkings was egter minder as in Brasilië se geval, en die premies van Indië en Pole het selfs onveranderd gebly.

Wanneer na Suid Arika se aandelemark gekyk word, kan gesien word dat die Top 40-indeks nie eers negatief gesluit het op Donderdag 18 Mei 2017 nie.

Die rand het egter intradag verswak tot R13,58 teenoor die Amerikaanse dollar op Donderdag 18 Mei 2017, maar het versterk tot R13,29 op Vrydag 19 Mei 2017.

Dit wil dus lyk asof beleggers die situasie in Brasilië as redelik geïsoleerd beskou, al is daar tog ‘n effense deelname deur ander ontluikende markte.

Dit is interessant om die volgende observasie te maak: Brasilië is, net soos Suid-Afrika, ‘n ontluikende land met ‘n ekonomie wat sterk leun op die uitvoer van kommoditeite. Nadat die Chinese ekonomiese groeikoers begin afplat het ná 2011, het kommoditeitspryse onder druk begin kom.

Die voordeel uit kommoditeite wat Brasilië en Suid-Afrika voorheen geniet het, het dus begin minder word, en beide lande se ekonomieë het onder druk begin kom. ‘n Mens word herinner aan die Engelse gesegde “A rising tide raises all ships”.

Toe kommoditeitspryse hoog was, het Brasilië en Suid-Afrika se ekonomieë goed gelyk. Noudat die gety begin uitvloei, word die regerings se karakters getoets.

* Edwin Smit is ‘n portefeulje bestuurder by BVG Financial Solutions, ‘n Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook ‘n geregistreerde JSE finansiële handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Hy is ‘n gereelde spreker op RSG. Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net.  Die volgende dienste word gebied:

Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.

Die ruil van fisiese kontant in samewerking met Absa en Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en vice versa. Fondse word direk in kliënte se Absa of Investec-bankrekening betaal: BVG Financial Solutions neem dus self nie die fondse in ontvangs nie.

Aandele portefeuljebestuur in samewerking met Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandele-verslae.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
+0.7%
Rand - Pond
22.37
+0.3%
Rand - Euro
19.77
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
987.23
+0.2%
Palladium
1,436.05
-0.5%
Goud
1,979.29
+0.5%
Silwer
22.98
+0.0%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
69,910
+0.2%
Alle aandele
75,433
+0.3%
Hulpbronne 10
64,893
-1.3%
Industriële 25
102,546
+0.8%
Finansiële 15
15,385
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot