AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Kosproduksie slurp meeste water

Die produksie van voedsel gebruik sowat 70% van die wêreld se water, en dit moet aansienlik verminder word, sê omgewingskenners.

Die produksie van voedsel gebruik sowat 70% van die wêreld se water, en weens die uitwerking van klimaatverandering op dié hulpbron, moet dit aansienlik verminder word, sê omgewingskenners.


Dié tema, asook water se aandeel aan die bekamping en hantering van aardverwarming, is in diepte by die Global Media Forum, wat deur die Deutsche Welle in Bonn in Duitsland aangebied is, bespreek.


Mnr. David Coates, beampte vir watersake by die Verenigde Nasies (VN) se Konvensie vir Biodiversiteit, beskryf water en die uitwerking van klimaatsverandering as een van die sleutel-uitdagings wat voedselproduksie betref.

“Mense is geneig om net aan drinkwater en water vir sanitasie te dink wanneer die hulpbron in dié konteks bespreek word, maar hulle vergeet dat dit een van die grootste bydraers tot voedselsekerheid is.”

Kyk na 'n videogreep van Coates en sy mening oor Suid-Afrika en waterbestuur.


Nog nie in beleid vervat nie

Volgens mnr. Felix Doods, woordvoerder vir die Water en Klimaatskoalisie en ander nie-regeringsorganisasies, is dit ironies dat water verlede jaar, tydens die VN se jaarlikse beraad oor  klimaatverandering in Kopenhagen, vir die eerste keer bespreek is. “Die feit dat water kan help met aanpassing by klimaatverandering is bespreek. Maar is dit nie ironies dat iets so belangrik soos dít in die 10 jaar van onderhandelinge slegs nog een keer voorgekom het nie?”


Doods voorspel dat water ook ‘n uitwerking op migrasie, water- en energiesekuriteit gaan hê. “Baie planne gaan vir verskeie lande beraam moet word. Pakistan het byvoorbeeld een rivier wat die land invloei, en dié bevolking gaan in die volgende 10 jaar na verwagting verdubbel. Kom ons hoop beleide word spoedig vir die gebruik van dié hulpbron en die besparing daarvan opgestel, andersins gaan ons later op ‘n punt kom waar elke land aangesê gaan word hoeveel water vir wat gebruik mag word.”


Moontlike oplossings?

Dr. Malaba Sivakumar, navorser op die gebied van water- en landbou in Afrika en Indië, meen samewerking tussen wetenskaplikes en beleidmakers is baie belangrik om te verhoed dat ‘n skaarste aan water ontstaan.


“Die nodige kennis moet ook aan boere oorgedra word oor die optimale benutting van die water wat wel weens reënval op hul plase beskikbaar is. Daar is baie boere in Afrika wat nié die water wat op hul grond beskikbaar is, en reën, genoegsaam benut nie. Sou boere dít doen, en die regte gewasse aanplant, sou hulle voedselproduksie kan verdubbel of verdriedubbel.”


Intussen meen Coates moet die beheer van natuurlike infrastruktuur ondersoek word. Hy meen dat lande, veral ontwikkelde lande, wat nie aan oorstromings blootgestel word nie, baie kan leer by lande wat wel daaraan blootgestel word en derhalwe alle moontlikhede benut om oortsromings te beheer.


“Opsies om daardie oorvloed water te stoor moet ook ondersoek word. In die verlede is dit gedoen deur aangeboude infrastruktuur, maar uit ondervinding weet ons dit werk nie altyd nie. Ek glo die gebruik van natuurlike vleilande hiervoor moet ondersoek word. Vleilande kan ook help om oortsromings te hanteer en daardie water te absorbeer. China het tussen 1990 en 2000 sowat 30% van hulle vleilande verloor. Maar ná drastiese beleidveranderinge neem die aantal vleilande daar toe, en dit help hulle om oorstromings te beheer,” verduidelik Coates.

Coates het ook na ‘n foto van twee ysbere wat aan ‘n ysberg klou, verwys. “Die twee bere klou vas aan ‘n stukkie ys wat in die oseaan in smelt. Die smelting van dié ys is vir my ‘n uitbeelding van die smelting van ons drinkwater!”


Die foto is geneem deur www.metro.co.uk, vir ‘n nuusstorie oor die uitwerking van klimaatsverandering op die diere se oorlewing.

  • Alani Janeke woon die Global Media Forum by as gas van Deutsche Welle.


Bron:

Metro


23 Junie 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.7%
Rand - Pond
21.03
+1.2%
Rand - Euro
18.14
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Goud
1,772.28
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,856.51
-1.1%
Platinum
990.50
-1.0%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot