AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Kosverbruik: Wat eet SA?

Hoe lyk die verbruiks- en bestedingspatrone van voedsel in Suid-Afrika? Hierdie artikel werp meer lig op dié vraag.

Kleintyd al het ek geleer dat mielies ‘n stapelvoedsel in Suid-Afrika is. Groot woorde destyds, maar die vraag is nou of dit wat ek toe geleer het, steeds waar is en hoe vergelyk die verbruik van ander produkte daarmee?

In dié artikel is antwoorde oor die verbruiks- en bestedingspatrone van voedsel in Suid-Afrika. Die verbruik word aangedui in kilogram per persoon per jaar en die verbruiksbesteding in miljarde rande per jaar.

Mielies is inderdaad nog dié landbouproduk met die hoogste verbruik per persoon in Suid-Afrika. In 2008 is 73,24 kg mielies per persoon verbruik. Dit is meer as 6 kg per maand vir elke persoon in die land! Dié verbruik het heelwat afgeneem van die meer as 80 kg per persoon in die jare 2000 tot 2005. Dié 73,24 kg is ook ‘n baie groot afname in vergelyking met die meer as 100 kg per persoon in die laat sewentigerjare. Meer hieroor later.

Koringverbruik herstel

Koring, teen 51,98 kg per persoon, is besig om ietwat te herstel nadat dit vir sowat 15 jaar minder as 50 kg per persoon was. Dit is die hoogste koringverbruik sedert 1998. Koring was voor 1990 meer as 60 kg per persoon. Nogtans is die verbruik van hierdie twee produkte (mielies en koring) steeds aansienlik hoër as enige ander landbouproduk.

Ander belangrike produkte sluit in alle soorte groente, uitgesonderd aartappels, waarvan 39,7 kg per persoon in 2008 verbruik is. Die verbruik van aartappels het baie afgeneem teenoor die meer as 50 kg per persoon in die jare 1975 tot 1990. Dit word gevolg deur sagte en sub-tropiese vrugte waarvan 33,03 kg per persoon verbruik is. Die verbruik hiervan is besig om te herstel nadat dit ‘n paar jaar onder 30 kg per persoon was. 

Aartappels staan uit onder die groentesoorte en toon op sy eie ‘n verbruik van 32,65 kg per persoon. Die verbruik van aartappels was baie konstant die afgelope paar jaar. Suiker is feitlik net so belangrik as aartappels in Suid-Afrikaners se dieet, aangesien 32,64 kg suiker per persoon in 2008 verbruik is. Die verbruik is ook baie konstant die afgelope aantal jare.

Dit is opvallend dat die verbruik van vleis heelwat minder is as dié van ander produkte. Die verbruik van witvleis in 2008 was 29,69 kg per persoon en dié van rooivleis 25,73 kg per persoon. Witvleis het egter toegeneem van ‘n skamele 6 kg per persoon in 1970 (‘n styging van 375%) en 19 kg in 1990 (53% styging). Rooivleis het gedaal van meer as 40 kg per persoon in 1970 en 34 kg in 1990.

Besteding op graanprodukte

Die totale besteding aan graanprodukte (brood, meel, ens.) was R76 miljard in 2008. Dit is ‘n toename van 245% van die R22 miljard wat in 1999 op die produkte bestee is.

Besteding aan vleis het in 2008 sowat R66 miljard beloop teenoor R27 miljard in 1999. Dit is ‘n toename van 144%. Die feit dat die besteding aan vleis só na aan die van graan is, word verduidelik deur die feit dat vleis ‘n aansienlik hoër prys per kg as graanprodukte het. Ná dié twee produkgroepe daal die besteding aansienlik.

Besteding aan melkprodukte en eiers het in 2008 altesaam R32 miljard beloop, teenoor R9 miljard in 1999 - ‘n toename van 256%. Besteding aan vrugte en groente het R30 miljard beloop en het die afgelope dekade met 150% toegeneem.

Die totale verbruiksbesteding aan voedsel het in 2008 sowat R246 miljard beloop. Dit is ‘n toename van 190% vanaf die R85 miljard wat in 1999 bestee is. Aan alkoholprodukte is in totaal R72 miljard bestee teenoor die R27 miljard ‘n dekade gelede - ‘n toename van 167%. Aan nie-alkoholiese dranke is R22 miljard bestee en aan tabakprodukte R23 miljard.

Die totale verbruiksbesteding aan voedsel, drank en tabak het in 2008 sowat R363 miljard beloop, teenoor die R132 miljard in 1999. Dit verteenwoordig ‘n toename van 175%.

Opsommend

Dit was in die vroeë sewentigerjare dat die eerste klaargaar-hoendervleiswinkels hul deure in Suid-Afrika geopen het en die enorme groei in die verbruik van witvleis kan sekerlik toegeskryf word aan die groei in hierdie tipe besigheid.

Die groei in die verbruik van witvleis was veral ten koste van graanprodukte, sowel as dié van rooivleis. Die groei in die kitskosbedryf kan sekerlik toegeskryf word aan die groter wordende middel-inkomstegroepe en ‘n groter wordende welvaart.

Die feit dat daar ‘n skerp styging in die totale besteding van graanprodukte was teenoor die feit dat die per kapita verbruik inderdaad afgeneem het, dui aan dat daar ‘n betreklik skerp styging in die pryse van dié produkte was. ‘n Beduidende verswakking in die besteding aan tabakprodukte is waar te neem, gemeet aan die styging in die besteding aan die ander produkgroepe.

* Kobus Smit is ‘n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee.

23 Maart 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot