AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Krag: Lynfooie druk boere flou

‘n Brief van 24 jaar gelede oor elektrisiteit is vandag van groter belang as destyds, skryf ‘n bekende in energiekringe.

‘n Brief van 24 jaar gelede oor elektrisiteit is vandag van groter belang as destyds, skryf mnr. Mias Adams, ‘n bekende in energiekringe.

Hy skryf: Ek moes plek maak in my kantoor en n hele klomp argiewe moes verskuif. Toe kom ek op hierdie een af.

Sommer net vir interessantheid. Dis na al die jare - 24 om presies te wees - dalk vandag meer van toepassing as destyds. Veral omdat die lynfooie van destyds nou ‘n ontsettende las op boere geword het. Destyds was dit omtrent verniet en het nie saak gemaak nie. Miskien daarom dat hierdie en ander briewe nooit indruk op enigeen gemaak het nie. Let op die gedeeltes in vet letters:


20 April 1987

Die Boer

Posbus 255

Silverton

Geagte Meneer

BRIEF VIR PLASING

Na aanleiding van u arikel oor Evkom-tariewe vir die landbou (Boer 3/87) net enkele gedagtes:

Voor die verpoeling van koste. was die besluit om Evkom aan te sluit in die boer se hande en geneem bloot om ekonomiese redes. Aangesien elkeen vir sy eie lyn moes betaal is omtrent net besproeingsplase bedien en dan meesal ook net waar plase nie te ver uit mekaar is nie. Evkom kwotasies tussen R200 en R800 per maand uitbreidingsgeld was normaal.

Sedert die Regering in November 1984 uitbreidingsgeld begin subsideer het teen R2 miljoen per maand vir 14 maande het Evkom binne bereik gekom van meer en meer boere.

Ek kon nooit glo dat die SALU die nuwe stelsel op 1 Januarie 1986 kon aanbeveel nie. Die misverstand soos in u artikel gemeld verklaar egter hierdie onbesonne besluit. Om nou terug te draai sal slegs moontlik wees met verdere Staatsubsidies.

Mens kan tog nie verwag dat die duisende boere wat intussen aangesluit het weer uitbreidingsgelde van honderde Rande per maand moet betaal vir 'n punt wat slegs vir huishoudelike gebruik aangewend word nie. Om terug te gaan na diesel enjins is ook absoluut buite die kwessie hoe dan gemaak met die bedradings koste, die stoof, die geyser, die ander geriewe??

Onder geen omstandighede sal die myne, nywerhede en Munisipaliteite toestem tot verpoeling saam met die landbou nie.

Gedurende 1986 spandeer Evkom omtrent R250 miljoen aan die bou van plaas lyne. Vir 1987 is R304 miljoen begroot. Hierdie koste word eenvoudig by die totale landbou rekening gevoeg. Hierdie bedrag sal jaarliks groter word soos meer afgeleë plase bedien word. Anders as met die ou tarief, kan uitbreidingsgeld nou jaarliks verhoog word. So ook die getal eenhede wat teen die verhoogde tarief aangeslaan word, dit is reeds van 600 na 1 000 verhoog.

Die basiese eenheidskoste is ook aan geweldige verhogings onderworpe. As ons in gedagte hou dat Evkom in 1985 reeds R22 000 miljoen oorsee geskuld het en dat hy 'n bouprogram begin het van ongeveer R30 000 miljoen (6 kragstasies @ R5 000 miljoen elk waarvan 5 teen 1990 voltooi moet wees.) Die 6 stasies se gesamentlike kapasiteit is 21.600 MW terwyl ons in 1985 ongeveer 24 000 MW kapasiteit gehad het. Maksimum een uurlikse aanvraag was 17 200 MW. Die jongste beraming is dat aanvraag sal groei teen 5.5% per jaar tot die jaar 2000.

In kort kom dit hierop neer dat Evkom se kapitaal en renteverpligtinge gaan verdubbel terwyl sy inkomste met 5% sal groei. Nou hoef mens nie 'n rekenmeester te wees om te besef dat genadelose tarief verhogings voor die deur lê nie. Vir boere en alle ander verbruikers.

Aangesien alle boere moet betaal vir nuwe uitbreidings, is dit nie nou tyd dat die SALU inspraak kry in nuwe uitbreidings nie. Aangesien die Minister indirek beskuldig word, is dit nie sy plig om nou dadelik alle uitbreidings te belet tot tyd en wyl hierdie saak uitgesorteer is nie. Hoe kan Evkom besluit wie krag moet kry en dan 2 km lyn gratis bou vir sekere boere terwyl ander daarvoor moet betaal.

'n Ander sy van Evkom krag wat ons in gedagte moet hou is die boer se ewige versugting na water. In elke streek in die land sal u boere raakloop wat hul boorgate leeggepomp het nadat Evkom aangelê is. Die effek van 'n laer watervlak op omliggende veld is duidelik waarneembaar in vernietigde veldweidings.

Reeds in 1982 het skrywer teen die effek van Evkom op die ekologie gewaarsku maar geen mens luister voordat sy sak nie geraak word nie.

Die voortbestaan van lewe op aarde is afhanklik van 'n paar basiese bestanddele:

1) Sny suurstof af en die mens sterf binne 3 minute.

2) Vernietig sy water vat dit 3 dae.

3) As hitte en energie verdwyn kan dit 3 weke duur.

4) Met die huidige voorrade kan mens 3 maande oorleef as die produksie van voedsel afgesny word.

Die son is die bron van alle energie.

Sonder die son is die aarde nie in staat om enigeen van hierdie kommoditeite te lewer nie.

Die enigste kontak tussen die mens en die son is plantegroei:

1) Slegs plante produseer suurstof.

2) Slegs plante produseer voedsel.

3) Alle energie (hout, steenkool, olie, gas) kom van plante af.

4) Slegs plante kan energie opgaar.

Om plantaardige materiaal (kos, gras, hout, steenkool en olie) om te sit in bruikbare energie vind daar verbranding plaas. En alle vorms van verbranding verbruik suurstof en gee kooldioksied af.

(Kan u sien dat grondbewaring eintlik beteken waterbewaring wat eintlik beteken plantegroei bewaring wat eintlik beteken oorlewing van die mens wat veronderstel is die Kroon van en heerser oor die Skepping te wees?) Met die verbranding van steenkool word ook nog groot hoeveelhede swawel dioksied in die lug vrygestel wat suurreën veroorsaak wat op sy beurt die plantlewe vernietig. Hierdie besoedeling bou in die atmosfeer en stratosfeer op en die resultaat sal katastrofies wees.

Evkom vernietig verder 2.3 liter water vir elke eenheid krag verkoop: water wat plantegroei kan onderhou.

Lugbesoedeling belemmer die uitstraling van die son na die aarde wat die groei van plante belemmer. Boonop veroorsaak sekere strale wat nooit die aarde moes bereik het nie, kanker en ander kwale. Hierdie beskermende laag om die aarde word vernietig deur o.a. saamgeperste lug bv. in aerosol kanne. (osone laag)

'n Verdere aspek wat kritiese afmetings kan aanneem is die dempende effek wat die uitbreiding van Evkom op alternatiewe energie het.

Met 'n uitbreidingsgeld van R3 000 ± per jaar sou 'n boer eerder sy diesel opwekker behou en probeer bespaar deur batterye, son panele, windlaaier, water turbines, spesiale vreiskaste, ens. in te skakel. Met 'n belofte van aansluiting binne 5 jaar, sal geen boer egter sulke duur toerusting koop nie. Daar is sekere dele waar Evkom nooit sal bykom nie. Hierdie mark word egter so klein dat dit net nie die moeite werd is om sulke produkte te vervaardig of te versprei nie. Daar het reeds verskeie van die ondernemings gesluit. Om verstaanbare redes neem die vertroue in ander vervaardigers af.

Slegs afgeleë boere kan alternatiewe energie ekonomies gebruik. As die mark verdwyn staak navorsing en ontwikkeling. Vergeet dus van alternatiewe energiebronne vir die +18 miljoen mense in S.A. wat tans sonder Evkom is.

Aangesien die gevestigde boere tog nou vir krag na afgeleë plase moet betaal hoekom kan 'n bedrag gelyk aan die koste van die kraglyn nie aan die boer beskikbaar gestel word om sonpanele ens te installeer nie. Ons het reeds bewys dat alternatiewe vorms van kragopwekking in baie gevalle goedkoper kan wees veral as die kraglyne langer as 2 km is.

Alle boere in die afgeleë streke sal selfs 'n lening op redelike terme nuttig kan aanwend.

Dit is darem nie net Evkom wat moet instaan vir genoemde ekologiese katastrofe nie, olie raffinaderye, voertuie, oorbevolking, verstedeliking, oorbeweiding, verspoeling. Die mense se ewige sug na meer en nog meer.

As die natuur sy gang gegaan het, sou die getal mense en diere teen hierdie tyd drasties minder gewees het veral met die huidige droogte. Met ons sogenaamde ternologiese kennis hou ons egter 'n kunsmatige beskawing aan die gang.

Die uwe

NELSON ADAMS

10 Augustus 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
+0.8%
Rand - Pond
20.96
+0.3%
Rand - Euro
18.05
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,776.74
+0.3%
Silwer
22.54
+1.5%
Palladium
1,851.00
0.0%
Platinum
999.26
+0.8%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Bok vir Sports ....nie sommer iets wat ek nie sal try nie
Ek is n opwindende mensie wat glad nie kan of wil stilsit nie. enige iets wat buite die huis gedoen kan word is ek game voor. lank genoeg toe gesluit gewees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot