
Die Towards Biosolar Cells-program en die Nederlandse departement van landbou, natuur en voedselgehalte wil die doeltreffendheid van plante en alge se fotosintetiese omskakeling van sonlig na energie en boumateriaal verhoog om volhoubare groen energie, die voedselvoorraad en biomassa te bevorder.
Die son verskaf elke uur soveel energie as wat die wêreld se bevolking in ’n jaar gebruik en kan ’n alternatief vir ál skaarser fossielbrandstowwe wees. ’n Beter begrip van die proses wat plante gebruik om energie en voedingstowwe op te berg, kan ons help om self energie te produseer, of dit te verbeter om nuwe produkte te maak.
Towards Biosolar Cells het drie doelwitte:
Die verhoging van die fotosintetiese doeltreffendheid van plante, wat groter biomassa en meer energie per oppervlakte sal produseer.
Die uitskakeling van die biomassa-stadium en die regstreekse produksie van brandstowwe wat ’n vorm van alkohol as ’n tipe biobrandstof tot gevolg kan hê.
Om sonligversamelaars met natuurlike en tegnologiese komponente te skep wat brandstof, eerder as elektrisiteit, verskaf.
Ses universiteite, 30 maatskappye, ’n hoër instituut vir beroepsvoorligting en die Nederlandse organisasie vir wetenskaplike navorsing is by die program betrokke. As toevoeging sal opvoedkundige aktiwiteite oor die wetenskaplike navorsing van fotosintese vir studente in sekondêre en hoër onderwys aangebied word.
4 Augustus 2009