AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Kwadrupleeg hou leisels stewig

Dit is ’n vriendelike bruingebrande boer wat, vanuit ’n rolstoel, met groot geesdrif en gesag oor die boerdery en graanmarkte praat.

Dit is ’n vriendelike bruingebrande boer wat, vanuit ’n rolstoel, met groot geesdrif en gesag oor die boerdery en graanmarkte praat.

“Kyk my 4x4. Hiermee kan ek nou enige plek ry waar ek wil wees – ook in die lande. Ek kan nou ook proewe besoek,” sê mnr. Ampie Bredenkamp van die plaas Lieberwalt, Vanderkloof, oor sy elektriese rolstoel met die lekker vet wiele wat spesiaal vir hom gebou is. Dit kom net-net en netjies gestuur deur die deuropening.

Met geesdrif begin hy sommer dadelik praat oor die boerdery waarin hy hom uitleef. “Ek is bevoorreg om te kan doen waarvan ek hou.” Die bestuur en administrasie van die besproeiingsboerdery is sy verantwoordelikheid. Hy doen alle bestellings van gifstowwe, kunsmis of enige benodigdhede en betaal die rekenings.

Die internet is nuttig wanneer hy bankstate nodig het vir die boerdery se boekhouding wat hy weekliks op datum hou. Foto hieronder: Ampie by sy rekenaar.

Waarin hy hom egter klaarblyklik uitleef, is om heeltemal op die hoogte te bly van die graanmarkte. Hy is ingelig oor Safex, voorskotte, koop en verkoop. Hy kry sy inligting op die internet en sy besluite “werk so nege uit die tien keer”.

Ampie het aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en is ’n kenner van besproeiing. Hy was 18 jaar gelede in ’n motorongeluk tussen Koffiefontein en Luckhoff waarin hy verlam is. Hy het aan die slaap geraak agter die stuurwiel. In daardie stadium was hy besig met ’n meestersgraad wat hy toe gestaak het.

Ná die ongeluk was hy agt maande lank in die hospitaal en toe hy daarvandaan terugkom by die huis, het hy geleidelik by die boerdery betrokke geraak.

Sy universiteitsopleiding kom hom nou goed te pas wanneer hy die besproeiingskedulering en bemestingsprogramme vir die saaiboerdery moet uitwerk. “Die lande moet minstens 500 mm diep nat wees.” Om dit vas te stel, is sy helper, mnr. Johnny Matthews, byderhand met die grondboor. “Ons gaan die proses rekenariseer met peilstiffies in die lande.”

Ampie werk die bemestingsprogram deeglik uit en hou toesig dat dit korrek uitgevoer word. Hy het ’n eie perseel aan die Vrystaat-kant van die Oranjerivier waar hy heeltemal op sy eie boer. Sy pa, Fanie, en broers, Jannie en Stephan, behartig die boerdery volgens Ampie se beplanning en help hom in plant- en strooptyd op sy eie perseel.

Hy is veral opgewonde oor proewe wat hulle op die plaas doen met grondindringing van water. Hul grond het ’n hoë slik-inhoud en is taamlik kalkagtig en brak. Hulle het goeie resultate behaal met proewe oor geenbewerking deur mielies regstreeks in koringkaf te plant. Die waterindringing het aansienlik verbeter en die saad ontkiem ook beter omdat die grondtemperatuur laer is. Nadat die mielies gestroop is, brand hulle die lande voordat weer koring geplant word.

Soos wat Ampie geesdriftig oor die boerdery praat, kom ’n mens agter hy het sy vinger deeglik op die pols van die saaiboerdery. Die saaiery beslaan tans 400 ha met nóg vier spilpunte wat opgerig word.

Net so geesdriftig is hy oor sy 4x4-rolstoel, wat ’n ander gestremde man in Krugersdorp vir hom gebou het, en sy bussie wat hy vir sy vervoer laat inrig het. Hy vertel weer van die frustrasies en hoe hy voorheen gesukkel het om in die lande te kom. Nou kan hy oral kom.

Hy ry met die 4x4 tot op die hyser van die bussie waar Johnny, wat sy regter- en linkerhand én sy voete is, hom in die bussie laai. Daar ry hy tot in die middel van die bussie sodat Johnny hom kan vervoer waar hy wil wees. En met baie jare se ervaring en deernis ry Johnny stadig en versigtig oor die ongelykhede in die pad tot by die land – draai die bussie geduldig en vaardig sodat Ampie in die land kan sien en uitwys waar die mielies anders lyk waar dit in die stoppels geplant is.

Dit is ook nie te veel moeite om meer as een keer by die land “uit te klim” en reg te sit vir ’n foto nie. Wanneer die 4x4 oor die ongelykte loop, staan Johnny reg om te keer as die stoel dalk omval.

Johnny is ook in die huis, wat Ampie vir hom laat inrig het met telefoon, selfoon en rekenaar en waar hy alleen woon, die man wat die handewerk van die administrasie doen. Ampie tik self met ’n stokkie in die mond. Met sy linkerhand, wat ook die rolstoel beheer, kan hy die rekenaarmuis skuif en klik.

Hy meen ’n gestremde is meer toegewyd in sy werk, want hy het geen ander afleiding nie. Die welslae van dinge hang daarvan af dat dit gou en reg afgehandel moet word.

Wanneer die weer nie toelaat dat hy na die lande gaan nie, skilder Ampie – ’n talent wat hy ná sy ongeluk ontdek het. Hy het verf en doeke gekry en van foto’s af begin skilder – alles met die mond. “Dis baie bevredigend om te skilder – ’n uitdaging om iets te skep.”

En hoe kry hy dit reg om so vrolik en blymoedig te bly ondanks sy gestremdheid? “As kind van die Here het ek my situasie aanvaar en nie daarteen geskop nie. Ek maak die beste van die saak en bly aktief betrokke by die boerdery. Ek bly besig met graanverhandeling. Dit hou my kop besig sodat ek my nie sit en verknies nie.”

Landbouweekblad, 11 Mei 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.00
+1.0%
Rand - Pond
20.32
+1.0%
Rand - Euro
17.56
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.37
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,750.35
+0.5%
Silwer
21.27
+1.6%
Palladium
1,840.00
-0.5%
Platinum
1,006.11
+1.3%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot