
Die huidige ontknoping van die KWV het dié maatskappy gemotiveer om te verseker dat sy status vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) nie benadeel word nie. Die geakkrediteerde SEB-kontroleringsagentskap AQRate se besluit om die KWV se SEB-telkaart van ’n vlak 7 tot ’n vlak 5 te verhoog, was dus baie welkom.
Die maatskappy is in 2007 as ’n vlak 7 geklassifiseer. Die grootste verandering sedert dié klassifikasie is die volle bewys en verifikasie van die Phetogo-konsortium, wat ’n aandeel van 25,1 % in KWV beperk het, “as deel van die eienaarskap-element”, luidens ’n mediaverklaring van die maatskappy.
Aanduidings is dat Phetogo sy belang in Capevin Beherend, wat ’n onregstreekse aandeel in Distell besit, en KWV Beherend, die nuwe maatskappy wat die KWV se handelsmerke en bedryfsake hanteer, sal handhaaf. Die maatskappy se bemagtigingstrust vir werknemers besit aandele in Capevin Beherend en beoog om sy aandeel in KWV Beherend te vergroot.
“Dit sal ’n uitdaging wees om dié telling te handhaaf en daarop te verbeter, maar ons is daartoe verbind om vindingryke maniere te vind om die KWV se belanghebbers verder te bemagtig. Ons planne vorentoe is om te fokus op aanstellings op grond van gelyke geleenthede en vaardigheidsontwikkeling, aangesien dié twee elemente die potensiaal het om ’n gunstige uitwerking op die KWV se telkaart te hê.
30 Julie 2009