AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Laer vleispryse nie deurgegee

Skaap- en beesvleispryse in die Wes-Kaap daal deurlopend sedert die begin van die jaar, maar hoekom bly steak in restaurante duur?

Skaap- en beesvleispryse in die Wes-Kaap daal deurlopend sedert die begin van die jaar. Dit is goeie nuus vir verbruikers, maar hoekom bly vleissnitte in restaurante duur en word laer pryse nie ook dáár aan die verbruiker deurgegee nie? vra die voorsitter van die Wes-Kaapse RPO.

Terwyl die vuisvoos verbruiker skarrel om kop bo water te hou, is daar goeie nuus vanuit die rooivleisbedryf. Die prys van skaap-, lams- én beesvleis het reeds aansienlik gedaal in die eerste kwartaal van vanjaar.

Tog kom die laer pryse wat produsente ontvang, nie altyd by die verbruiker uit nie.

Mnr. John Dürr, voorsitter van die Wes- Kaapse tak van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê dit moet egter onthou word dat boere óók verbruikers is. Soos verwerkers en handelaars moet boere brandstof, elektrisiteit, arbeid en water betaal om voedsel te kan produseer. Dus is die verbruiker, verwerker en handelaar almal in dieselfde bootjie. Die verskil is die waardetoevoegende dienste wat gelewer word om die produk so aantreklik moontlik aan te bied.

Duurste snitte lamsvleis

Hy sê rakpryse van rooivleis in die Wes-Kaap het nie – soos baie “kenners” voorspel het – in die afgelope feestyd die hoogte ingeskiet nie. Die prys van die duurste snitte lamsvleis (lendetjops) het gewissel van R88/kg tot R130/kg. Van hierdie pryse was reeds vasgestel toe die produsenteprys van lamsvleis middel 2011 sowat R65/kg was (R57 plus BTW). Daarna het produsentepryse met nóg 17% gedaal tot die huidige vlakke van R51,30 (R45 plus BTW)tot R53,58 (R47 plus BTW).

Die RPO is saam met verbruikers dankbaar vir dié winkels wat wel die verlaagde pryse deurgegee het en dit steeds doen. “Ons vertrou dat hul rooivleisverkope dienooreenkomstig sal toeneem”.

Talle winkels het stelsels wat verseker dat verbruikers tot laat saans – Sondagaande selfs tot 20:30 – steeds ’n heel lam kan gaan koop teen bekostigbare pryse. Dit het ’n dienswaarde wat nooit uit die oog verloor moet word nie,meenhy. Sekere winkels bied heel lammers aan teen so laag as R56/kg en lendetjops teen R80/kg. “Hulle lewer ’n spesiale diens aan verbruikers.”

Die RPO sou egter wil sien dat winkels nie net die pryse van heel en halwe lammers laat daal nie. ’n Lam van 20 kg teen R57/kg jaag die verbruiker R1 140 uit die sak, en min verbruikers kan dit bekostig. Die meeste verbruikers – 70%, volgens Samic – koop vleis in kleiner porsies en kry dus nie deurlopend die voordeel van die 17%-daling in produsentepryse nie.

Alle grade beesvleis

Die produsenteprys van beesvleis daal ook. Die RPO sal wil sien dat hierdie verlagings ook aan die verbruiker deurgegee word. Die prys van alle grade beesvleis (pers rolmerk – A-graad; groen – AB; bruin – B; en rooi – C) het reeds met meer as 13% gedaal. Party winkels bied snitte kruisskyf en lendeskryf teen pryse laer as R90/kg aan. Sommige winkels het egter subtiel – nadat hul pryse deur spesiale aanbiedings laat sak het – dit weer verhoog, terwyl produsentepryse sedert begin Januarie konstant daal.

“Ons sal ook wil sien dat die pryse van minder gewilde snitte in verhouding daal sodat ook die laer inkomstegroepe beesvleis meer bekostigbaar kan kry,” sê Dürr. “Ek wonder ook soms hoe die prysstrukture van restaurante werk. Hoe lank moet varsvleispryse laag bly voordat ook hulle hul pryse laat sak? Verhoog hulle dan nie elke keer hul pryse as produsentepryse styg nie?”

Die prys van speenkalwers het ook in die laaste paar weke begin daal. Dit is in die Wes-Kaap nou sowat 14% laer as in die laaste deel van verlede jaar.

Heelwat lammerkarkasse uit Namibië is landwyd beskikbaar. Dit dra daartoe by dat ondanks die lae aanbod van lammers uit die Wes-Kaap, daar nie veel opwaartse beweging in die produsenteprys van lams- en skaapvleis is nie. Dit is egter ’n jaarlikse neiging, en pryse het in die verlede weer na normaal teruggekeer as die “Namibiese seisoen” verby is.

16 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van aĺl black rugby
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot