
Honderde opkomende en kommersiële boere gaan hul grond verloor omdat hulle nie hul lenings kon terugbetaal nie. Die bank het op 30 Junie geregtelike stappe teen die 283 opkomende en 274 kommersiële boere geneem.
“Ons het met die boere gepraat en hul lenings probeer herstruktureer, maar hulle sukkel steeds om hul paaiemente te vereffen. Toe ons die moratorium op die invordering van onbetaalde lenings in Julie verlede jaar gelig het, het ons inkomste van R40 miljoen tot R140 miljoen per maand gestyg,” sê mnr. Phakamani Hadebe, hoof van die bank.
Hy sê ook dat dit die bank R1,2 miljard per jaar sou kos as hy nie die moratorium gelig het nie. Mnr. Otto Mbangula, voorsitter van die National African Farmers’ Union, meen die Land Bank moet nie as ‘n kommersiële bank optree nie. Dr. John Purchase van die Landboubesigheidskamer sê sy organisasie stel vas hoe om die sukkelende boere by te staan.
Bron:
3 Augustus 2009