AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Landbou deel in beleidsplan

Die landbou se bydrae tot nywerheidsontwikkeling, werkskepping en ontwikkeling kan verbreed word, meen Agri SA.

“Die landbou kan ‘n groter bydrae as tans lewer tot nywerheidsontwikkeling, werkskepping en ontwikkeling op ‘n breë basis.” Dit is die opinie van mnr. Hans van der Merwe, die uitvoerende direkteur van Agri SA, nadat dié organisasie ‘n voorlegging aan die portefeuljekomitee van handel en nywerheid gedoen het.

Van der Merwe meen egter dit kan slegs gebeur mits beperkende wetgewing aangepas en ‘n meer produksie-vriendelike omgewing geskep word. Agri SA het die komitee ingelig oor die landboudimensies van die “Industrial Policy Action Plan” (IPAP), na hy genooi is om die komitee toe te spreek.

Dié plan is vroeër die jaar deur mnr. Rob Davies, die Minister van Handel en Nywerheid, voorgelê, en landbouverwerking en bio-brandstof is van die fokuspunte daarin.

Neigings in die sektor

Van Der Merwe sê die komitee is ingelig oor ekonomiese neigings in dié sektor, en ook oor groei in produktiwiteit wat geleenthede vir ontwikkeling skep.  “Dit vind egter nie neerslag in ‘n groter bydrae van die sektor tot die ekonomie en meer spesifiek ten opsigte van die binnelandse verwerking van produkte nie. Tewens, Suid-Afrika het die afgelope paar jaar al hoe meer verwerkte voedselprodukte ingevoer teenoor sy uitvoerprestasie,” verduidelik Van der Merwe.

Volgens die verklaring het die uitvoer van verwerkte produkte met 32% toegeneem van 2003 tot 2007, van R13,7 miljard in 2003 tot R18,1 miljard in 2007. Terselfdetyd het die invoer van verwerkte produkte met 132% toegeneem van R10 miljard in 2003 tot R23,3-miljard in 2007.

Verskeie voorstelle

Van der Merwe sê verskeie voorstelle is aan die komitee deurgegee. Een is om die Strategiese Plan van die Landbou by die IPAP te inkorporeer.  ‘n Spesifieke handel- en tariefbeleid vir die landbousektor as deel van IPAP moet ook ontwikkel word.

Die landbou-afvaardiging het ook gevra dat landbou- en ander wetgewing, wat ‘n ongunstige impak op die landbou het, soos dié van water en mynwese, dringend herstel of hersien moet word. ‘n Versoek is ook gerig dat grondhervorming realisties ten opsigte van die ekonomie moet geskied. 

Mnr. J.L. Febbs, die voorsitter van die komitee, het die afvaardiging versoek om die komitee skriftelik in te lig oor arbeid in die sektor, die rol van koöperasies, die rol van vroue in die landbou, die benadering teenoor transformasie en die impak van wisselkoerse op die landbou.

5 Maart 2010
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot