
Die beleidsomgewing waarbinne Suid-Afrikaanse boere moet werk en leef, verander gunstig, sê mnr. Jannie de Villiers, voorsitter van die Wintergraantrust en uitvoerende direkteur van die Meulenaarskamer.
Hy het op ’n boeredag van die landbou-onderneming VKB op Reitz gesê hy ondervind ’n sterk gewaarwording in regeringskringe dat voedselsekerheid – met koring as een van die belangrikste gewasse – voorkeur begin geniet. Hy sê dit is onwaarskynlik dat prysbeheer weer ingestel sal word.
Wat die land se internasionale handels- en tariefbeleid betref, is daar volgens hom ruimte vir verbetering. Hy sê die landbou is een van die bedrywe in die ekonomie wat die geskikste is vir werkskepping vir ongeskoolde werkers.
“As ons groei in die landbou kan bewerkstellig, kan ’n klomp werksgeleenthede geskep word. Dit is een van die staat se grootste voorrangsake. Dit is waar die landbou se geleentheid tans lê,” het hy gesê.
18 Desember 2009