AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Landbouproduksie groei met 7%

Die bruto waarde van landbouproduksie het in die 2010/’11-produksiejaar R138,9 miljard beloop.

Die bruto waarde van landbouproduksie het in die 2010/’11-produksiejaar R138,9 miljard beloop. Dit is R9 miljard of 7% meer as in 2009/’10. In 2009/’10 was die bruto waarde R129,9 miljard.


Die bruto waarde van landbouproduksie verteenwoordig die waarde van die primêre plaasprodukte by die plaashek, dit wil sê voordat enige verdere waarde tussen die plaas en die verbruiker toegevoeg word.


Die bruto waarde van akkerbougewasse het R34,9 miljard beloop in 2010/’11 teenoor R30,4 miljard die vorige jaar. Dit is ’n toename van 14,6%. (Sien grafiek 1 hieronder.) Die bydrae van akkerbougewasse tot die totale waarde van landbouproduksie beloop 25%.


Die produkte wat die grootste bydrae tot die bruto waarde gelewer het, was mielies met R15,1 miljard, suikerriet met R5,3 miljard, sonneblomme, hooi en koring met net meer as R3 miljard elk en sojabone met R2,3 miljard.


Hoewel mielies oor baie jare heen die grootste enkele bydrae gelewer het, was die bydraes baie wisselvallig. So bv. het dit in 2005/’06 slegs R7,4 miljard beloop, maar twee jaar later, in 2007/’08, was dit ’n rekord R21,9 miljard. Koring was ewe-eens wisselvallig met R5 miljard in 2008/’09 om twee jaar later, in 2010/’11, tot R3,1 miljard te daal. Enkele produkte het hul bydrae tot die bruto waarde die afgelope seisoen meer as verdubbel.


Wattelbas

Wattelbas se bydrae het met 244% gestyg vanaf R37 miljoen die vorige seisoen tot R127 miljoen in 2010/’11. Wattelbas het egter in 2009/’10 sy swakste seisoen in meer as 15 jaar beleef.


Katoen het met 135% toegeneem vanaf R90 miljoen tot R213 miljoen, en sonneblomme het met 112% gestyg vanaf R1,5 miljard tot R3,2 miljard in die huidige seisoen. Katoen en sonneblomme het egter oor ’n lang tyd baie wisselvallig vertoon. Lusernsaad se bydrae het van R13,5 miljoen tot R8 miljoen afgeneem – ’n afname van 41%. Die produk se bydrae daal al die afgelope drie jaar.


Tuinbouprodukte lewer sowat ’n kwart van die totale bruto waarde van landbouproduksie. Die bruto waarde van tuinbouprodukte vir 2010/’11 was R35,4 miljard teenoor die R33,9 miljard die vorige seisoen. Dit is R1,5 miljard meer en verteenwoordig ’n groei van 4,5%. (Sien grafiek 1 hieronder).


Die produkte wat die grootste bydraes gelewer het, was sagte vrugte met R8,9 miljard, groente (aartappels uitgesonder) met R8 miljard, sitrusvrugte met R6,5 miljard, aartappels met R4,7 miljard en druiwe met R3,7 miljard.


Sagte vrugte, groente en druiwe het oor die jare geleidelike groei getoon met min skommelinge. Aartappels het vir die eerste keer in ’n lang tyd ’n effense afname getoon. Sitrusvrugte het die grootste groei getoon met ’n toename van 40% vanaf die vorige jaar se R4,6 miljard.


Die bedryf het sy beste jaar nóg beleef. Twee produkte, naamlik droëvrugte en tee (rooibos uitgesluit) toon groot afnames. Droëvrugte het van R656 miljoen in 2009/’10 tot R286 miljoen in 2010/’11 gedaal. Dit is ’n afname van R370 miljoen of 56,5%. Tee het van R39 miljoen in 2009/’10 tot R25 miljoen in 2010/’11 gedaal. Dit is R14 miljoen of 35,8%. Albei produkte het hul swakste jaar sedert 2004/’05 beleef.


Grootste bydrae deur veeteeltprodukte

Veeteeltprodukte lewer verreweg die grootste bydrae tot die bruto waarde van landbouproduksie met ’n gemiddelde van sowat 50% die afgelope paar jaar. Dit het met R3 miljard toegeneem van R65,6 miljard in 2009/’10 tot R68,6 miljard in 2010/’11.  (Sien grafiek 1 hieronder).


Die produkte wat die grootste bydrae hierdie seisoen gelewer het, was pluimveevleis met R25 miljard, bees- en kalfsvleis met R15,8 miljard, melk met R 9 miljard, eiers met R 6 miljard, skaap- en bokvleis met R3,8 miljard en varkvleis met net meer as R3 miljard. Pluimveevleis, varkvleis en melk toon sterk groei die afgelope paar jaar.


Melk is reeds die afgelope vier jaar bo R9 miljard. Bees-, kalfs- en skaapvleis toon redelik konstante groei. Die grootste groei is in wolproduksie ondervind van R1,4 miljard tot R1,7miljard. Dit is ’n toename van 21,5%. Karakoelpelse het verbeter van R7 tot R8 miljoen (17%).


Wol en karakoelpelse is albei in ’n herstelfase nadat die bruto waardes ’n tyd lank baie laag was. Afnames is ondervind deur volstruisprodukte van R485 miljoen tot R362 miljoen (25%) en melk R9,5 miljard tot R9,1 miljard (4,4%). Volstruisprodukte het met R485 miljoen in 2009/’10 die beste jaar in ’n baie lang tyd  beleef.


Grafiek 1

Produksievolumes ook belangrik

Om te bepaal of daar werklike groei in landbouproduksie was, moet ook gekyk word na die produksievolumes. Die totale groei in die volume van landbouproduksie in die 2010/’11-seisoen was ’n skamele 0,02%; vir alle praktiese doeleindes dus dieselfde as in 2009/’10.


Die volume van akkerbougewasse het dié seisoen met 4,2% afgeneem. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat hierdie indekssyfer daal en dit is nou laer as in 2005, die basisjaar. Die volume van tuinbougewasse is nou vir bykans drie jaar onveranderd. Daarteenoor het diereproduksie met 1,8% toegeneem.


Al lyk die syfer redelik klein, is die invloed daarvan groot omdat diereprodukte 50% van die totale landbouproduksie verteenwoordig.

Grafiek 2


’n Verdere interessante feit uit die statistiek is dat voedselproduksie, wat sowat 94% van die totale landbouproduksie uitmaak, met 0,37% afgeneem het. Nie-voedselproduksie, wat slegs 6% van die totale produksie uitmaak, het egter met 8,6% gegroei.


Slot

In die algemeen het die bruto waarde van landbouproduksie met byna 7% toegeneem, terwyl die volume feitlik onveranderd was. Dit beteken dus ’n reële groei in die pryse van landbouprodukte.


Die bruto waardes van akkerbougewasse het met 14,6% gegroei teenoor ’n afname van meer as 4% in die produksievolume. Pryse van akkerbougewasse het dus wesenlik toegeneem en is waaarskynlik die hoofstimulant vir die algemene toename in landboupryse.


Die toename van 4,5% in die bruto waarde van tuinbouprodukte sonder enige noemenswaardige groei in die volume, beteken ’n heelwat kleiner prysstyging by die produkte as by akkerbou.


By veeteeltprodukte was die groei in bruto waardes 4,7% en die toename in volumes 1,8%. Dit is ’n aansienlik kleiner gaping wat beteken dat pryse baie minder gestyg het as by die ander twee vertakkinge van landbouproduksie.


Bronne:

• Kortbegrip van landboustatistiek - 2011; Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

• Direktoraat Landboustatistiek; Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.


23 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot