AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Lang hersteltyd ná Karoo-brande

Ná die brande in Colesberg gaan Karoo-veld 'n lang hersteltyd – dalk tot vier seisoene - nodig hê, sê 'n weidingkundige.

Wat gevrees is is toe ongelukkig bewaarheid - grootskaalse brande in die Karoo. Wie sou kon dink dat planne beraam sou moes word om gebrande Karooveld weer te probeer herstel? Almal was opgewonde oor die vorige seisoen se bo-gemiddelde reënval wat 'n ontploffing van grasse in die Karoo in die hand gewerk het.

Dit is dan juis hierdie baie grasse, wat so wit in die Karoo staan, wat 'n geweldige warm vuur veroorsaak het met groot skade aan die plantegroei - veral die bossie-komponent.


Aangesien die Karooveld nie normaalweg onderhewig is aan grootskaalse/jaarlikse brandskade nie, is nie baie navorsing bekend rondom die impak van vuur op die plante groei en veral bossies nie. In grasvelddele is die impak van vuur op die grond en plante wel uitsorteer met sekere riglyne vir vinnige veldherstel.


Die algemene afleidings wat rondom die Colesberg-brand gemaak kan word is die volgende:

1. Weens die baie gras, as gevolg van die goeie reënval die vorige seisoen, moes dit 'n besondere warm vuur genereer het. Hoe warmer die vuur, hoe groter die impak daarvan op die plantegroei en die grond. Soos verneem, het die vuur gelukkig gepaard gegaan met sterk winde van tyd tot tyd wat die impak op die plante miskien bietjie kon versag het. Maar die feit van die saak is dat wel genoeg skade aan die bossies self aangerig moes gewees het.

2. Die vlambaarheid van Karoo-bossies is iets waaroor daar ook nog nie intensiewe navorsing oor gedoen is nie. Die algemene afleiding wat gemaak kan word is dat meeste bossies wel 'n hoe hars inhoud/konsentrasie bevat wat dit besonder vlambaar maak. Hierdie vlambaarheid bring dus mee dat indien so 'n bossie wel brand, dit ook met groot vernietiging gepaard gaan. Sekere Karoo-boere getuig daarvan dat gebrande veld ná selfs vier groeiseisoene steeds nie ten volle herstel het nie. Die bossies wat nie morsdood gebrand het nie, moet van nuuts af weer uitloop en daar word staat gemaak op nuwe saailinge.

3. Saam met die bossies- en grasplante wat dood gebrand het, is daar ook 'n groot komponent van die sade in die grond wat vernietig is. Hierdie saadbron is besonder belangrik vir 'n volhoubare funksioneting van die weiding-ekosisteem. Sonder 'n goeie saadbank in die grond is veldherstel baie stadig.

4. Waar 'n warm vuur wel voorgekom het, kan verwag word dat baie bossies moontlik totaal doodgebrand het en gevolglik 'n lae plant bedekking gaan laat - asook 'n lae produksie. Sulke veld sal gevolglik vir ank gerus moet word vir volledige herstel.

5. Gewoonlik ná so 'n brand is dit meesal swak meerjarige en pioniergrasse wat domineer weens die swakker kompetisie van die bossies wat dood of gedeeltelik dood is. Dit laat die Karooboer met 'n baie lae weidingkapasiteit vir die komende aantal jare. Vermindering van diere getalle is ongelukkig die enigste antwoord op die probleem.

6. Soos reeds genoem, laat die afsterwing van plante ook 'n laer plantbedekking agter. Hierdie groter blootstelling van die grond aan die natuurelemente beinvloed die mikro klimaat van die omgewing aansienlik. Hier word gedink aan hoër reenval afloop en hoër grondtemperature, asook hoër grond kompaksie. Dit alles gee aanleiding tot 'n swakker waterverbruiksdoeltreffendheid. Ongelukkig is reënval die beperkende omgewingsfaktor wat produksie in hierdie droër gebiede beinvloed wat so doelftreffend moonlik benut moet word.

7. In die sentrale grasveldgebied byvoorbeeld waar die graskomonent en -bedekking baie hoër as in die Karoo is, is bevind dat ten minste 'n volle groeiseisoen (en moonlik nog 'n deel van die daaropvolgende seisoen ook) se rus aanbeveel word ná 'n brand. Dit hang natuurlik ook van die reënval af wat die volgende seisoene sal oplewer. Die eerste jaar ná die brand was die produksie die helfte van die van ongebrande veld. Dit neem twee seisoene vir gebrande veld om weer op te vang. Indien hierdie Vrystaat-resultate afgespeel word teenoor die situasie in die Karoo (met sy laer plantbedekking en bossie-komonent) sal 'n veel langer rus vir veld herstel noodsaaklik wees.

8. Anders as met grasveld in die droër dele, waar noodgedwonge op gebrande grasveld teruggeval kan word (met ook natuurlik die nadelige ekologiese gevolg), is dit veel moeiliker in die Karoo. Die bossies herstel veel langer waarop teruggeval kan word en veegetal-vermindering is gevolglik, soos reeds genoem, die enigste oplossing.


*Geskryf deur prof. Hennie Snyman, departement Vee, Wild en Weidingkunde, Vrystaatse Univeristeit.


13 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot