AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Lang skadu's hang wêreldwyd

Veeartsenykundiges worstel wêreldwyd met parasiete wat weerstand teen veemiddels opbou.

Op die internasionale veeartsenykundige kongres oor beeste is geworstel met die wêreldwye probleem van parasiete wat weerstand teen veemiddels opbou.

Dit is herfs. Die honderde palmbome wat die Promenade des Anglais in die Franse vakansiestad Nice omsoom, gooi lang skaduwees in die laatmiddagson. In die Acropolis-konferensiesentrum, net 'n paar straatblokke verder, vorm sowat 3 000 veeartse en wetenskaplikes van 76 lande die uitgelese gehoor op die 24ste internasionale veeartsenykundige kongres oor beeste.

In sy verwelkoming maan dr. Jan van Diest, die uitvoerende hoof van Bayer Dieregesondheid in Frankryk, dat indien rooivleis- en melkboere mededingend wil bly, feller druk op hulle sal ontstaan om hul produkte teen laer winsmarges te lewer. "Ook die vervaardigers van veemedisyne sal hierby moet aanpas. Dit sal moeilik wees,want dit duur jare om nuwe veemiddels te ontwikkel. Boonop word die regulasies ál strenger om dit goedgekeur te kry."

Van Diest wys daarop dat dit die vervaardigers van veemiddels tussen R400 miljoen en R650 miljoen kos om 'n enkele nuwe middel op die mark te plaas en dat dit in die toekoms nog duurder sal word.

Uit die referate en die besprekings blyk dit duidelik dat die bestandheid van parasiete en 'n gebrek aan nuwe molekules of aktiewe bestanddele om dit die hoof te bied, vorentoe van die grootste knelpunte en uitdagings vir die veebedryf sal wees. In dieselfde asem kan die voorkomende behandeling van nuwe siektes genoem word. Verskeie navorsers is bekommerd oor nuwe stamme van bestaande siektes wat besig is om in verskeie lande pos te vat.

Die boodskap aan boere was om die bestaande veemiddels oordeelkundig aan te wend en meer aandag aan die bio-sekuriteit op hul plase te gee. Hulle moet oorweeg om eerder met geslote kuddes te boer en moet sorg dat hul grensdrade in 'n goeie toestand is. Die diere wat hulle inkoop, behoort 'n protokol van toetse te ondergaan om seker te maak dat hulle nie vreemde siektes op 'n plaas inbring nie.

Dr. Tobie Oosthuizen, die bemarkingsbestuurder van Bayer se veeafdeling in Suid-Afrika, stem saam met Van Diest dat boere meer mededingend sal moet word. "Dit beteken egter ook dat die boere van die verskaffers van veemiddels verwag om hul produkte teen die beste moontlike prys beskikbaar stel. Wat 'n mens egter nie uit die oog moet verloor nie, is dat dit die ontwikkelaars van veemedisyne miljoene rande kan kos om 'n nuwe produk te ontwikkel en op die mark te bring - sonder 'n waarborg dat dit noodwendig 'n finansiële sukses sal wees.

"Boonop is daar mededingende maatskappye, wat, sodra 'n nuwe middel geregistreer is, al planne beraam om 'n soortgelyke generiese produk op die mark te bring. Laasgenoemde maatskappye het die voordeel dat hulle nie die oorspronklike ontwikkelingskoste van die middels dra nie en slegs beperkte toetse moet slaag. Daar word glad nie ag geslaan op hoe doeltreffend die generiese middel werklik is nie."

In die praktyk is dit al met verskeie middels bewys dat ofskoon hulle dieselfde aktiewe bestanddeel bevat, daar 'n groot verskil in die doeltreffendheid daarvan is. Toetse het byvoorbeeld getoon dat daar 'n merkbare verskil in die doeltreffendheid van die verskillende generiese ivermek-tiene, klosantel en rafoksanied bestaan.

Oosthuizen waarsku dat boere hulle nie net op die chemiese samestelling van 'n veemiddel moet verlaat nie. Hulle behoort ook 'n geïntegreerde parasietprogram te volg. Dit beteken dat hulle ook die vee se inherente weerstand om parasietladings die hoof te bied, moet benut, eerder as om diere te dikwels te doseer. Verder moet hulle weidingsbestuur toepas. "Die laaste nuwe aktiewe bestanddele wat in die wurmmark uitgekom het, was makrositiese laktone, ivermektien en moksidektien - en dit was meer as 30 jaar gelede.

"In sekere wêrelddele is die parasiete al só bestand teen doseermiddels dat dit feitlik onmoontlik geword het om dáár met skape te boer. Gelukkig is die plaaslike veeboer deesdae meer bedag op die gevaar om vee voor die voet te doseer," sê Oosthuizen.

Hoewel die maatskappy se verteenwoordigers poog om persoonlik kontak te maak met elke potensiële klant, is dit nie altyd moontlik nie. Sy maatskappy poog dus om deur middel van optredes op boeredae, by studiegroepe en by landbouverenigings boere in te lig hoe die bestaande veemiddels op die doeltreffendste wyse in 'n geïntegreerde parasietbestrydingsprogram aangewend kan word. Die meeste maat-skappye het ook hulplyne waar navraag gedoen kan word.

Oosthuizen sê dit is belangrik om nie dieselfde doseermiddel vir jare aaneen te gebruik nie. Afwisseling tussen die bestaande groepe aktiewe bestanddele op die mark, binne 'n geïntegreerde doseringsprogram, is deel van 'n wenresep om te verseker dat parasiete nie gou 'n weerstand teen middels opbou nie.

Sy maatskappy se benadering is om oplossings te vind vir die dieregesondheidsprobleme waarmee boere worstel. "Waar ons nie 'n geskikte middel met bepaalde aktiewe bestanddele het nie, sal ons byvoorbeeld met ander internasionale maat-skappye onderhandel om só 'n produk in die land namens hulle te versprei. Sodoende verseker ons dat die wydste reeks aktiewe bestanddele op die mark beskikbaar is. Indien ons nié die middel het nie, sal ons selfs ons klante aanraai om 'n geskikte produk van die opposisie te gebruik, omdat dit deel van die 'oplossing-filosofie' is waarna ons strewe."

Volgens Oosthuizen word Suid-Afrika en Brasilië tans as van die voorste lande be-skou om nuwe produkte vir die bestryding van parasiete vir sy maatskappy te ontwikkel en te toets.

"Suid-Afrika word internasionaal hoog aangeslaan ten opsigte van die bestryding van in- en uitwendige parasiete. "Dit is egter belangrik dat die staat ook sy kant bring. In sekere Skandinawiese lande is BVD (beesvirusdiarree) al uitgewis bloot omdat die betrokke regerings hul verantwoordelikheid aanvaar en protokolle in werking gestel het om die siekte aan bande te lê. Dieselfde kan egter nie van ál die lande in die Europese Unie gesê word nie."

Met verwysing na klagtes oor die vermoë by Onderstepoort om voldoende entstof beskikbaar te stel, meen Oosthuizen dat daar begrip vir die probleme behoort te wees wat van tyd tot tyd opduik. "Dit neem maande om 'n biologiese entstof voor te berei. Sou daar skielik 'n uitbreking van byvoorbeeld Wesselsbronsiekte wees en elke veeboer wil die entstof dadelik hê, is dit onmoontlik om oornag in die vraag te voorsien. Dit is dus noodsaaklik dat elke veeboer, in oorleg met sy plaaslike veearts, 'n voorkomende inentingsprogram volg en nie wag dat die siekte uitbreek nie."

Hy waarsku dat die deurdringende reën van die afgelope paar maande in Suid-Afrika tot 'n ontploffing in dieresiektes kan lei. Boere moet daarop bedag wees en diere vroegtydig voorkomend inent.

Oosthuizen meen dat die hekkies in die veebedryf net deur 'n gesamentlike poging oorkom sal kan word. Boere, produsente-organisasies, veemedisynemaatskappye en die staat moet hande vat en 'n vennootskap vorm. "Suid-Afrika is gelukkig om oor 'n hoë vlak van kundigheid te beskik. Boonop het ons redelike toegang tot enige produk ter wêreld."

Dr. Derrill Palidwar (46), die bemarkingshoof van Bayer se Dieregesondheidsafdeling by sy hoofkantoor in Monheim, Duitsland, het aan Landbouweekblad gesê sy maatskappy beoog nie net om in die toekoms 'n groter verskeidenheid produkte beskikbaar te stel nie, maar om ook sy diens aan veeboere op te skerp. "Verskeie siektes, waaronder voëlgriep (Avian influenza), het die wêreld geruk. Die groot vraag is wat die volgende siekte gaan wees.

"Dit is noodsaaklik om dieresiektes in dieselfde ernstige lig te beskou as siektes wat by mense voorkom. Dit beteken dat daar nie net teruggesit kan word in die hoop dat iemand ánders navorsing moet doen nie. Bayer het reeds miljoene euro aan navorsing op dieregesondheid bestee en beoog om dit in die toekoms ook te doen.

"As een van die wêreld se voorste vervaardigers van veemiddels stel ons 'n aggressiewe groeistrategie in die vooruitsig. Dit sluit samewerkingsooreenkomste met ander maatskappye en selfs oornames in. Dit baat nie daar word net oor die probleme gepraat nie. Ons moet ook die oplossings vind en dit is waarvoor die afdeling hom gaan beywer in die jare wat kom," het 'n optimistiese Palidwar bygevoeg.

Landbouweekblad, 24 November 2006.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.20
-0.2%
Rand - Euro
18.85
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
985.56
-0.1%
Palladium
1,670.78
+1.1%
Goud
1,880.77
+0.4%
Silwer
22.43
+1.2%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,848
+0.6%
Alle aandele
79,917
+0.5%
Hulpbronne 10
75,240
+0.9%
Industriële 25
103,218
+0.6%
Finansiële 15
16,331
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot