
Die suiwer kwaliteit van Oos-Kaapse sybokhaar het die internasionale modewêreld aan die gons nadat die akteur Jude Law in ’n dunhill-baadjie van Camdeboo-sybokhaar verskyn het.
Law is die gesig van dunhill se luukse mansmodereeks en dra ’n Camdeboo-bokhaarbaadjie in dié reeks se reklameveldtog wat in tydskrifte soos Esquire en GQ pryk. Die besturende direkteur van Camdeboo Mohair, mnr. Paul Michau, het dieselfde baadjie van dunhill ter waarde van sowat R26 000 ontvang.
Die baadjie word deur sommige mense met die “klein swart nommertjie” in ’n vrou se hangkas vergelyk en is volgens dunhill die ideale reisgenoot omdat dit kreukelbestand, ewe gemaklik in warm of koue weer is, sy vorm behou, duursaam en vir beide formele en informele geleenthede geskik is.
Selfs Amerika se presidentsvrou, me. Michelle Obama, het die natuurlike vesel van ’n Camdeboo-sybokhaartrui by haar man se inhuldiging gedra. Sowat 87 boere is deel van die groep wat bokhaar aan die Camdeboo-handelsmerk verskaf.
Bron:
25 Augustus 2009