
Die nuutste Bos & Kombuis is propvol onweerstaanbare wildsvleisresepte.
In die uitgawe word daar getoer, al die pad tot tussen die Hantamberge, op soek na die beste wildsvleisresepte in die kontrei. Kuier saam met die boere en hul families rondom ’n tradisionele Karoo-feestafel, gaan jag saam in die veld, en geniet die heerlike plaaslike skuinskoek en boerbrood!
Dié uitgawe van Bos & Kombuis fokus nie net op resepte nie, maar ook op die feestelike tye wat daarmee gepaard gaan.
Leer meer in die Paarl by 'n wildsverwerkingsbesigheid, en kry wenke by die kenners oor hoe om jóú wildsvleis die beste te verwerk en te verpak. Leer hoe om van biltong tót wilds-carpaccio te maak!
En laastens, maar nie die minste nie, gee die tydskrif nuwe kinkels en variasies op ou staatmaker-wildsvleisresepte.
Van die groot-wildjagter tót die huiskok agter die aga-stoof, hierdie jaar het Bos & Kombuis werklik iets vir almal!
Bos & Kombuis is te koop teen R35 vir lede van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging en R45 van die rak af. Die tydskrif kan ook bestel word deur ‘n epos te stuur na intekenare@media24.com.