
In April 2016 sal nuwe “rentmeesterskap-voorwaardes” op alle knaagdierdodende middels vir buite-gebruik se etikette in Brittanje aangebring word. Dié voorwaardes sal vereis dat alle verbruikers, boere ingesluit, professionele sertifikasie sal moet bekom om aan die Britse regering se regime vir knaagdierdodende middels te voldoen.
Die besluit om dié stap te neem spruit uit groeiende kommer dat wilde voëlspesies soos nonnetjiesuile per ongeluk aan die middels blootgestel word. Voorraad van middels met ou etikette sal teen Oktober 2016 opraak, waarna sertifikasie nodig sal wees om die middels aan te koop.
Dít laat Britse boere met vier opsies:
* Die verkryging van ’n sertifikaat van ’n goedgekeurde opleidingsprogram en sertifiseringsorganisasie. Opleiding kan in klasse gedoen word, of aanlyn deur ’n nuwe “knaagdierhub”.
* Die indienstelling van ‘n professionele plaasgbeheerkontrakteur wat gesertifiseer is.
* Lidmaatskap tot ‘’n Britse plaasversekeringskema wat, as deel van sy standaarde, ‘’n vereiste het vir ‘’n geouditeerde program vir knaagdierbeheer. Dit is ‘’n tydelike maatreël tot Desember 2017.
* Die aankoop en gebruik van “amateur”-knaagdierdoders, wat in pakke van tot 1,5 kg beskikbaar is.