
Meer as R7 miljoen is deur Lourensford Wynlandgoed by Somerset-Wes bestee aan die oprigting van ’n moderne 500 kWp fotovoltaïese sonpaneelstelsel op die wynkelderdak.
Mnr. Koos Jordaan, hoofbestuurder van die landgoed, sê dit maak deel uit van ’n langtermyn strategie om meer natuurlike energie op te wek en so by te dra tot volhoubare energie en die beskerming van die ekostelsel. “ ’n Groot bonus is dat dit die kelder nader neem om koolstofneutrale wyne te produseer.”
Dr. Christo Wiese, eienaar van Lourensford en bekende Suid-Afrikaanse sakeman, was die dryfkrag agter die stelsel, sê dit is deel van ’n strategie vir huidige en toekomstige volhoubare landbou, natuurbewaring, herwinningsprogramme en die uitwissing van indringer plante. “As jy daagliks die natuurlike skoonheid van Lourensford ervaar, is die behoefte vir die bewaring van die omgewing onaanwendbaar.”
Die Universiteit van Stellenbosch (US) se Sentrum vir Herwinbare en Volhoubare Energiestudies het ’n belangrike rol gespeel. Die US se hulp wat finansiële evaluering en tegniese spesifikasies betref, asook bystand met tenderdokumente en die finale keuring van die ingenieurskontrakteur, Sustainable Power Solutions, was baie waardevol, sê Koos.
“Om sonkrag te gebruik het prakties sin gemaak, omdat ons kelder se dak noord front, die sonkrag is niemeganies, klankstil, skoon en onsigbaar. Dit is ook feitlik onderhoudsvry met ’n prestasie-waarborg van die sonpanele vir meer as 20 jaar.”
Die 2 000 fotovoltaïes sonkragpanele op die dak help om elektrisiteitskoste te bespaar en die landgoed se koolstofvoetspoor krimp drasties. Dit sal 100% van die kelder se jaarlikse energie verskaf en die landgoed se status as ’n langtermyn omgewingsvriendelike produsent bevestig.
Die fotovoltaïes sonkragpaneel genereer krag in die dag en voer dit na die interne elektrisiteitsrooster. Snags is die paneel in reserwekragmodus. Sonpaneelenergie word omgeskakel vanaf gelykstroom (DC) na wisselstroom (AC) elektrisiteit en gevoer na die kelder se hoofverspreidingsbord, vanwaar dit eerstens deur die wynkelder gebruik word en die surplus word verskaf aan die res van Lourensford se verbruikers.
Op die meegaande foto verskyn mnre. Koos Jordaan, hoofbestuurder van Lourensford, Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede, dr. Christo Wiese, eienaar van Lourensford, en mnr. Alex Scholle van Sustainable Power Solutions op die dak van Lourensford se wynkelder.