AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Maak die beste wyn moontlik

Die regte kultivars, uitstekende voorbereiding, bemagtiging van werkers en die regte prys speel alles 'n rol in suksesvolle wynproduksie.

’n Bedryf kan nie op die laagste bod gebou word nie, maak dus die beste wyn wat jy kan. Dit was die boodskap van Rosa Kruger by Adams & Adams en WineLands se wynseminaar wat onlangs op Stellenbosch gehou is.

Sy het aanbeveel dat produsente wyn maak wat die uniekheid van hul produksie-omgewing weerspieël: “Ons moet nuwe kultivars plant wat meer geskik is vir Suid-Afrika se warm klimaat en ons het ’n handleiding nodig wat aandui watter kultivars werk waar – niks meer Riesling in die Swartland of Grenache in Constantia nie.”

Verder moet goeie voorbereiding en beplanning geskied voordat nuwe wingerde gevestig word om optimale produksie te verseker. Gebruik konsultante en al die tegnologie tot jou beskiking. Dit sal nie net help om produksiegehalte en volumes op te stoot nie, maar ook om die leeftyd van die wingerd te verleng – van 20 na miskien 50 jaar, het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat die bedryf moet ontslae raak van rolbladvirus: “Jy kan nie met ‘n beseerde speler ’n rugbywedstryd wen nie. So kan jy ook nie die beste wyn maak met siek wingerde nie.”

Kruger het ook geraak aan die belangrike rol van werkers in die bedryf: Daar is ’n tekort aan goeie werkers op wingerde en hulle rol  kan nie net deur iemand van die straat af verplaas word nie. Dit neem jare om ’n goeie wingerdwerker op te lei. Hulle werk het ’n impak op die langslewendheid, produksievolumes en gehalte. Daar moet dus meer gedoen word om hierdie groep te bemagtig, het sy gesê.

Wyne moet ook die regte prysetiket dra. Kruger het gesê dat die mark vir ultrapremiumwyn beperk is, maar dat hierdie wyne dikwels die ware karakter van Suid-Afrikaanse wyne weerspieël. Hierdie wyn maak die pad oop vir groter volumes en help om Suid-Afrika se reputasie van uitstekende wynprodusente uit te bou.

Daar is ’n plek is vir massaproduksie, maar daar is geen lojaliteit in hierdie mark nie en verkope word dikwels deur pryse gedryf, het sy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot